Streven. Jaargang 77
(2010)– [tijdschrift] Streven [1991-]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 485]
| |||
Salomon J. Terreblanche
| |||
[pagina 486]
| |||
van 'n hoogs-ontwikkelde land uit te dra. Maar hiermee word die werklikheid van sosiale onreg en die agtergeblewenheid waarin so baie [veel] swart Suid-Afrikaners steeds vasgevang is, verdoesel. | |||
Vertoon en WerklikheidDie vertoon-element word op 'n opmerkbare wyse gesimboliseer in die argitektuur van die stadions wat vir die WB gebou is. Tien stadions sal gebruik word vir die aanbieding van die toernooi: die gerenoveerde Soccer City stadion in Johannesburg - wat gasheer sal speel vir die openings-wedstryd van die toernooi op 11 Junie, én waar die eindwedstryd op 11 Julie sal plaasvind - het 91.500 sitplekke; die Ellis Park Stadion (ook in Johannesburg, gasheer van die 1995 Rugby Wêreldbeker eindwedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Zeeland) het 61.000 sitplekke; Loftus Versveld in Pretoria/Tshwane het 50.000 sitplekke; die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg het 42.000 sitplekke; die Vrystaat-stadion in Bloemfontein/Mangaung het 45.000 sitplekke. Kaapstad, Durban en Port-Elizabeth spog ook elk met splintemuwe glansryke stadions: die Kaapstad-stadion het 68.000 sitplekke, die Moses Mabhida-stadion het 70.000 sitplekke en die Nelson Mandela Bay stadion kan 48.000 toeskouers huisves. Die volgende twee nuwe stadions sal ook gebruik word: die Peter Mokaba-stadion in Polokwane met 45.000 sitplekke, die Mbombela-stadion in Nelspruit met 46.000 sitplekke. Dit is opvallend dat die ontwerp van ses van die tien stadions - en vyf van die ses nuwe stadions - geskoei is op 'n argitektoniese beginsel van volkome simmetrieGa naar eind[1]: die twee paviljoene [tribunes] aan die langer sye van hierdie stadions lyk identies op mekaar, so ook die paviljoene aan die twee korter sye van die stadions, 'n Suggestie van 'n harmonieuse beeld was opvallend die dominerende argitektoniese oorweging in die ontwerp van die nuwe stadions. Vier van hierdie ses stadions vertoon ook 'n opvallende dekoratiewe versiering aan die buitekant: die Soccer City-stadion in Johannesburg spog met 'n blinkende buitekant, terwyl die ontwerp van die stadion lyk soos 'n Cabalash-pot ('n tipies Afrikaanse pot wat dikwels as ikoon van dié kontinent dien); die spoggerige nuwe Kaapstad-stadion lyk soos 'n vlieënde piering [UFO] na landing; 'n reuseboog troon bo die Moses Mabidha-stadion in Durban wat saamvloei met die vorme van die dak sodat dit lyk soos die Suid-Afrikaanse vlag; die eksterieur van die Nelson Mandela Bay-stadion in Port Elizabeth - wat direk langs die seë geleë is - lyk soos 'n reuse-seëskulp. Opmerklik aan die argitektuur van die stadions is dat dit 'n verfraaiing aan die buitekant vertoon. Hierdie soort verfraaiing van die arena is 'n veelvlakkige verskynsel en vorm inherent deel van die veelvlakkigheid van mega-gebeurtenisse. | |||
[pagina 487]
| |||
