De Gids. Jaargang 120(1957)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 98] [p. 98] José-Maria de Heredia Die veroweraars Soos aasvoëls styg uit walging vir die nes, swerfsiek, hooghartig, sat van die ellende van huis en haard, het aanvoerders en bende gekoers uit Palos na die droomgewes. Die faam van Cipangó lok hul, belus op geelryp erts wat in sy bodem skuil; die fel passaatwind laat die seile puil na die verborge Awendland se kus. Snags in die Trope word hul heldedroom deur glansende visioene aangevul, opgeefsels van die vreemde fosforsoom; Of, as hul oor die blank karveelboeg buig, betower deur die horison, merk hul hoe nuwe sterre uit die see opstyg. (Vert. Elisabeth Eybers) Vorige Volgende