De Nieuwe Taalgids. Jaargang 31
(1937)– [tijdschrift] Nieuwe Taalgids, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 58]
| |||||||||||||
'n Ondersoek na die gevelariseerde -ing in Afrikaans.Een van die interessantste verskille tussen die Nederlandse en die Afrikaanse konsonantisme is dat 'n Nederlandse slot -n onder bepaalde omstandighede in Afrikaans oorgaan tot -ng, dat ‘de n van rn bij doorn, koorn, toorn enz. den Franschen neusklank (sic) heeft aangenomen, zoodat men doring, koring, toring zegt’ (Te Winkel: Het Nederlandsch in Noord-Amerika en Zuid-Afrika, Vragen van den Dag, 1896). W.J. Viljoen (Beiträge zur Geschichte der Cap-Holländischen Sprache, 1896, bls. 53-54) bestry Te Winkel se verklaring van Franse invloed en sien in die geval 'n dialektiese-Nederlandse verskynsel. ‘Sehr wichtig ist eben die Erscheinung der gutturalen nasalis (ŋ, ñ) im Afr. an die Stelle des nnl. n. So entspricht z.B. afr. doring, (spr. dórəŋ), toring (tórəŋ), koring (kórəŋ) u.s.w. mnl. doren (aus Dorn), toren (aus torn), coren (aus corn) u.s.w. Man hat bis jetzt, doch ganz mit Unrecht behauptet, diese Erscheinung sei dem Einfluss des Frz. zu verdanken. Ganz mit Unrecht, denn ganz gewöhnlich ist in der Volkspoesìe des 17. Jahrhunderts und namentlich in der des amsterdamschen Dialekts, der Uebergang von n, nd, nt u.s.w. in ng, ngd, ngt u.s.w. Es finden sich bei Vondel, Hooft, Bredero u.a. Formen als wangt (für want), ahd. hwanta, hangt (für hand, hant), ongs (für ons) “uns”, wongder (für wonder) “Wunder” u.s.w.’ Hy noem dan enige bewysplekke by Van Helten, Vondel's Taal en Winkler, Algemeen Nederduitsch en Friesch Dialecticon - bewysplekke vir die bekende oorgang van n tot ng, gewoonlik na ‘donker’ vokaal en altoos vóór dentaal (d, t, s,), - dus geen parallele met die Afrikaanse verskynsel nie. In 1899 haal Hesseling (Het Afrikaansch, bls. 150-152) Te Winkel en Viljoen aan, verwerp hulle verklarings op grond van die feit dat die gevalle wat hulle uit Frans en Nederlands aanvoer, nie gelyk staan met die Afrikaanse geval nie, maar beproef geen eie verklaring nie. Daarna kry ons die geval behandel by Schonken (De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche VolksoverleveringenGa naar voetnoot1), 1914, | |||||||||||||
[pagina 59]
| |||||||||||||
bls. 172-174). Sy betoog is te lank om hier woordelik aan te haal maar kom op die volgende neer: ‘de velarizeering van de slot -n na r + schwah-vokaal (ə): doring, faring, garing (gare), horing, karring, koring, toring met den uitgang -əng uit doren enz. met -ən’ moet ongetwyfeld aan Maleise invloed toegeskryf word. Die bewijsvoering is as volg: die slotklanke -ən en -əng kom in Maleis nie voor nie, wel -εn en -εng, die eerste selde, die laaste dikwels. Ook die slot-klank -in kom voor, maar veral die uitgang -ing (‘waaruit gemakkelijk -əng ontstaan kan’) ‘en wel het liefst na l en r, zoodat deze als beginletters der syllabe vóór -ing tegen alle andere opwegen.’ Beslissend vir ons geval sou die feit wees dat in Maleis ‘geen enkel woord op -rin’ voor kom nie. ‘Door deze sterke analogie meegesleept, vielen weldra de weinige Holl. woorden op -ren aan de gutturalizeering ten offer.’ Hierdie betoog word versterk deur verdere ‘bewijzen’. So sou daar in Afrikaans maar min ander name van konkrete sake op -ing en -en bestaan, nl. katjiepiering en toering (albei aan Ma eis ontleen), ‘het vreemde woord kaparing’, die ou-Holl. woorde voering, leuning, laning, wapen, laken, baken, en die nieugevormde blinning (beter blinding) en kussing. Die ses woorde op -ing in hierdie lysie moes saam met doring, koring, ens. 'n analogieklas gevorm het wat blinding (uit blinden, mv. van blinde) en kussing (uit kussen) meegesleep het, maar gestuit het voor die k en p van baken, laken en wapen ‘omdat deze klanken verder lagen van de ng dan de, wat de artikulatie betreft, verwante r (hoewel -king en -ping, naast -kin en -pin, in het Mal. meermalen voorkomen; -sin, -din daarentegen ontbreken)’. Verder vermoed Schonken dat die groep Afrikaanse woorde op -ing nog 'n ander klompie woorde beïnvloed het, nl. dié waarin een oorspronkelijk -nje tot -əng overging: franje tot frâing, kanje tot kâing, gonje tot gôing. En eindelik kom in Maleis die uitgang -ang dikwels voor, ook in 'n aantal woorde in Afr. uit Maleis ontleen. Hierdie groep sou dan aanleiding gegee het tot die uitspraak satang, wat veral as skelwoord in Afrikaans dikwels voorkom naas die Bybelse satan.Ga naar voetnoot1)
Hierdie verklaring van Schonken is tot nog toe die uitvoerigste wat ons van die Afr. gevelariseerde -ing besit. In Oor die Ontstaan | |||||||||||||
[pagina 60]
| |||||||||||||
van Afrikaans, 1923, bls. 98, het ek Schonken se verklaring onbevredigend genoem en kritiek uitgeoefen op sy voorstelling van die feite, veral dat hy maar drie Hollandse name van konkrete sake op -ing kon noem. Ek het daarby suffikssubstitusie as verklaring van 'n gedeelte van die feite aan die hand gegee, maar erken dat dit nie afdoende was nie. Sedertdien is daar weinig aandag aan die kwessie gegee. J.J. le Roux het 'n kort beskrywende paragrafie daaroor in sy Handleiding in het Afrikaans, 1921, bls. 27, 28. Ook Bouman en Pienaar vermeld die verskynsel in hul Afrikaanse Spraakkuns, 1924, bls. 51, maar daar word geen poging gedoen om die geval te verklaar nie.
In die onderstaande wil ek 'n groepering van die feitemateriaal beproef en my waag aan 'n verklaring van ten minste 'n gedeelte van die feite. 'n Sekondêre, gevelariseerde -ing (-əŋ) vind ons in Afrikaans
| |||||||||||||
[pagina 61]
| |||||||||||||
Om al hierdie gevalle onder een hoedjie te vang, 'n algemene verklaring te gee wat algar dek, lyk my onmoontlik. Ek neem verskillende verklaringsprinsipes aan.
