C. Gemengde speletjies.
21. ‘Jan Fiskaal.’
a. Lied en Spel: -
'n Eienaardige en min-bekende piekniek-liedjie is bowegenoemde. Ons kan dit noem 'n dramatiese ‘tiekiedraai’, dramaties, omdat nog meer dan bij die ‘kalkoentjies-trap’, die woorde hier 'n verklaring is van die aksie.
Gewoonlik word dit deur één of meer afsonderlike pare gespeel, misskien ook als 'n ringdans, en dikwels ook als 'n rijdans, soos ‘Oom Kalie’; maar met die afwijking van die ‘nek-om-draai’-episode.
Die jongkêrel neem die nooi se linker-hand met sij regter; terwijl hul die eerste twee reëls sing, stap hul in die maat; bij ‘die nek om draai’, draai hul onder mekaar se arms deur, en ‘hoeps!’ gee die teken vir die ‘tiekiedraai’.
Dis opmerkelik dat die dans hier die spelers laat dink het aan die wind se warrel, terwijl net andersom Totius van die