De Gids. Jaargang 120(1957)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 99] [p. 99] José-Maria de Heredia Die dood van die arend Wanneer die wiekslag van die arend, hoog bo ewige sneeu, na dunner lug hom dryf, verskerp die son se naderende skyf die glinsteringe van sy somber oog. Sy longe drink 'n sprankelvloed. Hy beur opwaarts in trotse, onversteurbre vlug tot waar die storm hom tart. 'n Bliksemskig skiet uit die blou verskroeiend op hom neer. Sy laaste teug is louter vlam. Onaards weerklink 'n onheilskreet. Die draaikolk sleur hom, kringend en verskrompel, afgrondwaarts. Gelukkig hìj wat so verblindend snel, van drome dronk, vir Vryheid of vir Eer, plotsling in volle krag word neergevel! (Vert. Elisabeth Eybers) Vorige Volgende