Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde. Jaargang 45
(1926)– [tijdschrift] Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 308]
| |
Nog 'n keer die Brandt-Vondel-vraagstuk.In 1647 verskyn ‘tot Schiedam’ J.v. Vondels Poesy ofte verscheide gedichten. Het tweede Deel. Dit heet gedruk te wees ‘voor den Autheur’. Hierdie laaste word direk weer teëgespreek in die ‘Voorreeden’, waar die inleir hoop, dat sy werk die digter mag behaag ‘indien het hem t' eeniger, tydt onder d' oogen koom’; hy twyfel daar egter aan of so 'n Roomse yweraar hom ooit die tyd sal gun om sy oë op sulke wêreldse verse te slaan. Nie minder as vier uitgawes met hierdie voorrede is in 1647 verskyn. Dit het dus seer die aandag getrek. Unger ken van hierdie besorging van Vondel se poësie twee uitgawes, genommer 2 en 3Ga naar voetnoot1). Die Vondel-Museum besit daarby nog twee uitgawes van 1647, wat tal van setverskille by die twee deur Unger genoemde vertoon, sodat wesenlik vier uitgawes verskyn het. Dat die adres ‘Tot Schiedam, gedrukt voor den Autheur’ 'n mistifikasie was, word bevestig deur Brandt in sy uitgaaf van Vondels Poesy in 1682, waar hy sê dat die ‘Tweede Deel’ van J.v. Vondels Poësy te Rotterdam verskyn het. Dit kan saamhang met Brandt se vermoedelike outeurskap van die voorrede. Hy kon dit dus goed geweet het. Unger sê daarvan: ‘Wanneer men slechts eenige verschillende werken van de pers van Joannes Naeranus, “Boeckverkooper op het Steyger in de Boekbinder” te Rotterdam, onder de oogen gehad heeft, dan zal men mij licht toegeven dat deze uitgave van Vondels Poesy hoogst vermoedelijk bij Naeranus gedrukt is’. Volgens die selfde noot het Brandt se eie gedigte in 1649 by Naerenus die lig gesien. | |
[pagina 309]
| |
Wat, nou, is die inhoud van hierdie voorrede? Die skrywer begint met Vondel as outeur van de Hekeldigte te noem, en staat dan in die verbygaan 'n oomblik stil by sy sonderlinge trek van kerk tot kerk. Dan volg 'n kort oorsig van die, gedigte met bewonderende opmerkinge oor die genie wat daaruit blyk. Vervolgens gaat hy voort: U sal dit miskien wat ordeloos vind, maar bedenk dan ook dat daar net so min ‘ordre’ in die lewe van die digter te bespeure is. Die man sloof hom op die oomblik af om proseliete vir die Roomse Kerk te maak. ‘Hy yvert nu te zeer om d'afgedwaalde leeden der Roomsche Kerk in de schoot van haar lieve Moeder te leiden. Nu schrijft, en wrijft en zweet en draaft hij dach en nacht; om al sijne vrienden te bekeeren, die medoogen met hem hebben. Daardoor was het, dat een der weereltwijste en geleerdtste Mannen van Hollandt sich deese woorden liet ontvallen: Mij deert des mans, die geenes dings eerder moede schijnt te worden, dan der ruste. Waar wil het noch met hem heenen? Waar zal syn onrustige razernij endigen? wat dwaalweg sal hij nu al weêr inslaan? of hij wel weet wat ter rechter of ter slinkker handt is? eenige vreezen dat hij noch wel Joodts mocht worden. Sal daar met hom nie miskien nog iets ergers gebeur nie? Hij begaat al reede misslaagen, die men van niemant als van een zinneloose behoorden te dulden. Ten blijft noch hij geen misslagen. Sijn moedtwillig bedroch begint haar rol te speelen. De toomloosheid van sijn ongebonde pen, misbruikt de goude Vrijheid die Hollandt voor vrienden en vijanden bevochten heeft. Dit is de pen, die het schrift dat de naam van Grotius Testament voert, ter weerelt bracht. Het lust mij nu sijn onbeschaamtheit in 't licht te brengen en aan te wijsen door wat valscheidt hij de Hollanders heeft getracht in te scherpen; dat den Heere De Groot zoo Papist was, als Hij is’. Nou volg daar 'n weerlegging van Vondel se eensijdige bewerking van die stuk, met hierdie merkwaardige slot: ‘oft iemant hier nu wilde vragen wiens Godsdienst hij (De Groot) | |