Die voorbeelde onder (A) kan suiwer foneties verklaar word en wel as gevalle van dissimilasie. Ons sien nl. dat 'n alveolare (in Ndl. dentale) nasaal n in die onbetoonde slotlettergreep ongelyk gemaak word aan 'n voorafgaande alveolare (in Ndl. dentale) l, r, s, en oorgaan in 'n velare nasaal. Die aantal voorbeelde met -r(ə)n is veel groter as die met -lən, -sən, sodat hulle 'n sterk analogieklas vorm. Maar afgesien van moontlike analogiewerking is die fonetiese verklaring afdoende. Uitsonderinge soos deern, kern, kweern, taveern(e), tweern, urn, voorn, kan algar beskou word as Nederlands of as nuwe ontleninge uit Nederlands. Ook die Afrikaanse vorme toorn en vertoorn (naas toring en vertoring) kan verklaar word as staande onder Ndl. invloed, nl. dié van die Bybeltaal. Die vorm gare (naas garing) is moeiliker om te verklaar. Waarom het die slot-n hier weggeval en nêrens anders by hierdie klas van woorde nie? Kan die vorm sonder n geërf wees, m.a.w. kom die uitspraak sonder n ook in Hollands voor? Gelling (uit Eng. gallon), harsings en kussing is reëlmatige dissimilasievorme. Kussing kom ook in dialektiese Ndl. voor. Overdiep (Mod. Ndl. Gram. bls. 44, voetnoot, haal dit aan uit Brusse.Ga naar voetnoot1) Gelling en luserring (uit Eng. lucern) toon aan dat die dissimilasieneiging nog laat moes gewerk het, miskien nóg werk. Dat Ndl. veulen en molen, in Afr. geen dissimilasie vertoon nie, kan verklaar word uit die feit dat daar in Ndl. vorme sonder n (vgl. Mndl. vole, vool, mole, mcule) bestaan het. Voorbeelde van woorde op | |||||||||||||
[pagina 62]
| |||||||||||||
'n ander dentaal as l, r, s + -en is skaars in Ndl. Gulden, heden en beneden kom in Ndl. ook sonder slot-n voor, en is buitendien nie woorde uit die daaglikse Afrikaanse spreektaal nie. Heiden, waarnaas in Afr. sporadies heiding voorkom, kan sy oorspronklike vorm ook onder Bybeltaalinvloed behou het. Ndl. keten naas ketting kom later ter sprake. Franck-van Wijk gee vir Ndl. alleen die vorm watten, maar die vorm watte (soos in Afr.) is blykbaar die oorspronklikere (vgl. Verdam: Mndl. Wdb.).
Ons het gesien dat Schonken die afwesigheid van velarisering by baken, laken en wapen toeskryf aan die feit dat ‘deze klanken (k en p) verder lagen van de ng dan de, wat artikulatie betreft, verwante r’. Dit is foneties onjuis dat die k verder van die ng lê as die r, maar die juiste verklaring is natuurlik dat dissimilasie uit die aard van die saak alleen by oorspronklik homorgane klanke kan plaasvind. Schonken se lys kan aansienlik uitgebrei. word. Wapen en ope(n) is die enigste woorde op -pen wat ek aangeteken het, maar op -ken het ons in Afr. b.v. baken, deken, diaken, kuiken, laken, reken, teken (teiken), varkens. 'n Woord soos bekken behoort nie tot die gewone spreektaal nie. By woorde op Ndl. -gen, -ven, soos behagen, eigen, leugen, regen, wagen, zegen; haven, steven, zeven het die glyer vermoedelik vroeg weggeval in Afr., maar in elk geval sou hier geen aanleiding tot dissimilasie gewees het nie, soos by kussen, hersens. 'n Vorm soos degen is 'n nuwe ontlening in Afrikaans. Waarom tussen geen dissimilasie vertoon nie maar sy slot-n in Afr. bewaar, kan ek nie verklaar nie.
Hiermee is alle voorbeelde onder A (a), (b), (c) afgehandel, soms miskien 'n bietjie skematies. Ek voel dat veral vorme soos gare naas garingGa naar voetnoot1), hede naas heiden, ope en oop naas wapen, tusse ook in Ndl. (Van de Weichsel tot de Schelde, I, p. 218) tussen naas kussing, meul, vul, varkGa naar voetnoot2) nader ondersoek verdien. By meul en vul is daar, behalwe die genoemde verklaring, ook nog die moontlikheid dat ons, soos by vark, te doen het met nuwe analogiese enkelvoude. Afgesien van die engere kwessies van velarisering en suffikssubstitusie waarmee ons ons hier besig | |||||||||||||
[pagina 63]
| |||||||||||||
hou, res daar nog die broë kwessie van die verlies of reduksie van die slot-en in Afrikaans - en, wat reduksie tot -e betref, ook in Ndl.
