6. ‘Vèr in die wêreld, Kittie!’
a. Lied en Spel: -
‘Vèr in die wêreld, Kittie!’ is 'n ringdans-liedjie, nes ‘Rokkies wou sij dra’. Hot-om en dan weer haar-om gaan die ‘tiekiedraai-getrippel’ bij die woorde: -
Maar sij laat haar niet verraai’,
wat tweemaal gesing word.
Wie Kittie is, weet nugter - seker 'n blinkoog-kokètjie vèr in die wêreld oor die see! Wie kan dit skeel? solang die danser vir die oomblik maar in sij draaiende dansgenootjie die kokettige Kittie sien. As die ontnugtering kom, dat sij haar nie laat verraai nie! - maar wie is op 'n piekniek onder die betowering van die dans so nugter om oor 'n uiteindelike ontnugtering te dink?