[pagina 310]
| |
dan behertigt heeft? Ik zal 't zeggen. Hij was nocht Pausgezindt, noch Kalvinist, noch dwaalende Sociniaan etc. maar een Kristen, Die, ziende veel van 't oudt voor oovergeloof, veel van 't nieuw voor neuswijs aan, en scheuring uit scheuring spruiten, zoude geerne tusschen beide heen met grondtpunten alleenlijk, den wech der waarheidt gebaakt hebben. Dit was sijn Godsdienst en dit is het gevoelen 't welck het Hooft der Poëten en Historischrijvers schrijft, dat Kassander en ook Balduin, gehadt heeft: en dat ijder gemaatigd, Kristen mijns oordeels, behoort te hebben’. Hierdie laatste is meteen ook die geloofsbelijdenis van die skrywer, hij is geesverwant van de Groot en Hooft - die skrywer is Remonstrant. Hooft is vir hom Holland se grootste digter. Hij eindig met Vondel hoog te stel as digter maar. Vondel die teologant beskou hij as 'n man van niks. Die stuk is ondertekend ‘P. uit mijn boekvertrek, den eersten dach van den jaare 1647’. In 1660 verskyn hierdie bundel nog 'n keer, (nr. 7 by Unger), vermeerder met Vondel se klein gedichte sedert 1647. Nou, egter, is die berugte voorrede vervang deur 'n berig ‘van de(n) Drukker aan den Lezer’. Dit heet ook verskyn te wees ‘Tot Schiedam’, maar Unger denk dat dit nie by Naerenus was nie. Die volgende, weer vermeerderde uitgaaf is dan die deur Brandt en Vollenhove te Franeker (nr. 8 by Unger) waarby Brandt, soos bo aangehaal, in die voorrede ‘D' uitgever aan den Lezer’, praat van die druk van 1647 as verskyn ‘te Rotterdam’. Aan die end staan dan die bekende Leven van Joost van den Vondel gevoeg. In hierdie Leven van Vondel vertel Brandt van die uitgaaf van 1647, sê weer dat dit te Rotterdam verskyn het, en som kortliks op onpartydige toon die inhoud van die ‘Voorreeden’ op sonder om te laat blyk of hy ‘Grotius Testament’ as 'n eensydige weergawe van die waarheid beskou, soos die skrywer van die voorrede indertyd gedaan het. Vondel het een na | |
[pagina 311]
| |
die ander verdenk, o.a. P. de Groot, maar kon nie te wete kom, wie die voorrede geskryf het nie. Dan vervolg Brandt: ‘'T was een jongeling van twintig jaaren, dien hij korts te vooren, op verkeert aanbrengen, 't onrecht en scherp hadt bekeven, en die dat ongelijk, door een ander voort gaande gemaakt, met zulk een voorreede had willen wreken. Maar ik weet dat hij tot meer jaaren gekomen, en de zaak van achteren inziende, aan verscheide vrienden, ook aan Vondel zelf heeft betuight, hoe leedt hem was dat hy zulk een vermaarden man zoo schendig had doorgestreeken’. Ons het nou uit al die aangehaalde heel wat omtrent die skrywer van die voorrede verneem. Hy was waarskynlik Remonstrant, vereerder van Hooft as Nederland se grootste digter en historikus en bewonderaar van Vondel se kuns; daarby was hy twintig jaar oud. Dit sou alles heel goed pas by Brandt, die latere Remonstrantse dominie, skrywer, op die voetspoor van Hooft, van die ‘Historie der Reformatie’ en uitgewer van Hooft's en Vondel se werke. In 1646 was hy twintig. Ook in die styl meen van Lennep die toekomstige skrywer van ‘het Leven van de Ruijter’ te herkenGa naar voetnoot1). Omtrent sy verhouding tot Vondel vertel Brandt self die volgendeGa naar voetnoot2): ‘Van Geerardt Brandt sprak hij’ (Vondel) ‘weleer, ten aanzien van de dichten