Vir die groepe B, C, D kan oor die algemeen suffikssubstitusie as verklaring aangeneem word - waarby opgemerk moet word dat die woord suffiks hier nie streng in sy taalhistoriese betekenis opgevat moet word nie, maar soms ook as formans, of selfs bloot as woordeinde. Vir Schonken was daar te min woorde op -ing om suffikssubstitusie, m.a.w. analogiewerking, aan te neem as algemene verklaring van ons verskynsel. Hy noem drie voorbeelde van name van konkrete sake op-ing: voering, leuning, laning. Daarby kom drie uit Maleis ontleende woorde: katjiepiering, kaparring en toering. Hierdie ses voorbeelde, tesaam met die spesifiek Afrikaanse doring, garing, horing, karring, koring, torring en varing sou dan saam 'n analogieklas uitgemaak en blinding en kussing omgevorm het uit blinden en kussen. Op hierdie punt is Schonken se materiaal baie onvolledig. Dit is nie duidelik waarom dit juis name van konkrete sake moet wees wat analogie-invloed uitoefen nie, maar selfs met dié beperking is die gebrekkigheid van sy materiaal opvallend. Ons het persoonsname op -ing soos: enkeling, koning; diername soos: bokking (naas bokkem), bunzing, haring, paling, spiering, taling; saakname soos: bedding, honing (naas honig), ketting (naas keten), penning, reeling, rotting, schelling, zuring; terwyl, as ons afleidinge van dieselfde aard as Schonken se leuning, voering insluit, d.w.s. woorde soos aantekening, bekering, bevolking, dreuning, kleding, omheining, ontdekking, tentoonstelling, uitspanning, vertelling, voeding, wandeling, zitting ens., verskeie waarvan 'n taamlik konkrete betekenis verkry het, dan word die aantal voorbeelde oorweldigend. Die bekendste Maleise ontlening, piering, ontbreek ook in Schonken se lys. Dit is duidelik dat die klas groot genoeg is om analogies te werk. Daar is dan ook reeds in Ndl. verskeie gevalle waar die suffiks -ing analogies gesubstitueer is vir 'n ander, meestal minder bekende uitgang: honing en ketting, naas die meer oorspronklike honig en keten, is wel die mees bekende voorbeelde. Raadpleging van die etimologiese woordeboek van Franck-van Wijk toon aan dat ons ook by bellefleuring (vgl. de Bo: Westvlaamsch Idioticon op -ing en Ndl. Wdb. VI, kol. 1611 vir ander appelname | |||||||||||||
[pagina 64]
| |||||||||||||
op -ing), greling, laning (as skeepsterm), mamiering, presenning, rotting, smeerling min of meer waarskynlike gevalle het van suffikssubstitusie. De Bo gee nog lanteerning (uitgespreek lantèring) as byvorm van lanteern - nog 'n appelnaam. Of ons by 'n woord soos Vlaams lantering, lanteerning ook dissimilasie moet aanneem, soos by Afr. lanterring, begin waarskynlik lyk as ons let op ander voorbeeldeGa naar voetnoot1) wat ek teengekom het, b.v. garing (Onze Volkstaal, I, 239), kussing (van Schothorst, Het Dial. der Noord-West-Veluwe, kyk woordelys: ko̤sən) en lantaring (Van de Schelde tot de Weichsel, I, 218). As hierdie voorbeelde voldoende kan beskou word, of as daar genoeg ander uit Ndl. dialekte kan aangevoer word - die Afrikaanse ondersoeker beskik alleen oor die weinige gedrukte hulpmiddele op Ndl. dialekgebied - sou ons kan betoog dat ook hierdie ‘Afrikaanse’ ontwikkeling op fonetiese gebied sy oorsprong vind in Nederland. Hoe dit ook al sy, vir sommige gevalle lyk dit my die verstandigste om suffikssubstitusie as verklaring aan te neem, sowel in Ndl. as in Afr. By Afrikaans benning (via bending, bende? uit Eng. band), sening (vgl. Mndl. sene; by Opprel, t.a.p. en Boekenoogen, De Zaansche Volkstaal, kyk woordelyste, kom ook die vorm op -ing voor) en daning(-bol, -boom) (Ndl. denne-, danne-) lyk dit my 'n moontlike verklaring.
