Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis– Auteursrecht onbekend
[pagina 47]
| |||||
liedjie sing. Die eerste paar haak mekaar in en draai 'n keer rond, en dan gaan hul kruiselings oor-en-weer langs die rije af, en beurtelings haak hul, dan met die één arm en dan met die ander, 'n meisie of 'n jongetjie in, en daarna weer mekaar, totdat hul onder bij die rij uit is, wanneer 'n nuwe paar weer aan die bo-einde van die rije begin, wat gewoonlik bij grote geesdrif vroeër al gebeur. Wat 'n eienaardige produk is hierdie piekniek-liedjie! Dit begin soos 'n vertroostende wiegeliedjie, en eindig soos 'n duiwelse dodedans! Die hoofsaak is dat daar moet getrippel en getrap word! Van die standpunt van die lewenslustige en lawaaimakende piekniek-makers is dit 'n soetsappige sentimenteligheid, wat verantwoordelik is vir die variante, wat aan ‘mame se kindjie’ nog ‘'n stukkie brood’ wil gee, dat hij kan groot word, of uitstel tot môre om dood te gaan! | |||||
b. Liedjie: -‘Siembamba, mame se kindjie,
Siembamba, mame se kindjie,
Draai sij nek om,
Gooi hom in die sloot,
Trap op sij kop, dan is hij dood!
Siembamba- - -’ ens.
| |||||
c. Variante: -I. p.v. reël 5: ‘Gee hom 'n stukkie brood, dan word hij groot!’
of ‘Môre-oggend is hij dood!’
(Vgl. Schonken, O.K-H.V. p. 112). | |||||
[pagina 48]
| |||||
d. Aantekeninge: -
Ze gooide het in de sloot,
Toen was het kindje dood.’
(Vgl. O.K-H.V. p. 111 ens.). |
|