| |
| |
| |
Breyten | Land-verder-as-alle-lande
Kennis van die heilige van galg-aas
van maan het ek met jou gepraat
van maan en bloed en siekte
van ons wat blind oor die boeg tuur -
weg van die gekraakte klokke se gebons
en vrugte met dons aan die wange spog -
vlugtelinge van die liefde:
asiel! asiel vir ons liefde!
jy so naak, so weerloos, onteer
net téén die nag kon ek niks vermag nie
en ‘alle maan is vreeslik en elke son bitter’
al lê die berge nog so blou;
ek het van woorde 'n mantel probeer weef
teen die koue te beskerm,
ek het van woorde'n bril probeer maak
die heuwels is galge vir wolke
soos die woordbos'n galg is
waaraan die sin haar moet walg
en elke aand kom die nag weer: ver
| |
| |
góói die steunuil die steen
van sy stem en die maan val bewusteloos
op haar gesig in die water...
my vreugde was van heuning
iets van roos van rooi van jou
van die koningin van hartens
die vlekke donker van 'n te intieme verlange
by die weerklank van 'n eggo binne 'n sel:
my vreugde was 'n helder hel
oor braaklande het voëls moes swerm
en daar was niks te aas nie
maar ek sal van jou droom
met my tónglus om die hals
en jou altyd weer waarsku
as melaatse leeus uit die skemerte kom
om kermend aan die bloed op die water te lek
want al is my vlug omskrewe -
dan mag ek jou nog liefhê -
soos'n klank hang aan die klok
| |
| |
| |
Tronkvoël
ek is 'n nagvoël op reis na jou
oor die betekenisse van kuddes koeie
die ervarings van nagtelikse seisoene
as skoelappervryhede uit larwestate breek
verby die herinneringe aan geheime
stigmatas van die artisjok
en die ywerige groei van plase pampelmoes
ek is die nagvoël op reis na my jou
ek kom oor gisters en baie lande
gedra in die driftige draf van die honger roofdier
in die waaierende vlug van skugtere duiwe
as hul wegskram voor die son
gesink in die blou kraainesoë van matrose
verweef in die skemer trein se bitter lyf
as die nag deur bene fluit
met al my kaarte sonder paaie
sonder geskenke of die mooi van rooi vere
maar my asem lank en rooidiep van verlange
| |
| |
| |
Toeareg
onder koel tente van die Sahara
het ek jou met skamel saad
neem weer van my armoede -
neem nog van die verkwikking en koeltes
onder vlerke van die Sahara,
neem weer van my stil maar vloeibare vlees
want dis nog so ver na die purper
na peerpriële van sterre;
gevang in sy trillende rakke lig,
onder koel tente van die Sahara
haar bleek weerspieëlings poeier
oor wynswart blaar en die peer
hoe skynwit leeus in die sneeu rol
| |
| |
| |
Witberg
net my oë pas hul nooit weer aan -
bly tas na die witterigheid van Alpynse bergreekse,
lê loer na skuim op die see se lippe,
verlang na die vertroosting
my oë soek hul sien, soek jou
twee vertrekke sonder huisraad
met die vensters spieëls vol mis,
want blind kom streel my vingertoppe
oor die wit koppe diep in my
en om die voorheuwels vloei 'n skuimsee,
teen die hellings sing die pagters,
op die pieke smul die engele
en in die bloedlose slaapkamers van my oë
lê jy nakend in die sneeu
| |
| |
| |
Tiberius se grot digby Sperlonga in Latium
Tiberius - Romein en Keiser
het hier, omring deur fraai kunswerke
sy somervakansies op sy jis gesit
in sale uit die berg gekap
Hier is daar gefuif, gerinkink,
is meer as een transaksie beklink
terwyl buite Romeine, Onderdane
in die middaghitte sit en stink
klein en bruin soos drolle
Sy gekerkerde oog kon seer sekerlik wei
oor 'n geordende wêreld -
oor mure en dyke in die water
waaragter vis en reptiel geteel
vir die verhemelte of bloot
en verder, hoe oor die glasgroen weiland
sý bote op lang spane loop
Sodat hy aandliks - wanneer die rooi god
agter die kaap 'n rooi toga in die branders laat -
in geselskap en pretensie van vetgat-senatore
welgeluksalig die volumes van sy blanke liggaam
in die staande varswater van sy marmerswembad kon waad
| |
| |
| |
Please don't feed the animals
ek sluip uit die oerbos van mites
en staan geroepe en vasberade
van hierdie chaotiese kontinent
regverdigheid is nooit maklik
ek grawe die oog uit die nag
die skande van nonwhite inheemsheid
son en liefde word geweer
my white badge of courage
ek ken my Saterdag en my Sondag
| |
| |
ek kom met my Saracens vol beskawing
met my stralers vol vooruitgang
en tem die natural resources
ek suig die olie uit die aarde
en bou latrines op die maan
ek lei my blinde Teutoniese God
deur die heidense duisternis
enkele verklaringen: saracens - door de politie tijdens onlusten gebruikte pantserwagens; stralers - jets; jol - om te dansen, een partijtje te houden
|
|