Tine Balder.
sent te kan praat nie. Nou nog, na twaalf jaar, het Tine 'n sweem van vreemde uitspraak in haar Afrikaans, maar dit hinder allermins. In 1965, toe sy die
Elektra vir Truk kom speel het en ook die daaropvolgende jaar, toe sy Elisabeth in Sukovs se
Don C
arlos vertolk het, was Vlaams nog sterk in haar tongval.
Dié twee rolle sal egter vir baie mense wat die Suid-Afrikaanse loopbaan van Tine Balder gevolg het, in die voorste ry van haar groot prestasies staan. Elektra is opgevoer onder spelleiding van die Griekse meester-regisseur Costis Michaelides. Dit is in Afrikaans gespeel, hoewel Michaelides g'n woord daarvan geken het nie (en baie min Engels!). En hier het ons Tine leer ken as die gedissiplineerde klassieke aktrise, tegnies voortreflik, elke beweging, elke gebaar korrek - en tog met warm bloed in haar are. Michaelides self het erken dat sy land maar min kunstenaars van die omvang van Balder kan lewer.
Fred Engelen het Don Carlos afgerig en self die naamrol teenoor sy eggenote gespeel. Sy Afrikaans was altyd Vlaams gekleur, maar toe dié twee Belge in die grootse Schiller-rolle 'n kragtige, murg-en-bloed vertolking kon gee (met Jo Gevers in die prinsrol), kon die gehoor onder die besef gebring word van afgeronde spel met deeglike onderleg wat aan hul voorgedra is. Niemand het hul toe gesteur aan die onafrikaanse aksent nie; die ‘koningsdrietal’ het alte ‘adelik’ geklink!
Vir Kruik het Tine Balder in sewe produksies opgetree, waaronder in Schiller se Maria Stuart, waarin sy ook die Elizabeth-rol behartig het.
Prof. Engelen is op 3 Desember 1966 in die buiteland oorlede. Sy weduwee het by die Universiteit van Stellenbosch aangebly en voortgegaan met haar werk as lektrise.
In 1968 het die vloerligte en grimeerverf egter te sterk geroep en het sy besluit om voltyds aktrise te word. Sy het 'n uitnodiging aanvaar om by Truk se Toneelafdeling aan te sluit. Hier het sy in 'n lang reeks stukke opgetree, sommige waarvan in bitter klein rolletjies.
Maar dit is nou een aspek van die samestelling van dié kunstenaar: of sy nou in 'n ondergeskikte rol soos in P.G. du Plessis se Siener in die Suburbs speel of in 'n hoofrol soos dié van Mary Cavan Tyrone in Eugene O'Neill se Lang Dagreis na die Nag, verleen sy aan elk van hulle dieselfde mate van deeglike afronding.
Want dit is haar erns, haar roeping.
Haar rolletjie van die goedige tante in Ample is net so netjies versorg as haar Julia in André P. Brink se Elders Mooiweer en Warm of haar Moeder in Andorra.
Die toneelkuns is vlugtig en die toneelganger kan sommige groot vertolkings net so maklik vergeet as wat hy deur die jare heen oor ander kan romantiseer en aanlas. Vir my, egter, sal Tine Balder se redelik onlangse besetting van die naamrol in Bartho Smit se Christine seker die