woesterny ingevaar in haar soektog na die skilderagtige tonele en die kleurryke inboorlinge wat in hierdie ongerepte natuurschoon 'n bestaan gevoer het. Hierdie reise in die Kongo, aan die ooskus van Afrika in Zanzibar, tot by Dakar en Tunisië, het uitdrukking gevind in talryke eksotiese olieverfskilderye en tekeninge wat vandag as een van die belangrikste dele van haar nalatenskap beskou word. Hierby sluit ook aan die twee reisboeke Congo en Zanzibar, waarin sy van die verskillende volksstamme vertel. Beide hierdie boeke is ryklik geïllustreer met afdrukke van haar skilderye en tekeninge.
Haar reise was egter nie beperk tot die vasteland van Afrika nie; sy het telkens ook die suidelike Europese lande besoek, veral Spanje, Italië en die Franse Riviera. Op haar doeke verskyn daar pragtige, kleurvolle landskapstonele asook vertolkings van die mense wat sy in die verskillende landsdele teëgekom het. Na 'n besoek aan Madeira in 1965