zijner jeught en de lijkreede op den Drost Hooft, met lof en gunst; daar men eenigh blijk van vindt in Ansloos vaarzen op de lijkreede gedicht. Doch de verscheidenheit van Godtsdienst en eenigh ander verschil, elders gemeldt, veroorzaakte sedert wat verwijdering, vermindering van genegenheit en een langduirigh zwygen’. Hierdie ‘eenigh ander verschil, elders gemeldt’ vind van Lennep nou terug in Vondel se berisping van die jongeling van twintig in die so ewe deur my aangehaalde passage uit Brandt se Lewe van Vondel. Brandt sou hier 'n ‘confessie’ doen. | |
[pagina 312]
| |
Dit word nou verder bespreek o.a. deur Drs. LoeffGa naar voetnoot1), Elco VerwijsGa naar voetnoot2), PenonGa naar voetnoot3) en JonckbloetGa naar voetnoot4). Dr. Loeff maak beswaar teen van Lennep se opvatting. Verwijs poog die besware te weerlê. Dr. Jonckbloet plaas hom in hoofsaak naas Verwijs, ofskoon hij, wat sij kijk op Brandt se karakter betref, aanmerklik van Verwijs verskil. Veral die betoë van die laasgenoemde twee geleerdes is hier van belang. Altwee kom hulle tot die selfde slotsom, nl. dat Brandt die skrywer is van die berugte Voor-reden van 1647. Verwijs soek die oorsaak van Vondel se ‘onrechtmatig(e) en scherp(e)'’ bekywing van die deur Brandt genoemde ‘jongeling van twintig jaaren’ in die puntdig van iemand wat hom ‘P.’ teken agter Westerbaen se ‘Kracht des Geloofs’, 'n hekeldig op die skrywer van die Altaergeheimenissen. Ten onregte sou Vondel in hierdie P. Brandt gesien het. Hieroor gebelg sou Brandt toe die Hekeldigte van 1647 gaan uitgee het, en ter mistifikasie sou hy hom van dieselfde P as pseudoniem bedien het. Dit geluk. Vondel verdenk ander. Met dié skuld op sij gewete sou ‘de rechtgeaarde Brandt’ Vondel dan liewers in sy lijkrede op Hooft ongenoem gelaat het, as om hom nou te moet prys, om daarvoor nog op die koop toe Vondel se dank te moet ontvang. ‘Toen hij niettemin lof en prijs van Vondel ontving volgens de aangehaalde vers van AnsloGa naar voetnoot5) moest (het) den rechtgeaarden Brandt nog huiveriger maken voor nadere aanraking met Vondel, en geen wonder dus dat hiervan “verwijdering, vermindering van genegentheit en langdurigh zwygen” tusschen beide mannen het gevolg wasGa naar voetnoot6)’. Altwee manne kry dus so ongeveer mooi rolle. | |
[pagina 313]
| |
Jonckbloet begint met aan te toon dat die vierreelige gedig van P. nie die oorsaak van die verwydering kon gewees het nie; dit is nl. jonger as die uitgave van die Tweede Deel van J.v. Vondels Poësy, 1647. In een van die uitgawes van Westerbaen se Kracht des Geloofs lees mens: ‘Getrocken uit de Registers ... ende gezonden aen den uijtgever van het Tweede Deel van Vondels Poesy’. Dan volg die toevoegsels, o.a. ook die puntdig deur P. As nou die hoofgedig jonger is as Vondels Poesy deel II, dan is sooveel te meer dit die geval met die toevoegselsGa naar voetnoot1). Waarom Vondel Brandt ‘bekeven’ het bly dus onbekend. Wat egter wel waarskynlik is, volgens Dr. Jonckbloet, is dat P. van die toeskrif dieselfde is as P. van die Voor-reeden. Dit sou dan bevestig word deur 'n puntdig van 1650, aan Brandt toegeskryf en onderteekend met die woord ‘PrudenterGa naar voetnoot2). Nou volg daar beskouinge oor Brandt se lijkrede op Hooft waarin Jonckbloet in die nie noem van Vondel se naam, ens., 'n gewilde belediging siet van die sy van BrandtGa naar voetnoot3). In 1651 vind Jonckbloet weer 'n heimlike aanval van Brandt op Vondel in 'n anonieme bundel waarvan Brandt vermoedelik die uitgewer was, Verscheyde Nederduitsche Gedichten. Hierin tref ons nie alleen Westerbaen se Kracht des Geloofs opnuut aan nie, maar ook 'n gedig op die dood van Koning Hendrik die Groote van Frankryk soos dit verskyn het in Vondels Poesy Deel II in 1647, met sestien anti-katolieke reëls aan die end en nie soos dit in Vondel se gedigte in 1622, en weer in 1650, minus die sestien reëls gestaan het nieGa naar voetnoot4). | |