By die behandeling van die groepie Maleis-Afrikaanse woorde op -ang, voel ek, as Maleis-ondeskundige, my op baie onveilige grond. Blatjang skyn afkomstig te wees van 'n Maleise woord wat Klinkert (Nieuw Maleisch-Nederlandsch Zakwoordenboek, 2de druk) aangee as belatjan. Afr. Orang-oetang is volgens Klinkert Mal. orang hoetan (t.a.p.); Veth (Uit Oost en West, p. 140) gee aan orang oetan, Prick van Wely (Viertalig Hulpwoordenboek, 3de uitgawe, p. 331) gee orang oetan(g). Veth sê in hierdie verband: ‘De nasale n (ng) op het einde der woorden is een gewone verminking der op een zuivere dentale klank n eindigende Maleische woorden, in het bij de Europeanen in zwang zijnde zoogenaamde laag-Maleisch of brabbel-Maleisch.’ Rottang kom van Maleis rotan, 'n vorm waaroor Klinkert, Veth, Prick van Wely, Yule en Burnell (Hobson-Jobson, s.v. rattan) saamstem. As kaparrang tereg afgelei word van Jav. gamparan (die woord word aangegee deur Coolsma, Soedaneesch-Hollandsch Woordenboek) en dit die | |||||||||||||
[pagina 65]
| |||||||||||||
juiste vorm van die woord in Soedanees is, dan behoort die woord ook hier tuis, en is velarisering die mees aanneemlike verklaring. Of hierdie velarisering 'n bloot fonetiese verskynsel is, soos ek aanneem by Afr. doring, ens., dan wel of dit 'n geval is van analogiewerking, moet ek aan meer bevoegdes oorlaat om uit te maak. Van meer belang is vir ons die vraag of by hierdie woorde die velarisering in Afrikaans plaasgevind het, 'n Afrikaanse taalverskynsel is. Dit lyk of ons hierop nee kan antwoord met die ook op die aangehaalde woorde van Veth i.s. orang-oetang. Bij sy bespreking van rotting (t.a.p., bls. 238) kom Veth op die kwessie terug. ‘In de talen van Insulinde gaat de finale n zeer licht in ng over en meenen de Europeanen deze laatste letter dikwijls ook daar te hooren, waar de inboorlingen de enkele n schrijven.’ Veth verwys nog op 'n derde plek na hierdie velarisering, nl. in verband met die afleiding van die Ndl. tang as benaming vir 'n kwaadaardige vrou (t.a.p., bls. 316). Hy is geneig om met Prof. de Vries, teenoor Prof. Moltzer, by die afleiding van hierdie woord te dink aan Maleis setan(g). ‘Het woord seetan is oorspronkelijk niet Maleisch, maar het Arabische sjeitan (dat echter van het Hebr. Satan schijnt af te stammen), door de Maleiers en Javanen, wier spraakorganen de sj (of sch) van het Arabisch alphabet niet kunnen voortbrengen, als seitan of sétan uitgesproken. Daaruit schijnt in het zoogenaamd laag-Maleisch, dat is het door de Europeanen gesproken brabbel-Maleisch, setang ontstaan,’ 'n vorm wat ons by Bontius aantref waar hij van een kleinen gehoornden visch sprekende zegt: ‘Piscatores Indi vocabulo Arabico ipsum ican setáng vocant, i.e. piscem diabolum, vel quod cornua gerat, seu, quod ictus ejus admodum virulentus sit.’ Nadat Veth gewys het op die moeilikheid van die aksent, verwys hy na ‘de verandering op het einde van de zuivere n in de nasale ng, die bijzonder aan het laag-Maleisch eigen is.’ Wat ook al die verhouding mag wees tussen Ndl. tang en Mal. setan(g) - die Ndl. Wdb. verwerp de Vries se afleiding - die feit dat daar in een of ander vorm van Maleis 'n woord setan(g) in die betekenis van satan bestaan het, of nog bestaan, is vir ons van belang. Ons het nl. gesien dat Schonken praat van ‘de uitspraak satang, die vooral als scheldwoord voorkomt naast het Bijbelsche satan’ (t.a.p., bls. 174). Ek meen dat Schonken gelyk het om in die geval van Afr. satang Maleise invloed te vermoed en dat dié vorm via Maleis-Afrikaans 'n mate van | |||||||||||||
