19. ‘Oom Jannie met sij lakense pak.’
a. Lied en Spel: -
‘Oom Jannie met sij lakense pak’ word gesing bij 'n rij-dans, wat op dieselfde manier uitgevoer word as bij ‘Venaand gaan die volkies koring snij.’
Bij die eerste twee reëltjies kruis die rije, bij die herhaling daarvan herkruis hul, en bij die aanvang van die tweede vers, dan - die leser weet al wat kom dan!
'n Mens krij die indruk dat dit nie 'n oorspronkelike piekniekliedjie is nie, want wie kom dan op 'n piekniek met 'n ‘lakense pak’? Of was dit misskien die onnatuurlikheid van oom Jannie se verskijning op 'n piekniek met 'n ‘lakense pak’, dat hij ‘water op sij luja’ moet krij? 'n Mens dink aan die engelse