[pagina 314]
| |
Daar ontstaan egter geen onmiddellike breuk. In 1652 maak Vondel nog 'n loflied op Brandt se Bruid, Susanna van Baerle, en in 1654 skryf Brandt 'n verklaring af van enige van Vondel se hekeldigte uit die digter se eie mondGa naar voetnoot1). In 1676 krij Brandt nogmaals inligting van Vondel omtrent sy Hekeldigte. Die breuk, wat Jonckbloet aanneem, moet dus waarskynlik tussen 1654 en 1676 gesoek word. Hoe moet mens jou dit voorstel? ‘Ik stel my de zaak zoo voor’, sê Jonckbloet ‘Het beter ik was eindelik bij Brandt boven gekomen, hij schaamde zich zijner dubbelhartigheid, had er berouw over, en bekende toen aan Vondel wat er was gebeurd. Ligt het nu niet geheel in Vondels karakter, om vertoornd te zijn, meer nog over de huichelarij dan over de kwaadaardige aanvallen? Dat hij niets meer van Brandt wilde weten, hem zijn huis verbood, zal geen verwondering baren, en dat dit lang duurde, nog minder, daar Brandt zelf getuigt (p. 106) “dat hij 't misnoegen, eens opgevat, langzaam afleî, en het gewaande ongelijk niet licht vergat’. Die konfessie van Brandt sou dan plaas gevind het ‘na 1654, misschien wel na 1657, wellicht omstreeks 1665’. In 1657 verskyn, naamlik Brandt se boekie Verlaet uw eigen Vergadering nietGa naar voetnoot2) en in 1665 sy gedig ‘De Vreedzame Christen’. Dis wel opmerklik hoe Jonckbloet, deur die steeds weer opduikende bewyse van min of meer vertrouelike omgang tussen Vondel en Brandt deur die jare heen, gedwing word om die ‘breuk’ al verder en verder van die jaar 1647 af weg te skuif en die tussentijdperk te oorbrug deur vir Brandt 'n rol van aartsveinsaard te veronderstel. Wat die hoofsaak betref is daar sedert die opstel van Jonckbloet weinig nuwe lig oor die Brandt-Vondel-kwessie opgegaan. | |
[pagina 315]
| |
KalffGa naar voetnoot1) ag Brandt se outeurskap van die Voor-reeden waarskynlik. Te WinkelGa naar voetnoot2) en LeendertzGa naar voetnoot3) neem dit altwee aan; praat ook van die ‘laagheid’ en dubbelsinnigheid van Brandt in die jare wat daarop volg. Die opvatting van Jonckbloet in sake die rol van Brandt skyn dus so min of meer die algemeen geaksepteerne vandag. Maar wat vertel Brandt ons nou in werklikheid self omtrent sy rol? Die vraag is van belang, want teenoor die skrale gegewens van buite of moet hier juist Brandt se eie woorde as vernaamste bewysgrond geld. Dié feit het Dr. Jonckbloet egter, soos later sal blijk, nie na waarde geskat nie. In die eerste plek moet daar met nadruk op gewys word dat Brandt se eie woorde ons geensins die reg gee om in hom die samesteller en uitgewer van die bundel van 1647 te sien nie, al sou mens ook al moet aanneem dat hy wel terdeê die skrywer van die voorrede was. Van die voorrede en van die bundel praat hy in die Leven van Vondel as van twee aparte sakeGa naar voetnoot4). Vondel sou graag wou geweet het wie die skrywer van die voorrede was; dit was dié ‘jongeling van twintig jaaren’. Van die versamelaars van die gedigte praat hy egter as van ‘men’. Hierdie opvatting, nl. dat Brandt alleenlik vir die voorrede verantwoordelik was, word verder gesteun deur wat hij in die inleiding tot sy uitgaaf van Vondel se poësie by Leonard Strik te Franeker skryf. Hier lui dit: ‘Maar dat tweede deel was den dichter niet weinig tegens den borst: soo om sommige Hekeldichten die hij voor de zijne noch niet dorst erkennen, als omdat de drukker, uit onkunde of baetzucht, om den hoop te vermeeren, etlijcke rijmen daartusschen schikte van anderen gedicht en zijnen naam onwaardig’. Die bundel was - dit word in dieselfde voorrede vermeld - deur enige ‘kunst- | |
