Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis– Auteursrecht onbekend
[pagina 18]
| |
Die piekniek is teenwoordig nie 'n plaasgeselligheid. Die boer en sij familie het geleentheid vir plesier in ‘skijf-skiet’- of ‘teiken-skiet’-samekomste, in kuiergeselskap, in die jag, in debatsvereniginge, ens. ens. Die groot plaasfees van vroeër was Nuwe Jaar. Ongelukkig is die gesellige famielie-fees nie meer in sij fleur nie. 'n Piekniek is nie iets vir die plaas nie, eenvoudig omdat dit 'n buitepartijtjie is en die boer geen behoefte het nie aan 'n uitstappie na die veld; dit hoort bij die dorpsgas. Omdat die piekniek betrek is hoofsakelik binne die kring van die dorpslewe, daarom was die engelse invloed hier ook so sterk in die verlede. Die invloed vertoon sig in die baje engelse speel-liedjies hierbij gebruik, hoewel dit soms al 'n afrikaanse stertjie gekrij het. Heeltemaal engels is b.v. ‘King William was King James' son’; ‘I send a letter to my love’; ‘I buy a horse and borrow a gig’; ‘In and out the windows’; ens., en hiervan is net no. 3 'n dansliedjie. Maar die invloed merk ons ook in die naam ‘picnic’ self en in die naam van die verantwoordelike toesig-houer, die ‘chaperon’. Desnietteenstaande is die invloed van die gesonde natuur in en buite die mens hier so sterk gewees, dat ons kan sê van die piekniek en al sij gereedskap - ‘it smacks of race and soil’. Die frisse bloei van hierdie vorm van vermaak in Suid-Afrika is die natuurlike gevolg van ons heerlike klimaat; want onse son is soos wijn, ‘die het hart des mensen verheugt’; en ons is self, als Afrikaners, kinders van die veld. Van pieknieks is daar twee soorte: die wat slegs één dag duur, en die van langer duur. Laasgenoemde is maar net uitbreiding van die ééndagpiekniek; verskil is alleen dat daar meer koste aan verbonde is en oor die geheel geneem minder speel - | |
[pagina 19]
| |
daar word ‘uitgekamp’ met tente en allerlei ander gereedskap van gerief of gemak, gewoonlik bij 'n rivier of in 'n kloof. Maar hier hoof ons nie meer oor te sê nie. Die gewone en en eigenlike piekniek duur maar net één dag, van sonop tot sononder. Dit kan georganiseer word deur dames, die dan die here als gaste vra, of 'n klompie jongkêrels kan saamstaan om die nooiens (en hulle self) 'n aangename dag te verskaf. Die here sorg dan vir vrugte en koel dranke en 'n wa of trollie, vir die koste waarvan elk sij penningske stort. Hulle dametjies is gewoonlik so vriendelik om vir die meer soliede mondvoorraad te sorg. Als die piekniek goed georganiseer is, word die totaal van eetgoed onder die sorg van die ‘chaperon’ gestel, die gewoonlik 'n getrouwe vriend is. Onontbeerlik is veral één of meer ketels en gemaalde koffie plus suiker en melk. Alles is nou in orde; die baas van die wa is op die hart gedruk om tog nie later als vier uur die volgende môre reisvaardig te wees; en om vier uur is al die piekniekers dan ook op die bijmekaarkomplek - elke kêrel met 'n mandjie en 'n dametjie. Dit is maar koel en die vrolikheid is nog maar in die geboorte; die loomheid van die slaap lê nog op die dorp; buitendien is daar nog 'n sekere terughoudendheid van die beskaafde lewe, soals die is tussen jonge here en dames, wat mekaar vir 'n groot deel nog nouweliks ken. So om sesuur daag die oompie van die wa ook op. En spoedig is die geselskap op weg - stampend en stotend, met lag en lied en aanja en sweepgeklap deur die vroeë môre-lug. Bij die piekniekplek is bome en daar is water. Gouw is 'n vuurtjie aangelê en die geselskap versprei sig. Als die koffie in die koppies damp dan word daardie klompie jong Afrikaners | |
[pagina 20]
| |
