11. ‘Al is die geelbek nog so pap.’
a. Lied en Spel: -
Met hierdie liedjie gaan ons eigenlik oor op die gebied van die dans in onderskeiding van ‘tiekiedraai’, of ‘piekniek-dans’, hoewel die ‘frikkadel’ ook hier en daar op pieknieks ‘gekap’ word: selfs ‘regte’ danse sonder woord-begeleiding word soms op pieknieks bij die mondfluitjie uitgevoer.
Schonken (O.K-H.V. p. 48) sprekende oor private danspartije, sê dat die ‘polka’ dikwels ‘geelbek’ genoem werd na hierdie liedjie, wat daarbij gesing werd.
Ons het hier dus 'n duidelike voorbeeld van 'n dansliedjie, wat van die opstal na die veld verhuis het, van die dans-geleentheid na die piekniek, sodat ‘Al is die geelbek nog so pap’ waarskijnlik hoort bij ‘Ander man se koffie’ en ‘Ek soek na mij Dina!’ Misskien het die meeste piekniek-liedjies dieselfde oorsprong. (Vgl. ‘Ander man se koffie’, veral die woorde: ‘hoog is die solder, laag is die vloer’, en die opmerking daarbij; alsook die inleiding op ‘Ek soek na mij Dina!’). Lied en handgeklap het die oorspronkelike musiek te hulp gekom, vandaar die baje liedjies bij dieselfde danswijsies. (Vgl. Schonken O.K-H.V. p. 113).