By wyse van argitektoniese innovasies word agting getoon vir die grootsheid van die toernooi. Maar hierdie verfraaiing van die uiterlike simboliseer ook die vertoonsug wat saamhang met hierdie soort gebeurtenis. Suid-Afrika loop 'n dun lyn. Die verkoop van hierdie verfraaide beeld aan die wéreld sou kwansuis die invloei van buitelandse beleggings en toeriste na Suid-Afrika lok. Maar hierdie soort verfraaiing van die oppervlak gaan gepaard met 'n element van risiko. Wanneer 'n mens van die intemasionale lughawens ry na die stadions met moderne padnetwerke en oor indrukwekkende brüe en die toringgeboue van Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad sien, dan het 'n mens volledig die indruk dat 'n mens nie in Afrika is nie, maar in een van die ryk Westerse lande. Ongelukkig is daar oppad van die lughawe in Kaapstad na die Kaapstad-stadion informele woongebiede wat so vervalle is dat dit 'n mens daaraan herinner dat 'n mens nie in Europa of die VSA is nie, maar wel in Afrika. Die vraag ontstaan of Suid-Afrika nie 'n te groot risiko loop met die te harmonieuse beeld wat na die buitewêreld uitgedra word nie. Die Suid-Afrikaanse regering en die organiseerders van die toernooi moet daarop bedag wees dat buitelandse joemaliste en televisie-spanne [ploegen] oral sal gaan rondsnuffel en die onderliggende onreg onder die vertoon en versiering van die oppervlak sal raaksien [opmerken]. | |||
Sport-euforie in Suid-Afrika sedert 1994Sedert die eerste demokratiese verkiesing en inswering van Nelson Mandela as eerste demokraties-verkose president van Suid-Afrika in 1994 bestaan daar 'n aantal opvallende tendense wat daartoe bygedra het dat die beeld van Suid-Afrika op die intemasionale verhoog [podium] ingrypend verander het. Seker die mees bemoedigende ontwikkeling sedert 1994 is die feit dat die politieke demokrasie voltrek is (na 1994 het ook nog drie demokratiese verkiesings plaasgevind: in 1999, 2004 en 2009). Die verhoudings tussen die blanke en swart inwoners van Suid-Afrika is sedert 1994 besig om geleidelik te verbeter. Groter rasse-integrasie by die jeug is merkbaar in die onderwys en universiteits-sektore; die middel- en bolaag van die swart bevolking betree ook in 'n toenemende mate die ontwikkelde arbeidsmark. 'n Gevoel van nasionale trots en eenheid het sedert 1994 posgevat waarmee alle Suid-Afrikaanse landsburgers en verskillende demografiese groeperinge kan identifiseer. Die sukses van Suid-Afrikaanse sportspanne het 'n sleutelrol in hierdie verband gespeel. Rugby en krieket is sportsoorte wat tydens die apartheidsjare veral populêr was onder blanke Suid-Afrikaners, terwyl sokker veral in swart geledere populêr was. Die sukses van Suid-Afrika se verteenwoordigende spanne in veral | |||
[pagina 488]
| |||
hierdie sportsoorte het sedert 1994 die demografie van sportbelang-stelling binne Suid-Afrika laat verander en ook 'n gevoel van nasionale eenheid geskep. Die verowering van die African Cup of Nations in 1996 deur Bafana Bafana (die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan) op tuisbodem het belangstelling in dié sport laat opbloei tussen die blanke inwoners van Suid-Afrika. Net so het die Springbokke (die nasionale rugbyspan) se oorwinning in die 1995 Rugby Wêreldbeker (eweneens op tuisbodem) die belangstelling in rugby onder die swart inwoners dramaties laat toeneem. Hierdie twee herinneringswaardige sportgebeure het 'n (bykans naïewe) gees van nasionale optimisme en euforie rondom die koms van Suid-Afrika se politieke demokrasie laat posvat. Tydens die eindwedstryd van die Rugby Wêreldbeker op 24 Junie 1995 op Ellis Park het Nelson Mandela met 'n verrassende én invloedryke simboliese gebaar na vore gekom. Meer as 60.000 (oorwegend blanke) toeskouers op Ellis Park - asook miljoene rugby-geesdriftiges uit alle uithoeke van die sportwêreld wat die gebeure oor televisie gevolg het - het toegekyk toe Suid-Afrika