| |
| |
| |
Hoofstuk XIX.
Genadendal - Dr. Kleiner.
So gaan dit in die wêreld! As iemand in 'n skuit op die hobbelrige oseaan sit, wil hy uitspring om beter te gaan soek, en kom dan in die onpeilbare diepte te lande, alwaar hy spoedig verslinde word. So ook met Platjie se ouers, wat dit goed had, maar nie juis soos hul dit wou gehad het nie; nou het Platjie al sy vee verloor en die twee ou volk lê ses voet diep onder die grond. Uit mismoedigheid het Platjie van plaas tot plaas gaan werk totdat hy eindelik in Genadendal te lande gekom het.
Genadendal is die oudste Hotnot Sendelingstasie in Suidafrika. Dit is deur die Moraviese Broeders (die Hernhutters) aangeleg. Die mense het hul somaar kortweg die Hernuters genoem. So hoor ons nog dikwels van Hernuterse messe praat. Die betekenis van die naam is: die Herders van die Here; van die Duitse woorde: Herr = Heer, en Hüter = Herder.
Deur Platjie se lewendigheid en sy fluksheid het hy soveel base kan kry as hy maar wou hê. Hy het egter
| |
| |
nie veel van rondtrek gehou nie, maar darem ook nie die noodsaaklikheid gesien waarom hy hom by een baas sal doodwerk nie.
Spoedig was hy in die diens van die Sendeling, wat nogal veel van Platjie se kakkerlakstreke gehou het. Die Sendeling kry Platjie om 'n aandklas by te woon. Ofskoon hy al sowat sestien of sewentien jaar oud was, het hy snelle vordering gemaak, spoedig kan lees, en deur hy met die Duitse kinders gespeel het, het hy spoedig die Duitse taal opgetel en later net flink kan Duits praat.
Uit Europa is toentertyd 'n seker Dr. Kleiner deur wetenskappelike genootskappe na Suidafrika gestuur om ondersoek na die gewoontes en kunste van die Hotnots, Boesmans en Korannas in te stel en om dan daaroor 'n rapport uit te bring. Die dokter had dus geld om oor te beskik. Aan die Paarl laat hy vir hom 'n gerieflike reiswa maak. Onderwyl aan die wa gewerk word, het Dr. Kleiner 'n besoek aan Genadendal afgelê om daar informasie aangaande die Hotnots in te win.
Hy was 'n geleerde man en as sodanig het die geleerde genootskappe hom uitgekies. Hy het die Europese tale goed geken, maar kon hom nie bra uitdruk en laat verstaan in die Afrikaanse taal nie. Ook had hy hoegenaamd geen kennis van die Hotnot, Boesman en Korannatale nie. Maar hiervoor kon planne beraam worde.
By Genadendal had hy veel omtrent die oudhede
| |
| |
van die nasies aan die Sendelinge mee te deel. Hulle weer van hulle sy, kon aan hom veel omtrent die teenswoordige toestande en tradiesies van die Hotnots vertel. Dit was genoeglike dae van wetenskappelike voedsel vir al twee partye.
Intussen het Dr. Kleiner kennis met Platjie gemaak en was nogal heel diep geïnteresseerd in sy doen en late, want Platjie had die Hotnottaal grondig by sy ouers, Iedries en Sina, geleer. 'n Ander voordeel was, Platjie kon Duits verstaan; derhalwe sal hy vervas geen beter tolk tussen hom en die Hotnots kry nie as Platjie, wat ook Afrikaans op die gewone diensvolkwyse ken. Met skikkings te tref, laat Platjie hom beweeg om saam te gaan, daar hy ook veel weet om met trekosse om te gaan.
Na die nodige inkopies gemaak te hê, vertrek Dr. Kleiner met sy flink ingerigte reiswa, met los tentjies, van die Paarl en volg die pad na Clanwilliam om 'n besoek aan die Sederberge te bring, waarin Boesmanstekeninge in die kliphuise (spelonke en grotte) te vinde is. Van al die tekeninge word noukeurige aftrekkinge gemaak, wat dan presies net so op papier gekleur word as dit teen die rotswande vertoon. Boëndien word nog ten oorvloede portrette met 'n afnemers toestel geneem. Daar was in werkelikheid niks in die omgewing, wat die oplettende oog van die geleerde dokter ontsnap het nie. Natuurlik is daar altyd van die ou Hotnots en Boes- | |
| |
mans uit die buurte meegeneem om te vertel wat hul van die tekeninge afweet.
