Hulde aan Irma Stern.
Onder bogenoemde titel het die Rembrandt van Rijn Kunsstigting, wat deur 'n bekende tabakmaatschappy geborg word, Suid-Afrikaanse kunsliefhebbers 'n uitstalling aangebied van die werke van die onlangs gestorwe kunstenares. Irma Stern, wat deur baie as een van die belangrikste Suid-Afrikaanse kunstenaars beskou word, was ook buite Suid-Afrika goed bekend en 38 van haar meer as 100 eenman uitstallings is in Europa gehou. (Zie artikel in O.E., september '67) Die uitstalling van vyftig skilderye en 8 beeldhouwerke is saamgestel uit die besit van verskillende versamelings in Suid-Afrika en verteenwoordig die keur uit haar oeuvre van ongeveer 2,500 werke.
John Willemse