Dit verklaar die refrein in die meeste Afrikaanse Piekniekliedjies, wat soms, nes die ‘Nuwe Lied’, heeltemaal herhaal word.
Die Afrikaners is 'n danslutige volk, en vroeër, veel meer nog dan vandag, het hul in die Boland, en nie minder in die Onderveld nie, op die boereplase danspartijtjies gehou, soms in die ruime eet- of voorkamer, soms selfs in die spesiaal daarvoor ingerigte wahuis, waar hul dikwels, bij die afwesigheid van instrumentmusiek, die dans met liedjies moes begelei. (Hieroor sal in 'n volgende bundeltjie van ‘Dansliedjies’ gehandel word). Baje van daardie dansliedjies het in die loop van die tijd getrek, nes die boerevolk, - veld toe, en toe piekniekliedjies geword.
Hierdie opvattinge gee ons, misskien nie die enige, maar dan tog 'n moontlike en in baje gevalle die werklike, verklaring vir die ontstaan van die meeste afrikaanse piekniekliedjies, waarvan sommige op afrikaanse bodem gebore is, terwijl andere, soos die meeste dinge in Suid-Afrika, van oor die see geïmporteer, maar, wat met die meeste dinge hier te lande nie gebeur nie, hier in die sonnige suide genasionaliseer is. Of hierdie opvattinge werkelik opgaan vir die Afrikaanse Piekniekliedjies, kan die leser vir homself toets in die volgende bladsije.
Die versvorm en versmaat van hierdie soort liedjies word bepaal deur die dansmaat en speelwijse van die speletjies, waarbij hul gesing word, want ons het hier te doen met 'n vorm van ballade-poësie, dit is, 'n vorm van poësie, wat oorspronkelik waarskijnlik ontstaan is en vandag gedeeltelik nog gesing of geresiteer word in verband met dansbeweginge of dergelijke speletjies. Die volgende liedjies is egter nie die enigste afrikaanse dansliedjies nie, inteendeel is hul maar 'n klein deeltjie daarvan, soos die samestellers hoop om in 'n volgende boekdeeltjie aan