Die dokter het regtig in sy werk gelewe.
Saans, as hy in sy tentjie sy boeke sit deurblaai, kom Platjie saggies op die puntjies van sy voete om oor die dokter se skouer te loer om te kyk ofdaar prentjies en tekeninge te sien is. Een aand had die dokter 'n boek voor hom, waarin ou Egiptiese afbeeldinge voorkom. Daarin was ook die tekening van die koningin van Punt (Skeba) wat aan die koningin Farao, Hatasu (Hatshepsu)'n besoek kom bring het. Hatasu het in 1552 v. K. regeer dus lank voor koning Salomo. Die koningin Hatasu was 'n deurdrywende vrou en het baie groot geboue in haar tyd laat oprig. Onder meer het sy die beroemde tempel by Deir-el-Bahri naby Thebe in Suid-Egipte laat bou. Sy wou 'n paradys eintlik aan die god Amen-Ra (Ammon) gemaak het. So het sy 'n vloot na die land Punt gestuur om daarvandaan wierook, goud, ivoor, ebbehout, ens. te haal. Die vloot het drie jaar uitgebly en het teruggekom met al die goed, benewens speserye, ape met hondgesigte (Lemurs, of nag-ape) en 31 wierookbome, waarvan die wortels goed met grond toegedraai was. Dit was alles vir die tempel van Ammon en vir die lushof daarbuiteom. Dieselfde ekspediesie het verder daarin geslaag, dat die koningin van Punt haar aan Egipte onderwerp.
| |
| |
Sy het oorland met 'n karavaan gekom. Toe het sy baie goed vir Hatasu gebring, waaroor Hatasu so bly en opgeneem was, dat sy die hele optog van die koningin in die tempel van Deir-el-Bahri laat afskilder het. Nou, die Egfptenare het 'n eienaardige wyse van tekene gehad, maar hul staan daarvoor bekend dat hul die gesig van iemand akkuraat kon nateken. Die tekening van die koningin is vandag nog in die ou tempel te sien.
Wel, dit was na hierdie aftekening van die koningin van Punt, wat Platjie staan en kyk. Hy merk dadelik op: ‘Maar dokter, dis mos 'n regtige Boesmanmeid hierdie.’
Die dokter glimlag met 'n bevestigende knik en vra: ‘Waaraan sien jy dit?’
Platjie draai die boek voor hom op die tafeltjie reg en met 'n strooitjie wys hy op die papier. ‘Kyk, dokter, haar hare is mos gekroes, haar handjies en voetjies is klein, haar bolyf is kaal en sy dra 'n velvoorskoot.’ Platjie sit sy hand voor sy mond om 'n lag te onderdruk. Waarop die dokter vra: ‘Waarom lag jy?’
‘Dokter, en kyk dan hoe fris is haar agterosse dan!’
Die dokter skater uit van lag en sê net: ‘Jou opmerkings, Platjie, is tamelik juis.’
Hy toon aan Platjie daarop nog die tekening van die dwerg, wat voor Farao Pepi II, wat toe nog maar
| |
| |
'n kind was, gedans het. Die dwerg is ook uit die land Punt, in 3000 v. K., gebring en is ook 'n ware Boesman.
Hierdie afbeeldings uit die ou geskiedenis het 'n diep indruk op Platjie gemaak, en ofskoon hy daarvan bitter weinig begryp het, so het hy die volk orals aangespoor om te vertel waar hul sulke tekeninge gesien het. Deur met die volk te gesels, het hy baie sulke plekke vir Dr. Kleiner kan opspoor.
So gaan hul van plek tot plek, deur die Warm Bokveld, Hantamsberg en Hantamrivier; daarvan na Visch- en Sakrivier, en het hul baie waardevolle tekeninge op die lyf geloop. In die Hantam leg orals in die veld en teen die rantjies groot swart blink klippe. Buiteop is die klip glad en blink, deur die natuur gepolys. Maar word so 'n klip met 'n harde instrument, soos byvoorbeeld 'n vuursteen, gekrap, dan krap hy die blink van die klip af, en dan vertoon die gekrapte plek grou - net soos die grot van binne is.
