Taal en Tongval. Jaargang 48
(1996)– [tijdschrift] Taal en Tongval– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 67]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
C. Jac Conradie
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 68]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
skrywers ‘uitgewis’ nie: ek wil hieronder probeer aantoon dat sommige skrywers (en vertellers) in hulle suinige gebruik van toe(n) daarin slaag om dié tydspartikel as 'n duidelike, selfs kragtige en soms ook dramatiese markeerder van verhaalonderdele aan te wend. Van die ses onderdele van 'n welgevormde mondelinge vertelling wat Labov (1972: 370) in sy dikwels aangehaalde model onderskei, te wete (a) abstract, (b) orientation, (c) complicating action, (d) evaluation, (e) result en (f) coda, is dit veral in die verskillende fases van (c), die kompliserende gebeure of aksie, waar toe(n) te pas kom. Die onderliggende vraag in (c) is dan ook: ‘then (my kursivering, CJC) what happened?’ In hierdie verhaalfase kan gedink word aan die dramatiese begin en die hoogtepunt van die aksie, asook aan momente van (verbale of nieverbale) aksie en reaksie tussen die verteller en 'n tweede of derde party. Toe(n) word ook aangetref in die oriëntasiefase, dit wil sê (b), waar dit - dikwels saam met 'n eksplisieter tydsaanduiding - die kousale ketting van gebeure aan die gang sit, asook tussen die skakels van die ketting, in die betekenis ‘daarna’. In die betekenis ‘destyds’ is dit egter deurlopend as oriëntasiemiddel eerder as narratiewe middel beskikbaar. Oriënterend maar ook evaluerend van aard is uitings wat vroeëre gesprekke of gedeelde ervaring veronderstel en met die hede in verband bring, soos Was dit toe die moeite werd? Waar dit by evaluasie om die verteller se persoonlike betrokkenheid in die verhaal gaan, kan toe(n)-uitings wat emotief van aard is of op die verwerwing van insig dui, evaluerend van aard wees. Ten slotte word 'n reeks gebeurtenisse meermale met 'n toe(n)-uiting afgesluit in die resultaatgedeelte, (e). In anekdotes of verhaalde insidente in Nederlandse dialekte soos opgeteken deur die DialectencommissieGa naar voetnoot1 in Amsterdam kom die diskoersfunksionele gebruik van toe(n)/doe so duidelik na vore dat daar geen twyfel bestaan oor waar Afrikaans dié narratiewe tradisie vandaan haal nie - soos verderaan aangetoon sal word. Maar eers wil ek die vernaamste funksies van die tydsbywoord toe in Afrikaans, beskryf en dit illustreer aan die hand van enkele voorbeelde uit drie Afr. spreektaalkorpora (voortaan RK, vgl. Kroes 1982) en enkele Afr. kortverhale. In Afr. en Ndl. woordeboekbeskrywings geniet suiwer temporele aanduidings van die betekenis van die bywoord toe(n) voorrang, soos ‘in, op daardie tyd’ in HAT en ‘op die tijd’ en ‘daarna’ - wat op 'n deiktiese gespletenheid dui - in die Grote Koenen. Dit is egter in vertellings waar toe sy ware kleure wys, kleure wat meer skakerings vertoon as sy beperkte deiktiese moontlik- | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 69]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
hede. Die verskil tussen die temporeel-deiktiese en narratologiese gebruik van Afr. toe blyk byvoorbeeld uit: Ek het toe(i) bestuurder geword van die Virginiamyn wat toe(ii) nog maar net 'n stuk kaal veld was. (RK) waar toe(i), ‘daarna, vervolgens’, as narratologiese skakel optree en toe(ii) suiwer temporeel ‘destyds, indertyd’ aandui. Wanneer 'n beskrywende of spekulatiewe diskoers oorgaan in 'n diskoers wat 'n unieke, histories verankerde insident wil meedeel, dus ‘storiematig’ word, is toe die tekstuele markeerder par excellence daarvoor. Vergelyk ook die