Yn 'e fierrekiker:
It is al apart, san tael
‘Moontlik is die Afrikaanse in sy ontstaan 'n grenspos-literatuur, een waarin geestelike skanse voorlopig enige buitenissige binnedringing belet het, maar vandag meer en meer een waarvan die hekke oopgaan en die afwerende pale neergehaal word. Daarby is ons taal van uitheemse herkoms maar van inheemse verryking, verbouing en differensiasie. Deur sy gevoeligheid en subtiliteit, deur die verbreding van sy skeppingsmoontlikhede, deur sy toenemende aantrekkingskrag ook vir andere volksgroepe as die Afrikaanssprekendes, is Afrikaans 'n taal van die toekoms. Moontlik nog méér as bv. Engels en Frans wat nie in dieselfde sin van Afrika is nie, alhoewel hulle - en ook andere tale - literêre media vir Afrika is.
Want... Afrikaans is uniek: draer van 'n Europese kultuurtradisie, maar terselfder tyd 'n taal van Afrika, spieëlbeeld van 'n stuk Afrika-beskavingsgeskiedenis, verkenningsmiddel vir 'n besondere lewenssituasie wat nie sy gelyke elders in die wêreld het nie.’
Dr. Ernst van Heerden, Die Groei van ons Letterkunde, yn GROEI, referate gelever op Algemene Vergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, july '65.