se eerste swart president ('n eertydse politieke-gevangene van die apartheids-regime) kort voor die aanvang van die wedstryd nonchalant met 'n groen-en-goud Springbok-rugbytrui (die amptelike drag van die nasionale rugbyspan) op die veld verskyn het om die spelers van Suid-Afrika en Nieu-Zeeland sterkte vir die eindwedstryd toe te wens. Agter op die trui wat Mandela gedra het was 'n groot nommer-6 wat daardie dag ook die nommer van die Suid-Afrika se rugby-kaptein, Fran<;ois Pienaar, was. Kort na afloop van die wedstryd het Mandela, steeds in sy Springbok-rugbytrui geklee, weer op die veld verskyn - hierdie keer om die Rugby Wêreldbeker-trofee saam met sy jubelende en triomferende Springbok-‘spanmaats’ om hoog te hou. (Suid-Afrika het Nieu-Zeeland - wat vooraf as die oorweldigende gunsteling beskou is om die eindwedstryd te wen [winnen] - op dramatiese wyse met 15-12 na ekstra speeltyd verslaan.) Die epiese moment uit Suid-Afrika se sportgeskiedenis het emblematies geword van die reuse-bydrae wat sport kan lewer tot nasiebou in 'n voorheen erg verdeelde land, 'n Film oor hierdie gebeure, getiteld Invictus, deur Clint Eastwood, wat vroeër in die patriotiese sportfilm Million Dollar Baby (2004) gemaak het, is onlangs vrygestel [uitgebracht] en blyk groot intemasionale populariteit te geniet. Sowel die rolprent as die hoofrolspeler (Morgan Freeman, wat Nelson Mandela se rol vertolk het) was in 2010 vir Oscars genomineer. Kortom: waar Suid-Afrika voor 1994 die las moes dra om as die muishond van die wéreld gesien te word, het Suid-Afrika na 1994 'n soort bakermat vir ikoniese verhale in die wêreldpolitiek en in wêreldsport geword. | |||
[pagina 489]
| |||
Die Wereldbeker en Structurele Onreg in Suid-AfrikaOp politieke en simboliese vlak is apartheid afgeskaf, en apartheid se nalatenskap op die rasseverhouding tussen die inwoners van die land is gaandeweg besig om te vervaag. Dit is egter op ekonomiese vlak waar apartheid steeds bly voortleef, en sy nalatenskap op akute wyse voelbaar en sigbaar bly. Statistieke onderstreep die feit dat die vestiging van 'n politieke demokrasie die skerp ekonomiese ongelykhede nie uit die weg kon ruim nie. Die boonste 20% van die bevolking in Suid-Afrika - waarvan 6,2 miljoen swart, en 3,8 miljoen blank is - ontvang so veel as 74% van die totale inkome. Die armste 50% - wat bykans almal Afrikane is - ontvang so weinig as 8,5% van die totale inkome in Suid-Afrika. Die ekonomiese beleid van die ANC-regering het die strukturele onreg wat tydens die apartheidsjare geskep is, laat voortleef. Eerder as om te bou aan 'n versterkte welvaart-sektor ter wille van die armste 25 miljoen, het die demokraties verkose regering sedert 1994 ingekoop by die liberaal-demokratiese vryemark-georiënteerde beleid van die VSA - die Washington-konsensus is op Suid-Afrika van toepassing gemaak. Die gevolg van hierdie beleid was dat ongelykhede verder gegroei het. Hierdie beleid was ook instrumenteel daarin om 'n swart middelklas van meer as ses miljoen mense te skep. Dit is hierdie swart middelklas wat baie [heel] gretig was dat Suid-Afrika die WB moet aanbied. Hulle hoop dat die geleentheid hulle nog ryker sal laat word. Dit gaan nog lank duur alvorens die strukturele nalatenskap van apartheid uitgeroei, of allermins verlig, gaan word. Teen hierdie agtergrond word 'n mens genoop om ook 'n aantal kritiese vrae te stel rondom Suid-Afrika se aanbieding van die 2010 WB-toemooi. Gegee