[pagina 316]
| |
minnaars’ saamgestel. Die ‘kunstminnaars’ dus, en die drukker was verantwoordelik vir die inhoud van die bundel; en tog beweer Dr. Jonckbloet sonder blik of bloos dat Brandt die bundel ‘bezorgde’. Brandt het later sy leedwese te kenne gegee, nie oor die inhoud van die versameling van 1647 nie, maar wel oor die ‘Voor-reeden’; of, om juister te wees, oor die skerpte daarvan. ‘Het was hem leed dat hy zulk 'n vermaard man zoo schendigGa naar voetnoot1) hadt doorgestreken’. Ook hierdie apologie teken die verhouding waarin Brandt tot Vondels Poezy, Deel II gestaan het. Hy was verantwoordelik vir die inleiding, maar ander, vir die inhoud van die bundel. En nou die ‘breuk’-geschiedenis naas die ipsissima verba van Brandt self. Dit is in 'n passage oor Vondel as krietikus waar hy sij eie wedervaringe met die digte skets. Na eers met sitate Vondel se kritiek meegedeel te hê oor die werk van Hooft, Huijgens, Anslo, De Decker, Vollenhove en Antonides, kom hij tot sij eie werk met die vroeër reeds aangehaalde woorde: ‘Van Geeraardt Brandt sprak hij weleer, ten aanzien van de gedichten zijner jeugd en de lijkreeden op den Drost Hooft met lof en gunst; daar men eenigh blyk van vindt in Ansloos vaarzen op de lykreede gedicht. Doch de verscheidenheit van Godsdienst, en eenigh ander verschil, elders gemeldt, veroorzaakte sedert wat verwijdering, vermindering van genegenheit, en een langdurich zwijgenGa naar voetnoot2), tot dat d'oude liefde, toen hem Brandt in zynen hoogen ouderdom somtijds bezocht, weer boven quam, en dat men hem, bijkans in 't einde zijns levens noch hoorde zeggen, Brandt is een goede Epigrammist, dat 's Byschrift-schrijver, ziende op zyn korte dichten, afbeeldingen en grafschriften’. Kortliks sê Brandt dus hier: ‘In die begin het Vondel my werk geprys; later gaat hy daaroor swyg, in sy höe | |
[pagina 317]
| |
ouderdom prijs hy dit weer’. Van 'n ‘breuk’, soos Jonckbloet veronderstel, is hier geen sprake. Die ‘langdurigh zwygen’ van die krietikus Vondel is die gevolg van ‘watGa naar voetnoot1) verwijdering’ en ‘vermindering van genegenheit’. En dit weer vloei voort uit godsdiensverskil ens. Deur te onderstreep het ek al reeds die aandag daarop gevestig dat hier geen sprake is van 'n algehele verwijdering of verlies van geneentheid nie; slegs 'n sekere mate daarvan; dus ook geen breuk. In hulle verband geneem kan die woorde moeilik dui op die mekaar-nie-meer-spreek van twee vyande, vanwie die een die ander passeer sonder 'n groet. Die ‘langdurigh zwygen’ sien op die krietikus. En tog praat Jonckbloet van 'n breuk, ja, selfs van 'n Brandt-sy-huis-ontsê van die kant van Vondel. Vondel is dus minder op die jonge Brandt gestel as pas na die eerste kennismaking. Kort na die lykrede op Hooft het dit skynbaar al begin. Het Brandt daartoe aanleiding gegee deur een of ander onvriendelike daad, waarop Vondel se bekoeling gevolg het? Dis natuurlik wel moontlik, maar daar bestaat m.i. 