Lust en Gratie. Jaargang 10(1993)– [tijdschrift] Lust en Gratie– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 137] [p. 137] Wijsheid • Emily Dickinson Emily Dickinson Haar wete, ons vir ons gepuur uit pyn, kon sy nie opweeg teen die wysheid wat verhandelbaar en goedkoop is en glad: later het sy nie meer op straat verskyn. Die jare het niks van buite af ingebring; die smal, intense liefde van 'n vrou waarvoor geen afset was het sy behou: wonder, verlatenheid en duiseling. Haar eensaamheid was geen verskansing maar in stygende stoutmoedigheid 'n swewe om deur die raamwerk van die heelal te staar; deur donker skagte het sy afgedaal tot diepverborge bronne om die lewe kristalsgewyse, helder, op te haal. Elisabeth Eybers Vorige Volgende