die feit dat Suid-Afrika nog in die greep van ongelykheid en strukturele onreg vasgevang is kan 'n mens tereg vra of die aanbieding van die toernooi - ekonomies én moreel gesien - geregverdig is? Dit is wel waar dat die aanbied van die toernooi die Suid-Afrikaanse ekonomie sal stimuleer. Maar dit is eweseer waar dat die aanbied van die toernooi Suid-Afrika tot 'n groter mate by die globale ekonomie van die ryk Noorde gaan inskakel en Suid-Afrika onderworpe gaan maak aan die streng reëls van die Washington-konsensus. Dit sal meebring sal Suid-Afrika 'n deel van sy ekonomiese onafhanklikhied gaan prysgee. Biljoene is bestee op die oprigting van blink stadions, verbeterde lughawens en 'n opgeknapte openbare-infrastruktuur. Na beraming sal die totale uitgawes op die aanbieding van die toernooi sewe biljoen Amerikaanse dollar bedrae. Die voorstanders van die toernooi voer aan dat hierdie belegging in die verbetering van Suid-Afrika se infrastruktuur, tesame met die verhoogde intemasionale publisiteit wat die WB aan Suid-Afrika sal bied, toeriste en buitelandse kapitaal na Suid-Afrika sal lok. | |||
[pagina 490]
| |||
Die hoop bestaan dat die WB in Suid-Afrika die populariteit van sokker in Afrika sal laat toeneem, en ook 'n bydrae sal lewer om die gevoel van nasionale eenheid binne Suid-Afrika te bevorder. Oor die afgelope sestien jaar het die wéreld in toenemende mate na Suid-Afrika begin kyk as 'n land waarin daar op unieke wyses met rasse-problematiek geworstel word, en unieke oplossings gevind word om versoening tussen diverse bevolkingsroepe te bewerkstellig. Sokker is 'n spel wat die onvoorspelbaarheid van menslike geskiedenis simboliseer, en dit is moontlik dat die WB vir Suid-Afrika die geleentheid sal bied om die wéreld te verras en nogmaals te verrras in sy vermoë om diversiteit te akkomodeer en te verwelkom. Na verwagting sal 500.000 buitelanders - heelwat daarvan uit Afrika-Suid-Afrika tydens die toernooi binnestroom. Waar die wéreld se totale bevolking byna sewe biljoen is, gaan daar na beraming meer as dertig biljoen kykers kumulatief op televisie-uitsendings inskakel om na die WB toernooi te kyk. Hierdie publisiteit skep 'n geweldige geleentheid vir Afrika en Suid-Afrika. Die skeptici, daarenteen, voer aan dat die belegging in die verbetering van luukse infrastruktuur weinig - indien enige - betekenis sal hé om die lewenslot van die armes in Suid-Afrika te verlig, 'n Mens kan tereg vra of die biljoene wat aan stadions en dies meer bestee is, nie veel eerder aan armoede verligting, behuising in arm woonbuurte en verbeterde mediese dienste bestee moes gewees het nie. Ons sal waarskynlik eers oor twee decennia - met die wysheid van nabetragting - kan oordeel oor of die reusagtige fiskale belegging wat in Suid-Afrika se aanbieding van die toernooi gemaak is, geregverdig was al dan nie. Voorts word die kritiek geopper dat die organiseerders van die toernooi én die Suid-Afrikaanse regering in gebreke gebly het om 'n oorredende en geloofwaardige kulturele narratief te ontwikkel omtrent die betekenis van die toernooi. Die beperkte narratief wat wel ontwikkel is naamlik die hoogs-ontwikkelde beeld van Afrika en Suid-Afrika wat aan die wéreld voorgehou word - is 'n narratief wat ingeskakel bly by die logika van globale kapitalisme. Skeptici waarsku teen die moontlikheid dat die spog-stadions wat vir die toernooi gebou is uiteindelik niks anders gaan simboliseer as die narratief van 'n simboliese leegte nie. | |||