'n eenvoudiger verklaring. Miskien moet ons die saak so voorstel: Vondel het in die begin die jong Brandt tot hom gehaal: hy het 'n swak vir jong digters gehadGa naar voetnoot2). Vol ywer in die diens van sy nuwe geloof, wou Vondel ook ander daarvoor win: ‘hij trachtte al zijn vrienden te bekeeren’. Wat hy gedink het van Protestantisme het die man van die hekeldigte seker nie onder stoele en banke gesteek me. Aan die ander kant het die jong teologant Brandt hom ook seker nie alles laat gesê nie; in eie oë het hij miskien alle veel beter geweet as die gryse digter; die mense het die skrijwer van die Veinsende Torquatus en die Lijkreeden 'n bietje oor die perd getel. Hulle het dus aan die redeneer | |
[pagina 318]
| |
geraak. Maar veel geredetwis zonder vatbaarheid vir oortuiging maak beu van die onderwerp en van die persoon. Vondel het weldra genoeg gehad van die jong snuiter met sy poësie inkluis, word koel, is selfs gereed om ‘op verkeerd aanbrengen’ die Jongeling ‘t'onrecht en scherp’ te bekyf. Die eerste entoesiasme was verdwyn. Brandt se predikant word was seker nie geskik om die twee manne meer simpatiek vir mekaar te maak nie: van Vollenhove het Vondel gesê: ‘Daar is een groot licht in de man, maar jammer dat hy een Predikant is’. Daar was ‘wat verwijdering en vermindering van genegenheit’ maar dat daar geen ‘breuk’ was, daarvan getuig die bewyse van vertrouelike omgang deur die jare heen, waarvan ek reeds vroeër gewag gemaak het. Hulle het mekaar leer ken as stryers vir teenoorgestelde beginsels; die ‘verscheidenheit van Godtsdienst’ was wel degelik 'n beletsel, maar Brandt se bewondering vir Vondel se kuns bly die skakel wat hulle bind. Dit bevreemd eintlik dat daar op hierdie feite nog nie eerder gelet is nie. Nou dat dit egter geblyk het - en ek meen dit staan daar duidelik vir wie maar wil lees - dat die verkoeling eintlik van Vondel se kant begint het, en dit heel vroeg al, is die teorie ook nie langer meer houbaar, dat die ‘dubsinnige’ Brandt hom jaar en dag bly bedien het van die niks vermoedende vriendskap van die goeie Vondel. Dog Brandt vertel nog meer omtrent die ‘verskil’; hier is daar egter ook weer nie op gelet nie. Nadat hy in die woorde, flus aangehaalGa naar voetnoot1), sy eie ervaringe met die kritiek van Vondel meegedeel het, vertel hy nog ewentjies in 'n paar sinne hoe hoog Vondel die jong Moonen geprys het. Dan heet dit: ‘Zommigen leiden hem te last, dat hij somtijds luiden prees en in zijne gedichten hoogh zette, die des onwaardig waaren. Maar hy antwoordde; ‘Men heeft mij diets gemaakt, dat ze zoodanigh waaren; mijn lichtgeloovigheitGa naar voetnoot2) | |
[pagina 319]
| |
heeft my bedroogen’. En dan, by wyse van teëstelling, nog vol van sy eie geval, so net vertel, vervolg Brandt: ‘Ook gingh hem na, dat hy 't misnoegen, eens opgevat, langsaam afleîʻ en 't gewaandeGa naar voetnoot1) ongelijk niet licht vergat’. Is dit nie klaar as die dag nie, dat Brandt hier denk aan ‘een jongeling van twintig jaaren dien hij (Vondel), op verkeerd aanbrengen t'onrecht en scherp had bekeven’, en vir wie hy tot in sy hoë ouderdom weens hierdie ‘vermeende ongelyk’ koel-koel bly behandel? Dat Brandt na hierdie berispinh en Vondel se halstarrige weiëring om in sij onskuld te geloof die berugte ‘voorreeden’ kon gaan skrijf is lig begrijplik. Onbegrijplik is egter hoe Jonckbloet ter motivering van 'n ‘breuk’, volgende op 'n konfessie van 'n ongelyk, waaroor die gras van jare al gegroei was, hierdie woorde kon gaan aanhaal, nl. dat Vondel ‘'t misnoegen eens opgevat, langsaam afleî, en 't gewaande (sic) ongelijk niet licht vergat’.
Dealesville. s.j. du toit. |
|