handig. Die oorhandiging het plaasgevind in teenwoordigheid van die Belgiese Kulturele Kommissie, wat Suid-Afrika in verband met die Belgies-Suid-Afrikaanse Kultuurverdrag besoek het.
'n Soortgelyke skenking is deur die Nederlandse Departement van Onderwys gemaak en sal ook binnekort oorhandig word. Dit is 'n voorwaarde van albei skenkings dat die stukke vir alle belanghebbende navorsers in Suid-Afrika toeganklik moet wees.
Die Mikrofisches is op versoek van die Vyfde Conferentie der Nederlandse Letteren, wat gedurende 1955 te Antwerpen gehou is, deur die Koninklike Biblioteke te Brussel en Den Haag in medewerking met verskeie ander biblioteke en met finansiële steun van sowel die Belgiese as Nederlandse regerings vervaardig.
In albei lande is volledige stelle aan vyf wetenskaplike biblioteke verskaf. Die stel wat tans by die Universiteit van Suid-Afrika is, is die enigste buiten Nederland en België.
By die offisiële oorhandiging het die Belgiese Ambassadeur onder andere gesê:
‘Als er, hier te lande, een Universiteit is, waar de studie van het Middelnederlands intensief beoefend wordt, dan is het wel aan de Universiteit van Zuid-Afrika in het departement van Professor H.J.J.M. van der Merwe, waarbij ook landgenoot Prof. Wilfried De Pauw aktief betrokken is...
Het is me nog niet dikwijls overkomen, tijdens mijn loopbaan, dat ik een bijdrage aan een Universiteit mocht overhandigen, die zo klein is in volume doch evenwel een kultuurschat van oneindige waarde vertegenwoordigt.’
John Willemse