17. ‘Kinders, moenie in die water mors nie.’
a. Lied en Spel: -
‘Kinders, moenie in die water mors nie’, word gesing bij 'n rij-dans, nes ‘Venaand gaan die volkies koring snij’. Na die deurvleg van die rije, val die spelers, bij die vijfde versreëltjie, weg met die ‘tiekiedraai’-rondedans.
'n Mens sou sê dat hierdie piekniek-liedjie afkomstig is uit die Vrijstaat, waar die water skaars is, en dikwels ‘van vèr af’ uit die dam moet gehaal word. Ons het hier waarskijnlik te doen met 'n gelokaliseerde liedjie, want ‘Tafelkop se dam’ sinspeel hier moontlik op Tafelkop nabij Senekal in die Vrijstaat, waar hierdie liedjie bekend, en deur ons gehoor, is. Wat daar oorspronkelik misskien gestaan het i.p.v. ‘Tafelkop se dam’,