De Gids. Jaargang 120(1957)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 97] [p. 97] José-Maria de Heredia Aan 'n seëvierende veldheer Versier met beeldhouwerk jou erepoort: barbarehoofde krom onder die juk, skeepsnawels, wapentuig ru afgeruk, die slawestoet met al wat daarbij hoort. Geteel in krot of keiserlike saal, laat elke eerbetoon wat jou mag tref gebeitel word in lyswerk en reliëf vóór die vergetelheid jou agterhaal. 'n Klimoprank kan 'n gedenksteen splyt; die Tyd swaai onversoend sy sens. Hoe sal jou rugbaarheid gestut word teen verval? As skerwe van die blinkwit blokke wyd verstrooi lê waar die gras jou roem versteek sal hulle dalk 'n boer se sekel breek. (Vert. Elisabeth Eybers) Vorige Volgende