Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis– Auteursrecht onbekend
[pagina 38]
| |||
in hierdie geval is dit nie 'n ‘tiekiedraai’-dans nie, of 'n ‘setiés’, maar 'n wals. Ons het hier dus te doen met 'n liedjie, wat heel waarskijnlik van die woonhuis verhuis het na die wahuis, en daarvandaan af veldtoe getrek het - agter die piekniek-makers aan, wat ‘soek na hul Dina!’ Bij die sing van die eerste versie loop die binnespelers in die ring rond, bij die tweede gaan hul staan, elkeen voor sij Dina, en bij die slotvers swaai die pare in die ring, regs-om op die walsmat, en dan bij die refrein weer links-om. Verder volg hul dieselfde dansproses as in ‘Pollie, ons gaan Pêrel toe,’ waarmee ‘Ek soek na mij Dina!’ nie in dansmaat nie, maar in speelwijse, stap-vir-stap ooreenstem. | |||
b. Liedjie: -1.
‘Ek soek na mij Dina!
Mij Dina! mij Dina!
Ek soek na mij Dina!
Mij Dina nabij!’
2.
‘En waár is mij Dina?
Mij Dina? mij Dina?
En waár is mij Dina?
Mij Dina nabij?’
Refrein: -
‘En hiér is mij Dina!
Mij Dina! mij Dina!
En hiér is mij Dina!
Mij Dina nabij!’
| |||
[pagina 39]
| |||
c. Aantekeninge: -
|
|