De Gids. Jaargang 120(1957)– [tijdschrift] Gids, De– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 96] [p. 96] José-Maria de Heredia (Frankrijk) Die koraalrif Die ondersese son wat heimlik gloei verlig die dieptewoude van koraal waar diere bloedloos en blomvormig straal en plante deur die louwarm holtes roei. See-egel, langhaarwier, mos, anemoon, alles wat broom- en jodiumtinte sprei oor kronkelige sterkoraal, herlei die vloer tot dofpers, weelderige patroon. Sy skubbekleed se blink glasuur geblus, vaar deur die takke 'n vorstelike vis. In die deursigtige skadu dryf hij traag; dan, met 'n vonkelende vinslag, stuur hij plotseling deur die kristal asuur rillings van perlemoer, goud en smarag. (Vert. Elisabeth Eybers) Vorige Volgende