[pagina 66]
| |||||||||||||
gebruiklikheid in Afrikaans verwerf het. Dat satang, hoewel baie gebruiklik, nog as enigsins plat en nie gelykwaardig met satan gevoel word nie, kan ons aflei uit die feit dat die vorm satang nòg in die Akademie-Woordelys, nòg in die Afrikaanse Bybelvertaling erken word. In verband met die woorde op -ang moet daar nog gelet word op die gewone Afrikaanse uitspraak van die familienaam Malan as Malang. Dit sou onredelik wees om assosiatiewe invloed van satang op Malan te veronderstel; en dit is, hoewel in mindere mate, onwaarskynlik dat die groep Maleis-Afrikaanse woorde op -ang, soos blatjang, froetang, kaparrang, katjang, pienang, piesang, rottang in hierdie geval iets met die velarisering te doen gehad het. Dit is meer waarskynlik dat ons in die vorm Malang 'n enigsins uitsonderlike fonetiese ontwikkeling moet sien van die Franse uitspraak van die naam. (Vgl. 'n soortgelyke proses in Du. by Vietor, Elem. der Phon., 69). Die uitspraak kettang, hoewel ook nie in ons spelling erken nie, is miskien meer in gebruik as die erkende ketting. Ons het aangeneem dat ketting sy ‘uitgang’ aan analogiewerking in Ndl. te danke het. Ek meen dat die Afr. kettang ook analogiewerking toon en wel van bowestaande klompie Maleis-Afrikaanse woorde. Ek glo nie dat ons hier te doen het met dieselfde vokaalverandering as in twintag, wragtag naas twintig, wragtig nie. Die fonetiese omstandighede is anders.
'n Alternatiewe verklaring vir satang en Malang, sowel as vir blatjang, kaparrang, orang-oetang en rottang, is dat ons ook hier te doen het met velarisering as gevolg van dissimilasie. Die agtervokaal maak die velarisering makliker as die neutrale vokaal van Afr. -ing.Ga naar voetnoot1) Die vokaal in Ndl. -ing skyn iets hoër en verder na vore te lê. Vandaar miskien dat velarisering in Afrikaans meer voorkom as in algemeen-beskaafde Ndl. Dit sou interessant wees om te ondersoek of die vokaal in -ing ook meer na agter lê in dié Ndl. dialekte waarin daar vorme soos die bogenoemde garing, kussing lantaring voorkom.
Onder die woorde in groep (B) kom daar o.a. nog voor laning en velling. Laning word uitvoerig bespreek deur Boekenoogen | |||||||||||||
[pagina 67]
| |||||||||||||
(t.a.p., kol. 556). Die betekenisse aangegee by Boekenoogen, Molema (Gron. Wdb. s.v. loanings), Ndl. Wdb. en Mndl. Wdb., nl. dié van dwarstéer, oorloop, bruggetjie is in Afr. onbekend. By Opprel kry ons: ‘laning, aan weerskanten met boomen beplante zijweg, Ndl. laan,’ presies soos in Afr. Die Afr. laning moet dus as erfwoord beskou en die verklaring in Ndl. gesoek word. Miskien moet ons dink aan verwarring tussen lane (-laan) en laning. Ook velling is 'n geërfde vorm in Afrikaans. Ons vind vellings by Molema, en by Boekenoogen velling, meerv. vellings.Ga naar voetnoot1) Laasgenoemde merk op: ‘evenzoo elders in N.-Holl’; hy maak egter geen opmerking oor die afwykende vorm nie. In Mndl. kom naas die vorm velg(e) ook vellige met svarabhakti-vokaal voor. As ons 'n later vorm vellig aanneem, wat miskien nog dialekties bestaan, dan het ons in velling 'n parallel met honing, (heuning). 