eksplisiete temporele situering in 'n narratiefaanvang soos: Nou die middag toe bel ek vir Marie, dis nou Vrydagmiddag gewees. (RK) Toe markeer veral ook nuwe wendings in die verhaal: ‘het tijdstip... waarop een nieuwe handeling of toestand (begint)’ (Van Dale). Toe in en ons het toe 'n prosedure daar uitgewerk en toegepas wat die grawing van 'n ronde skag baie versnel het (RK) - die enigste toe in die middel van 'n stuk diskoers sonder toe - markeer hier 'n wending wat selfs 'n omwenteling in die mynbou-industrie meegebring het! Dat toe as stylmiddel of narratologiese merker aangewend word in Afr. literêre tekste, blyk ook uit 'n aantal kortverhale uit die bundel van De Vries (1986) wat nagegaan is. In al die verhale word toe spaarsaam gebruik. Toe dui 'n nuwe wending in die verhaal aan (die skrywer - in enkele gevalle De Vries self - word telkens genoem): En toe was daar die dag dat ek in my roostuin staan en spit het. (Boerneef, p. 70, begin van laaste afdeling van verhaal) Die plasing van toe is veral treffend in 'n verhaal van André P. Brink. Die eerste toe verskyn na vyf paragrawe se spekulasie oor die woonstel langsaan: Maar toe het daar eendag iets geroer, iemand dalk, agter die deur, binne-in, langs my, naby my. (p. 181) 'n Kort, dramatiese paragraaf bevat vier maal die bywoord toe: En toe het dit gebeur, toe het die naam gekom, toe hy een aand vroeërig die deur langsaan hoor klik... 'n Rukkie het hy roerloos bly wag, toe na sy eie deur gestorm... en toe het die deur geklik en die hysbak het weggezoem. (p. 183) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 70]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die volgende uitings dui op die verwerwing van insig in 'n situasie, waarvan woorde soos plan, gewaar en geweet getuig: Sy kry toen 'n plan in haar kop om ontslage te worde fan alby haar lastige fryers. (Christina Wagenaar, p. 12 - uit 1897) en die volgende op die aanwesigheid van emosie, soos blyk uit woorde soos bang en angstig en verskillende nietalige simptome: En toe word ek bang, so bang dat ek koud en lam word. (C.J. Langenhoven, p. 18) Toe begin Thys skielik verskriklik angstig word, en hy begin lag.... Toe begin hy huil en sy trane val iewers in die water... (A.H. de Vries, p. 138) Enkele ander funksies van toe - moontlik oorvleuelend met of aansluitend by bogenoemdes - is die volgende (voorbeelde uit RK): - markeerder van die teenstellende interaksie in handeling en taalhandeling tussen spreker en aangesprokene, onder meer as spreekbeurtmarkeerder (die sinsnede toe sê is heel frekwent): Toe sê hy vir my(:) (‘H)ierso sien jy hulle(.’) (T)oe sê ek vir hom(:) (‘J)a.(’) - in uitings met die veronderstelling van 'n vroeëre bespreking van die onderwerp of 'n bekende geleentheid, dus terugverwysend: En het Barry toe gisteraand gebel? Vervolgens word nagegaan watter funksies van Afr. toe ook in Nederlandse vertellings terug te vind is. Toen en sy wisselvorms - dikwels voorafgegaan deur en - duik op in 'n aantal transkripsies van die DialectencommissieGa naar voetnoot1 in Amsterdam van 1957 of vroeër (voortaan D), waar die gebruik daarvan uiteenloop van totale afwesigheid tot 'n feitlik deurlopende verbinding van proposisies. In 'n aantal bewustelik geskrewe dialektekste waarna ook gekyk word, is die gebruik van toen stilisties meer verantwoord. In wat blykbaar 'n volksrympie is (versverdeling van my, CJC) wat as aanhaling in D voorkom, deel toen so sterk in die kohesiewe funksie van en dat dit feitlik redundant geword het: ‘Was op een vastelavond
en 't was op een direnstijd
en toe roak'n ik an het ongeluk