Suid-Afrika en Afrika in Globale PerspektiefDie aanbieding van FIFA se Sokker WB deur 'n land in Afrika is in vele opsigte 'n beduidende gebeure vir wêreldsport. Statistieke onderstreep Afrika se gemarginaliseerde posisie in die 21ste eeuse wéreld: Afrika se bevolking was in 2003 14% van die wêreldbevolking, maar sy aandeel | |||
[pagina 491]
| |||
in die Wéreld Bruto Binnelandse Produk (WBBP) was slegs 3,2%. Latyns-Amerika se aandeel in die WBBP was 7,7% en Asië (Japan uitgesluit) sin was 34%. Afrika is by verre die armste kontinent in die arm Suide. Voorts was Afrika se per capita inkome as persentasie van die per capita inkome van die ryk Noorde in 2003 slegs 6,6%, terwyl Latyns-Amerika sin 24,8% was en Asië (Japan uitgesluit) sin 16,4% was. Die arm Suide se per capita inkome as 'n persentasie van die per capita inkome van ryk Noorde was in 2003 slegs 16,3%. Dit is vandag waarskynlik so ongeveer 25%. In die ryk Noorde woon slegs 14% van die wêreldbevolking en hulle bydrae tot die WBBP was 50% in 2003. In die arm Suide woon 86% van die wêreldbevolking en hulle bydrae tot die WBBP was in 2003 ook 50% (vergelyk Maddison 2007: Statistical Appendix A). Die vraag ontstaan of die WB 'n betekenisvolle bydrae sal maak om die ongelykhede in Suid-Afrika uit die weg te ruim, en om die groot ongelykhede tussen Afrika en die ryk Noorde kleiner te maak. Die tergende vraag kom by 'n mens op of Afrika nie baie meer ontwikkelingshulp van die ryk Noorde behoort te kry nie eerder as die voorreg om die Sokker WB aan te bied. Voorts moet 'n aantal vraagtekens gestel word by die wyse waarop die teenwoordigheid van die Afrika-motief - waarvan daar groot gewag gemaak is in Suid-Afrika se aanvanklike bod om die toernooi aan te bied - moontlik tot die dekoratiewe pereferie van die toernooi beperk sal word. Die feit dat die gebruik van Vuvuzela's ('n tipies Afrikaanse stadion blaas-horing wat tradisioneel by sokker-wedstryde in Suid-Afrika gebruik word) by WB-wedstryde toegelaat sal word, die teenwoordigheid van Afrika-straatmarkte buite stadions, en die Afrika-liedere wat tydens wedstryde gesing gaan word sal 'n Afrika-inkleding en karakter aan die toernooi verleen. Die Afrika-tema sal waarskynlik ook sentraal aangebied word in die openings-seremonie op 10 Junie. Dit is egter moontlik dat die dekoratiewe teenwoordigheid van hierdie Afrika-motiewe deurgaans onderdanig sal wees aan die Eerste-Wêreld vertoonsug en die kapitalistiese marklogika waarby die voorbereiding van die toernooi op organisatoriese vlak ingeskakel geraak het. | |||
Die Wêreldbeker as Mededinging tussen Nasiestate van die Noorde en SuideOns leef in 'n geglobaliseerde wéreld. Vanweë die verstommende vooruitgang in kommunikasie- en vervoerstelsels, is die globale wéreld ‘verklein’ tot 'n ‘globale dorpie’. Die twee belangrikste sportgebeurtenisse op die globale agenda is die vierjaarlikse Olimpiese spele en die vierjaarlikse Sokker WB. Terwyl dit by die Olimpiese spele hoofsaaklik gaan oor individuele prestasie, gaan dit by die WB volledig oor mededinging | |||
[pagina 492]
| |||
