die splitsing in lettergrepe. Wanneer dit moontlik is, word naamlik die lettergreep met 'n konsonant of konsonantverbinding begin, dus arre-steer, pro-bleem (vgl. ook dui-dlik) ens.
(i) Onmiddellijk voor die hoofklem word e en o ‘lank’ uitgespreek, d.w.s. as ee/ie en oo/oe, bv. doo-syn, proo-fyt, proo-gram, proo-tes, loo-jaal, proo-duk, moo-reel, loo-sies. loo-kaal ens. Die gewone uitspraak is oe. Die e word dikwels baie onduidelik gerealiseer maar dit staan die naaste aan ie (variant van ee) bv. iemosie, iegaal, ielips, iesensie, iefek, ens. Origens is die dowwe vokaal hier wel die algemeenste, bv. respek, metaal, debiet, resep, sekuur, refrein, meriete ens.
(ii) In 'n anapestiese groep, d.w.s. e en o geskei van die hoofklem deur 'n ander sillabe, word die vokale as ε en ɔ uitgespreek, tensy dit deur die dowwe sva vervang word wat in die geval van e meestal voorkom. Dus: deffe-nisie, deppu-tasie, enner-gie, telle-foon, delli-kaat, preppo-sisie, eppi-sode, demmo-kraat, mello-drama, demmon-strasie, dekko-rasie, proppaganda, mettafoor, nommi-naal, offi-sier, konsolli-dasie, protte-stant, prosse-dure, poppu-lier, polle-tiek, monnu-ment, kommi-tee, oppe-rasie, korre-geer, kolle-nel, posse-tief, oppe-sisie, kommen-taar, prodduk-tief ens.
Die neiging is baie sterk om die lettergrepe voor die hoofklem in 'n trogee te verander, d.w.s. die betrokke è en ò met byklem uit te spreek en die daaropvolgende lettergreep met 'n dowwe vokaal.
Nog meer voorbeelde van hierdie ‘wette’: proo-dukte, prodduk-tief, proo-bleem, probble-maties, moo-del, modde-leer, ressoo-nansie of ree-soonansie, proo-vinsie, proo-vinsiale (in hierdie vyflettergrepige woord en in ander van dié lengte vervul die byklem dieselfde funksie as die hoofklem), iemoo-sioo-neel, iekonne-mie of iekonnoo-mie, proo-fessor, proo-fessorale, ienorrem, iesensie, iesensieel.
Dat daar 'n mate van swenking of wisselvalligheid in sommige gevalle is, kan ons lig begryp. Die faktore wat hier genoem is, kan soms as strydige kragte optree; daarby is die invloed van Engels enersyds en Nederlands andersyds ook nie te negeer nie. Opvallend is bv. die uitspraak eevangelie, foonetiek ens. wat op sulke bykomstige faktore wys.
Bevestiging vir my stellings is te vind in die uitspraak van a en u in die volgende woorde: stattis-tiek, amma-teur, aggi-tator, manni-fes, kappi-taal, pappe-gaai, kwalli-teit, kabbi-net, rumma-/rimma-/roema-tiek, pubbli-kasie, tee-noor, pa-niek, ba-nier, pa-troon, ma-troos, ta-lent, ta-pyt, ka-naal, ba-let, pa-ket, ra-port, ru-briek, mu-siek, ju-weel, stu-dent.
Stellenbosch, September 1951.
M. de Villiers.