en toe roak'n ik an de meid.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 71]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
En de meid die was lui en lekker
[geen enkele?] wou zij doen
en toe ging ze naer der stalletjien toe
en toe melk'n zij de koe. (D: Schokland, p. 6)
In die volgende uittreksels word slegs gekyk na die narratiewe optrede van die bywoord in verhale, anekdotes en insidente waarin toe(n) spaarsaam gebruik word, wat in elk geval die meeste geskrewe tekste geld. Die dialektekste uit Keyser (1951) (voortaan Tessel), Bomhof et al. (1976) (voortaan Gelderland) en Swanenberg (1993) (voortaan Brabant), waarna hieronder verwys word, val ook in hierdie kategorie. By vertellers wat toen spaarsaam gebruik, het dit meer funksioneel geword, en in enkele gevalle selfs 'n gesofistikeerde dramatiese middel. Waar toen - meestal in aansluiting by 'n eksplisiete verwysing na 'n punt of tydperk in die verlede - die beginpunt aandui van 'n verhaal of vertelling, gesien as 'n sekwens van koherente gebeurtenisse of insidente wat mekaar in die tyd opvolg, in teenstelling met beskrywende of spekulatiewe diskoers, signaleer dit veral die oorgang van nieverhalende tot verhalende diskoers. In terme van Labov (1972) se verhaalmodel is dit die oorgang van die oriënterende fase na (kompliserende) aksie of handeling. Vir 'n dialekspreker van Kampen markeer dit meermale die punt waarop hy oorgaan tot ‘vertellen’: Ie è mie efrogt in mien Kamper dialect ies wa ies wa te fetell'n. Now dat wi'k wel graag doen, voor uit da maar. Fleed'n weke toe kwam ik soabms... Die verhaalbegin gaan soms gepaard met volgordekortsluitings soos die volgende, moontlik met meervoudige relevering as doel: Toe saat Dirrek die saat: (D: Schokland, p. 1) In 'n enkele geval is die toe-aanset selfs ten koste van sintaktiese ontsporing - om naamlik die verhaal met 'n hoofsin te laat begin: Mar efein ie èf 't toch ien keer meëmoakt toe sat 'm een poart achternae. (in plaas van:... dat een paard hem nazat) (D: Schokland, p. 2) Heel dikwels markeer toe(n) - soms met 'n tempusoorgang na die historiese presens - 'n nuwe wending in die verhaal, selfs 'n gebeurtenis of die toetrede van 'n agens wat 'n sleutelrol gaan speel: Wej liep'n deur en toe komme we bei da gangetjien... D: Schokland, p. 1) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 72]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Too kwam Henneman op een dag in huus met iets in zien handtien. ‘Moetien, kiek is, mooi!’ (Gelderland, p. 64) Ton daalden d'n Héér af um de stad en d'n taorn, dee de mensen bouwden te bekieken. (Gelderland, p. 98) Toe word meermale geassosieer met emosionele momente in die relaas. Overdiep (1949: 600) beskryf die sinsinleidende toen (sonder en) in ‘Toen ben ik toch wel zoo nijdig geworden, ik zeg...’ as ‘zeer nadrukkelijk’. Die emotiewe aard van 'n onderonsie met die ‘pelisieagent Jan de Buffel’ blyk ook uit woordkeuse, die oorgang na die presens en herhalings: ... en toe komt verdomd een licht op ons af. ‘Deze woorden werden op verwijtenden toon uitgesproken door Gerbreg’ is toeligting wat volg op die volgende uitings: Ik seg: doe zien taat sturf wist je heel goed wat er in den jonge stak; doe wow jij mit geweld dat ie niet na 't weeshuus gaan sow; hij was jow den kost wel waard, zei je. (Tessel, p. 223-4) Nog 'n emotiewe assosiasie: Ik docht er me zo mit 'n grappie of te make, maar dot wos mis, want ik sag wel dat ie doe briekent [‘woedend’, aldus die woordelys] wier. (Tessel, p. 238) 'n Spesiale geval van die ‘nuwe wending’ is die ‘oomblik van waarheid’, die verwerwing van insig in waar dit in die verhaal eintlik om gaan - wat aansluit by Labov (1972) se fase van ‘evaluation’. Woorde en uitdrukkings soos denken, blijken, in de gaten krijgen, door de kop schieten, begrijpen, weten en zien is hier simptomaties van: Toe denk bej mesellef sagse, dat is gien goed warrek, die koater dat is de buurvrouw die tovet [tovert, CJC]... (D: Schokland, p. 4) 'n Verteller kan die verskillende sleutelelemente van sy relaas met toe markeer. In 'n Winterswijkse verhaal van Henk Krosenbrink, waarin reën skade | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 73]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