'n Analogon vir die vorm narsing (Ndl. narcis, narcissus) kan ek nie vind nie. Geleerde plantname ondergaan eienaardige vervorminge in die volksmond. Ongelukkig het Pauwels (Eenige Bloemnamen) hierdie blom nie in sy studie betrek nie, anders het ons allig dialektiese vorme gekry wat lig kon werp op die Afrikaanse vorm. 'n Meervoudsvorm narscus by voorbeeld sou 'n verklaring moontlik gemaak het, soos ons laaste voorbeeld onder hierdie groep aantoon, nl. affêrings. Die Akademie-Woordelys gee affêring naas affêre in die enkelvoud, maar volgens my waarneming kom die vorm affêrings (naas affêres, affêrens) veel meer in die meervoud voor as die enkelvoudige affêring, wat betreklik seldsaam is. 'n Meervoud affairens is in die Ndl. volkstaal allig net so gebruiklik as affaires, vgl. vorme soos behoeftens, gezegdens, ziektens. En dit bring ons by groep (C). By hierdie rubriek merk ons onvastheid of weifeling by die ‘uitgange’ -ens en -ings. Dit is 'n kenmerk van die taal soos dit vandag rondom ons gepraat word, en die skryftaal, veral in briewe en opstelle, toon hoe verbreid die verskynsel is. Die Akademie-Woordelys gee hoofbrekens of hoofbrekings, maar alleen toebehorens, vermoedens, nalatenskap, seggenskap, vergewensgesind, weddenskap. Tog sê T.H. le Roux, een van die opstellers van die Woordelys: ‘Tegenover de n in Ndl.... wedden(schap) vertoont 't Afrik. ng:.... wedding(skap)’ (Beschrijvende Klankleer | |||||||||||||
[pagina 68]
| |||||||||||||
van het Afrikaans, p. 121, Opm. 5). D.F. Malherbe, 'n ander opsteller, skryf selfs in die enkelvoud vermoeding (Die Skaduwee van 'n Vrou, bls. 16). Ook van die ander vorme sou ek voorbeelde kan aanhaal. Weddingschap is ook Ndl. Kyk die woordeboeke van Koenen-Endepols, Kuipers, Sewel (uitg. 1766), Mndl. Wdb. s.v. weddinge. Hoofdbrekinge kom by Kiliaen voor. Anders as by doring, koring ens., heers daar dus by hierdie klas, soos uit bowestaande blyk, groot onsekerheid in die uitspraak en kom -əns, -ə̃s, -əŋs) al drie voor. In die tweede plek vind die velarisering hier plaas voor 'n s en merk ons niks van die werking van voorafgaande konsonante nie. Naas vermoedings met 'n voorafgaande alveolaar kry ons hoofbrekings met 'n voorafgaande velaar. Vorme soos vermoeding, affêring moet m.i. beskou word as sekondêr by vermoedens, affêrens. Of Schonken se blinding(s) hier tuis behoort, is moeilik om uit te maak. Blinding kom nl. reeds in Ndl. voor (Ndl. Wdb., II, kol. 2861). Ook zinkings is Ndl. Die klankoorgang kan as bloot foneties of as analogies verklaar word. Maar ek gee die voorkeur aan analogiewerking as verklaring, omdat daar soveel gevalle is waar die uitgang -ens nie gevelariseer word nie: genoeëns, gevoelens, miedens, vrouens. Fonetiese oorgange geskied meestal meer sistematies. In minder beskaafde kringe, waar die analogie vryer spel het, vind ons trouens veel meer voorbeelde van hierdie oorgang: êrings (êrens), hartings, ruitings, skoppings, vullings (vullens, Ndl. veulens). Wanneer ons vorme teenkom soos amallings (amandels), leisings (leisels) manings (mane), dan besef ons hoe die uitgang -ing analogies om hom heen gryp, en is ons geneig om moeilik verklaarbare vorme soos narsings ook hier te klassifiseer. Die invloed van die geskrewe taal en die konservatisme van ons spelling op hierdie punt, wettig die vermoede dat hierdie analogiese velarisering in die toekoms eerder terrein sal verloor as wen.
