B. Rij-danse.
15. ‘Venaand gaan die volkies koring snij.’
a. Lied en Spel: -
‘Venaand gaan die volkies koring snij’ word, nes ‘Wat maak oom Kalie daar?’ gesing as 'n begeleidende liedjie bij 'n rijdans. (Sien bij ‘Wat maak oom Kalie daar?’).
Die vreemdeling, wat in hierdie piekniek-liedjie misskien 'n afrikaanse werkliedjie sien, waarin die arbeider van die koringsnij-werk sing en hom beklaag oor die geliefde, wat in die ‘wag-'n-bietjie-bos’ hang, sal hom deerlik misgis, want werk beteken hier kwijtraking van oortollige energie, en die op-en-neer bewegende koring-are, wat hier in die verbeelding in volle gerwe armsvol binnegehaal word, is - omarmde meisies, wat ‘tiekiedraai’! Wie kan dit dan skeel of die geliefde - hulle is op 'n piekniek mos volop - vir 'n oomblik aan 'n ‘bitterbessie-bos’ hang?
Let op die alliterasie in die laaste lijntjie!