14. ‘Die hiefel en die fiefel.’
a. Lied en Spel: -
Hierdie wonderlike piekniek-liedjie, wat feitelik nie meer as 'n deuntjie is nie - 'n liedjie sonder woorde - word gesing bij 'n ringdans of bij 'n rijdans, en kan hier dus dien om die oorgang te vorm tot die volgende klas van liedjies, n.l. die wat bij rijdanse gesing word.
Word ‘Ek soek na mij Dina!’ gesing op 'n walsmaat, ‘Ander man se koffie’ bij 'n ‘setiés’, en ‘Al is die geelbek nog so pap’ bij 'n polka dans, dan word ‘Die hiefel en die fiefel’ gesing op die maat van 'n ‘paddika’, soos die Afrikaners 'n ‘pas-dequatre’-dans noem. Verder begin bij die ‘hiefel-en-die-fiefel’-liedjie die dans sommer van die staanspoor af, wat dit, sowel as die danswijse, waarskijnlik maak, dat ook hierdie liedjie oorspronkelik 'n gewone dans-, en nie 'n piekniek-liedjie, was.
Opmerkelik is hier ook weer die aaneenskakeling van betekenislose(?) woorde met assonansie, wat 'n mens laat dink aan Hertog Jan I van Brabant se minne-liedjie, waarin telkens weer die woorde voorkom: - ‘harba lori fa!’