bring aan die hooi en die dood letterlik neerreën, word feitlik net die krisismomente met ton gemarkeer: ... ton heurn e ne doffen knal en ne zworte wolke spuiten weg. ... Ton veulen e de aerste dröppe al op de hand. ... In den karsenboom raern ne markolver. Ene kaere nog, heel hard. Ton tommeln e van den enen tak op den andern naor ondern hen... Ton kwammen de kranten, de radio, de tillevisie. (Gelderland, p. 89-93) In 'n verhaal uit Kampen oor 'n koei wat in 'n kerktoring opgehys is om gras wat daarop gegroei het, af te wei, word net die aanleiding, krisismomente en ‘oomblik van waarheid’ (vergelyk ontdekking) met toe gemarkeer: ... en dat stond onze olde wroede vaderen niks an det det grös der mar gruuj en niemand ad er waddan en toe kwam ie in de road mit feurstel umme een koe op te zett'n dan kon die dat ofweiden. ... en die koe was allefweg alf euchte van de toorn toe stak die koe de tong uut... En toej 'm boov'm op de dak add'n noa ja toe sagd'n [zakte, CJC] ie koe deur sien pootn hen en die lag ter. Wat is ter now gebeurd en toe kwam'n ze pas tot de ontdekking dettie koe netuurlek die die tow um de strot ad. (D: Kampen, p. 14) 'n Gespreksbeurtgerigte toepassing van die markering van hoofmomente is die kontrastiewe markering van verbale en nieverbale aksie en reaksie tussen die spreker en andere. In die volgende word die inset van die ander - sy maat Joapik en die geregsdienaar Jan de Buffel - in teenstelling met dié van die spreker, op die dramatiese hoogtepunt met toe gemarkeer:
'n Bekende televisieadvertensie is die prototipe van die markering van die hoogtepunt, dikwels tewens die slot, van 'n verhaal: ‘En toen was er koffie... van Douwe Egberts.’ Slegs die hoogtepunt van 'n staaltjie oor hoe 'n skoolmeester hom in sy eie hoenderhok toegetimmer het, word met toe gemarkeer: Mar toe 't neeg'n uur was kwamm'n de jonges weer bej de schole maar de meester was ter niet. De meester zat in 't kip'ok. (D: Kampen, p. 15) In 'n verhaal oor posduiwe, met slegs twee maal toe/doe, waar dit weer 'n onderwyser is wat vir die gek gehou word, markeer doe die klimaks aan die einde: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 74]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Doe barsde bie os de bom en enen davere lachsalve brook los. (D: Schinveld, p. 1) Vergelyk ons die gebruik van die Afr. bywoord toe met dialekties Ndl. toe(n), doe, to(o)(n), tow, ens., toon die materiaal wat ontleed is 'n hoë mate van ooreenstemming. Hulle suiwer temporele gebruik, ‘destyds, indertyd’ en ‘vervolgens, daarna’, stem ooreen. Narratologiese funksies, soos die markering van die oorgang van nieverhalende na verhalende diskoers, nu we wendings, spreekbeurte, verbale en nieverbale kontraste, hoogtepunte, emosionele momente, die verhaalslot, ens. stem ook grotendeels ooreen. Dit is dus duidelik dat die Afr. (en) toe...(en) toe-vertelstyl 'n Nederlandse herkoms het.
Randse Afrikaanse Universiteit Johannesburg | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings en afkortings
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 75]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|