tussen nasionale spanne. Elkeen van die twee-en-dertig spanne wat aan die WB gaan deelneem, verteenwoordig 'n soewereine en onafhanklike land. Dit is nie net twee-en-dertig lande wat meeding nie, maar twee-en-dertig nasies. Elke span verteenwoordig die nasionale belang, die nasionale aspirasies en die nasionale trots van die betrokke lande. Dit is juis hierdie nasionale (of nasionalistiese) mededinging wat die verbeelding van so baie mense in die WB as 'n globale mega-gebeurtenis aangryp. Nasionalisme is 'n verskynsel wat na die Franse Revolusie in Europese nasiestate na vore getree het. In die veertig jaar vóór die Eerste Wêreldoorlog het nasionalisme hopeloos te hoog opgevlam in Europese lande. Dit is hierdie soort nasionalisme wat aanleiding gegee het tot die twee wêreldoorloë. Oor die afgelope sewentig jaar is nasionalisme getem en het sport-mededinging 'n belangrike terrein geword waar gesonde nasionalisme kan opvlam sonder dat dit in geweld ontaard. (In die sokker-wedstryde om die Europa-beker, dreig nasionale gevoelens soms om hand uit te ruk. Dit moet betreur word.) 'n Besondere kenmerk van die Sokker WB is dat lande uit die ryk Noorde en lande uit die arm Suide die geleentheid kry om op 'n gelyke speelveld met mekaar mee te ding. Vir die lande uit die Suide het dit 'n baie spesiale betekenis. Hierdie lande moet in die globale ekonomie op 'n baie ongelyke speelveld meeding met die lande uit die Noorde wat baie meer geïndustrialiseerd is en baie meer kapitaalkragtig as die lande in die Suide is. Oor die afgelope dertig jaar was lande in die arm Suide dikwels aan die verloorkant in die Amerikaans geleide neoliberale globale kapitalisme - veral vanweë die manier waarop transnasionale korporasie uit die Noorde in die Suide opereer. Soos hierbo aangetoon, is die per capita inkome van lande in die Suide maar slegs sowat een kwart van die per capita-inkome van die lande in die Noorde. Oor die afgelope dertig jaar het die intemasionale verdeling van inkome tussen die ryk Noorde en die arm Suide effens gelyker verdeel geraak, maar die binnelandse verdeling van inkome het in alle lande van die wéreld - in die Noorde en die Suide - baie ongelyker verdeel geraak in die tydperk van die neoliberale globale kapitalisme (vergelyk Cornia 2004). Die lande van die Noorde besef waarskynlik nie hoe 'n groot voorreg dit vir lande uit die Suide is om op 'n gelyke speelveld teen lande uit die Noorde in die WB te kan meeding nie. Dit is nie net die nasionale trots van lande uit die Suide wat hier op die spel is nie. Dit is ook 'n anti-koloniale gevoel en 'n anti-Noorde gevoel wat tot uiting kom in WB-wedstryde. (Bykans al die lande in die Suide was oor die afgelope 500 jaar 'n kolonie van een van die lande in die Noorde.) Vanweë die kolo- | |||
[pagina 493]
| |||
niale verlede van die lande in die Suide én vanweë hulle groot ekonomiese agterstand vis-a-vis die lande in die Noorde, ervaar die lande uit die Suide 'n oorwinning oor lande uit die Noorde as 'n besondere prestasie. Suid-Afrika is 'n land in die arm Suide en was lank 'n kolonie van Nederland (eintlik van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie of VOC) en ook 'n kolonie van Brittanje. Dit sal nogal gepas wees as een van die oud-koloniale lande in die Suide, die WB in Suid-Afrika kan wen. Dit sal soveel te meer gepas wees as 'n relatief arm en oud-koloniale land uit Afrika die WB op Afrika grondgebied kan wen. Lande in Afrika se per capita-inkome is minder as een-tiende van die per capita-inkome van lande in die Noorde. Hopelik sal die WB in Suid-Afrika opnuut die aandag vestig op hoe ‘skeef’, hoe ongelyk en hoe onregverdig die ‘globale dorpie’ - waarin, soos vermeld, byna sewe biljoen mense woon - georganiseerd geraak het. | |||
Bibliografie
|
|