vir die dag 'n eenheid - alle dorpelike stijwigheid verdamp bij die nasionale koffiedrank en verdwijn in die sonligte wijdte. Die piekniekgees het sij intrek geneem en sal die drijfkrag lewer vir al die uitbundigheid van die dag - díe gees, ja, maar met die hulp van die koffie-keteltjie se ‘lewenseksèns’. Dan volg 'n bloemlesing van die speletjies en liedjies wat hier ook volg, met tussenpose vir verversinge, eetgeleenthede, rus, ens. ens. Baje variasie is molik; maar op 'n respektabele piekniek is twee dinge kontrabande n.l. kliekerij en sterke drank. Als ekstratjie word hoog gewaardeer 'n mondfluitjie gehanteer deur 'n ekspert in die lijn. Die fluitjie kan o.a. diens doen als begeleiding bij die spel. Oor die volgorde van die spele word bij akklamasie besluit en almaal word met algemene handgeklap be-eindig. Ook onder die spel word op die maat in die hande geklap, als die inspirasie kragtig werk; dan fonkel die oog en gloei die wang en oor al die warrel strooi die son sij strale neer! Elke speletjie het sij eie speelwijse, soos in die vervolg bij elk afsonderlik aangegee word, met sekere gemeenskappelike elemente in almaal weliswaar! Wat die ringdanse betref, kan als algemene reël gelde dat die spel begin met 'n paar spelers binne 'n ring, gevorm deur die res van die spelers, wat mekaar se hande neem. Die lied word deur almaal saam gesing, soals inderdaad bij al die liedjies sonder onderskeid die geval is, en bestaan in hoofsaak uit twee dele. Onder die singe van die eerste deel kies elke binnespeler vir hom of haar 'n dansgenoot uit die ringspelers; bij die tweede deel dans die binnespelers paar-paar tesaam, soms met ruiling van dansgenote onder mekaar bij 'n mogelike herhaling van die dans. Bij herhaling van die speletjie als geheel moet die | |
[pagina 21]
| |
kiesers van die vorige keer inval in die kring buiteom; hul uitverkorene doen dan weer op hulle beurt 'n keuse uit die ringspeiers, sodat elke speler twee dansbeurte na mekaar krij. Bij die rij-danse, wat gewoonlik ook uit twee dele bestaan, is die dansgenote vooraf al klaar gekies, en na die deurvleg van die rije bij die eerste deel, volg die paarsgewijse ‘tiekiedraai-rondedans’ van die tweede deel. Eindelik is die dag verbij, en weemoedig is die oppak en wegtrek van die plekkie af, waar soveel geluk in so korte tijd geniet is. Maar op die wa verander die stemming; die mondfluitjie is nou in sij element en menige lied galm oor die donkerende pad. Die wa, met of sonder tent, het dikwels veel ooreenkoms met 'n pasgeopende sardiensblikkie van binne. Die liedjies wat nou aan die orde is, kan sentimenteel of grappig, ernstig en vrolik wees. Dis jammer om te sê dat behalwe die nasionale liedere, die meerderheid hier engels is, waaronder meestal gehoor word: ‘We are jolly good fellows!’ Maar gelukkig hoor 'n mens ook: ‘Moenie huil nie, moenie treur nie!’ of: ‘Hier wil ek nie blij nie,
Want hier is niks van mij nie.
Skulpad is mij koning,
En die wapad is mij woning.’
En so is die piekniek afgelope, en als al die dametjies saam met die lege mandjies veilig weggebêre is, dan voel die ongelukkige pieknieker die nugtere werklikheid weer oor hom neersak en in sij ellende trek hij maar sij kop toe onder die komberse, want hij is ook vaak en moeg. Na 'n paar dae het die gemoedere weer tot normaliteit gekom en dan is daar altijd 'n agterblijfsel van lewensvreugde en | |
[pagina 22]
| |
naastelietde, en ook van vaderlandsliefde, wat padkos is vir die lewensreis van elke dag. Want 'n piekniek veeg die skimmel van die beskawing weg van die siel; hij maak 'n mens weer naïef, soos 'n kind, en hij breng emosies oor die verjongde siel - emosies van vreugde en van liefde - en als die dinge aan die end weer wegsak, dan kom daar in die plek 'n gevoel van verlatenheid en met die Prediker voel die teruggekeerde piekniekgas 'n drang om dit uit te klaag: ‘IJdelheid, alles is ijdelheid!’ Maar, soos ons gesê het, na 'n rukkie kom daar weer besinking - ja, maar nie als hij ernstig gemeen het, wat hij so met klem op die wa gesing het: - ‘Ag, die lokkies ongebind,
Wat heen-en-weer waai in die wind;
Ag, die ogies, hemelblouw,
Hartjie, ek het lief vir jou!’
En dit gebeur soms!
S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis. |
|