Die laaste velariseringsklas wat ek wil bespreek is dié waartoe Afr. fraiings, goiingsak, kaskoiing, kastaiing, Lawwerskaiing, pluiings behoort. In al die gevalle gaan die oorspronklike uit op 'n palatale -nje (-ɲə), terwyl die Afr. spelling aandui dat die -nje in Afr. oorgaan tot 'n velare -ing (-əŋ). Die woorde kaiings en toiings toon nog dieselfde slot, maar ons veronderstel geen -nje in die oorspronklike nie. Kaiings kom van 'n woord wat in Ndl. baie vorme vertoon, o.a. ka, kade, kaai, kaan (vgl. Ndl. | |||||||||||||
[pagina 69]
| |||||||||||||
Wdb. s.v. kaan). Die aanneemlikste verklaring van Afr. kaiing, op sigself beskou, lyk my om van Ndl. kaaien (mv.) of kaaie (enkv.) uit te gaan. 'n Meervoud kaaiens, wat goed moontlik lyk, word in die Ndl. Wdb. nie aangegee nie. So 'n meervoud sou kaiings 'n geskikte oorgangsvorm gemaak het van die vorige klas na hierdie. Op watter manier die vorm toiings in Afr. ontstaan het, is my nie duidelik nie. Oorgang van intervokaliese d tot j vind in Ndl. in die reël alleen na lang vokaal of diftong plaas; anders sou 'n veronderstelde meervoud toddens van Ndl. tod(de) 'n bevredigende bronvorm gewees het. Ons sal moet wag tot die woord aan die beurt kom in die Ndl. Wdb. en hoop op meer gegewens. Dit is opmerklik dat die woorde uit hierde groep gewoonlik in die meervoudsvorm voorkom, sodat die gedagte gewek word dat die s van die uitgang ook 'n rol speel, soos in die voorgaande groep. Maar Kaskoiing en Lawwerskaiing wat selde voorkom en byna uitsluitend in die enkelvoud gebruik word, weerspreek so 'n gevolgtrekking. Ons kan by hierdie twee woorde egter dink aan invloed van die oorspronklike Franse uitspraak - soos by Malang. Dit is opvallend dat Oranje en Spanje nie die velarisering vertoon nie. In die huidige Afrikaans kan dié twee woorde egter beskou word as boekwoorde, altans as woorde staande onder die invloed van die skryftaal. Ek is geneig om aan te neem dat ons by die woorde in klas (D) in eerste instansie te doen het met 'n (onvoltooide) fonetiese ontwikkeling, en nie met analogiewerking, met name suffikssubstitusie nie. Hiertoe kom ek te eerder omdat die uitspraak van die slotlettergreep as -ings (-əŋs) by geen een van hierdie woorde vir my vasstaan nie. My eie uitspraak en dié van baie Afrikaners is fraaiens, gôiensak (die woord goiing op sigself ken ek nie), kaaiens, tôiens, ens., waar -ens staan vir genasaleerde vokaal + -ə̃s en die voorafgaande diftong ook meestal genasaleer is. In die Akademie-Woordelys word naas pluiings 'n byvorm pluiens, sowel as 'n aparte vorm plunje gegee. Die onsekerheid wat hier aan die dag kom, heers ook by die ander woorde, alleen is dit daar weggesistematiseer. Die aan Maleis ontleende woord baie is vroeër o.a. ook geskryf baje, baiing (so in vroeër uitgawes van die Woordelys) en banje: almal spelvorme wat wisseling in die uitspraak aandui. Die genasaleerde uitspraak wat ek hierbo aangedui het, is m.i. die tussenvorm wat later by sommige sprekers oorgegaan het tot die gevelariseerde fraiings, ens., | |||||||||||||
[pagina 70]
| |||||||||||||
op dieselfde manier en allig om dieselfde redes as by vermoedings, ens. Met die oog op die moeilikheid om te onderskei tussen analogiewerking en fonetiese ontwikkeling by die gevalle onder (C) en (D) is dit die veiligste en stellig die maklikste, om aan te neem dat analogiese en fonetiese invloede in dieselfde rigting gewerk en mekaar aangevul het.
Kaapstad. D.B. Bosman. |
|