pour l'art’, hulle radikale verwerping van die dierbare tradisie van 'n kuns bewus in diens gestel van godsdiens en sedelikheid, hulle ontstellende werklikheidsbeskrywing en selfvergoddeliking.
Ek meen dat hierdie toestande taamlik ooreenkom met díe in Nederland destyds. Met díe groot verskil dat vir die Afrikaanse kind Nederlands 'n moeisaam, volgens grammatikale reëels, gebrekkig aangeleerde vreemde taal was, en dat die wêreld en lewenssfeer wat in die letterkundige werke uitgebeeld word, hom heeltemal vreemd is - Nederland lê nie slegs in geografiese sin ver verwyderd van Suid-Afrika nie.
Die gevolg van dit alles was dat slegs in gunstige uitsonderingsgevalle, waar die leerling of student die voorreg gehad het om 'n kundige en geesdriftige pedagoog as leidsman te hê, daar van die onderwys in die Nederlandse taal en lettere, wat deur die nuwe, Engelse bewind nou nie juis aangemoedig of bevorder is nie, besielende en vormende krag uitgegaan het. En die gevaar was dat die Afrikaanse kind, wat tog ook sy drang na skoonheid en estetiese ontroering besit, sy geestelike leeftog uitsluitend sou gaan soek by die ryke, maar sy volksbestaan bedreigendeEngelse kultuur - wat oorspronklik ook seker in die bedoeling van die veroweraar gelê het! Vir wat die vurige vaderlander Langenhoven doelbewus en konsekwent gedoen het, sou dıe oorgroot meerderheid van sy volk 'n veel groter tol aan verlies van nasionale besit moes betaal het.
Wanneer ek die woord ‘onvrugbaar’ gebruik, bedoel ek natuurlik nie dat daar literêr gesproke geen invloed uitgegaan het nie. Die teendeel is waar - in hierdie opsig is die prosa van die Tweede Beweging grotendeels 'n voortsetting van die Eerste s'n: orals merk ons die navolging, direk of indirek, van Van Lennep e.a., wat selfs vandag nog ná werk. Dit het nie juis gedien as teenwig teen die gebrek aan styl- en taalgevoel wat die jong prosakuns gekenmerk het nie, 'n gebrek waaraan so baie van ons skrywers vandag nog laboreer. In die digkuns hoor ons telkens die Nederlandse predikantepoësie opklink.
Die hierbo geskilderde toestande het aanmerklik verander. Die onmoontlik om die ingewikkelde spel van faktore wat werksaam is in so'n groeiproses, te ontleed. Dis vir my doel ook nie nodig nie. Ek wil slegs op een aspek duideliker wys.
Die ontluiking van 'n eie letterkunde, wat volgens die sielkundige wet van reaksie aanvanklik 'n mate van oormoed teenoor Nederlands in die hand gewerk het, is een van die sterkste reddings-