Hiervan het die Boesmans weet gebruik te maak; hul het die dun, swart, blink nerfie van die klip met net sulke afbeeldinge van diere, jagpartye en ander bedrywe, as in die kliphuise, teen die rotswande afgeskilder. Op die boerplase Hoek-van-Spruit en Middel- Hoek-van-Spruit het hul mooi graveerwerk op die blink klippe naby die werwe aangetref.
In hierdie geweste het hul 'n ou baster Hotnot op
| |
| |
die lyf geloop. Die ou was lankal in die land, en was skrifgeleerd, soos ons dit in alledaagse taal uitdruk. Die ou het baie sulke plekkies van belang kan aanwys, waarvoor die dokter hom natuurlik goed betaal.
Die aand by die vuur sit die dokter die ou se lewensloop uit te vra. By die uitvraery sê die dokter ook: ‘Maar my outa, het jy dan nooit met vee geboer nie? Of het jy maar altyd van die jag gelewe?’
‘Nee dokter, ek het eers baie vee gehad en daarmee net goed koers gevat.’ - Waar die dokter nie alles goed verstaan nie, moes Platjie byspring om die mening duidelik te maak. -
‘Is jou vee dan almal van die droogte dood?’
‘Nee dokter.’
‘Op hoe 'n manier het jy dan jou vee kwyt geraak?’
‘Wag dokter, ek sal mooi vertel. Ek het baie skape gehad, en my buurman het baie skape gehad. Ons kry stroeweling. Ek stry; hy stry. Nou ek loop by my agent; my buurman, hy loop by sy agent. Nou my agent hy sê my saak is goed; sy agent sê, nee my buurman se saak is goed. Nou my agent hy sê iedermaal soos ek praat: “Ja goed, ek sal oer die wetpunt dink, dan ons kan plan maak.” Nou jy sien daardie dag, dokter, toe ons saak voorkom, ek wen die saak, maar toe het ek aan die agent al my skape moet gee, want die koste is swaar. Darem die agent het eers vir my uitgeoordink,
| |
| |
toe uitgeoorplan en so het hy my proper uitgeoorlê uit al my vee.’
‘En wat het van jou buurman geworde?’ vra die dokter.
‘O dokter, hy het kaal daarvan afgekom! My agent het vir my wel uitgeoorlê, maar sy agent het vir hom uitgestertveer - toe hy wegstap lyk hy verspot soos 'n haan sonder stert wat na sy asem hyg. Kyk, hy het hom rê-rê uitgetrek dat hy poedelnakend, net met sy boordjie om sy nek rondstap.’
Verder het Dr. Kleiner sy reis voortgeset deur Grootrivier na Groot Namakwaland, toe terug tussen Korannas langs die rivier op, vanwaar hy weer noordwaarts getrek het tot by Manusa (Schweitzer-Reineke) om aan die Koranna kaptein, David Masouw op Riet Taaibos 'n besoek te bring. Masouw was die laaste Koranna kaptein, wat in Suidafrika regeer het. Hy het hom later in 1884 teen die Suidafrikaanse Republiek verset en is toe tenonder gebring. Hyself is in die gevangenis in Pretoria gesterwe.
Dr. Kleiner het langs die Kalaharie sover noord gegaan tot die Gamie Meer en terug na Rooiberg, en het in die streke met verskillende Vaalpens Boesmans in aanraking gekom. Die swerwende nasie het ontstaan deur 'n kafferstam, wat die Kalaharie deur ander kafferstamme was ingedrywe; hul het toe met die Boesman
| |
| |
in aanraking gekom en met hul verbaster, sodat die Vaalpens uitsien in liggaamsbou as 'n kaffer, maar die taal van die Boesman behou het. Hul spreek dus Boesmantaal en word ook soms die Vaalpens-kaffers genoem. Sonder kaptein, of sonder voorman, swerwe hul op die weste Transvaalse grense rond tot ver oor die Sambesie Rivier. Hy is voorwaar 'n armsalige produk van die natuur - arm, sonder iets in die wêreld, as net miskien 'n jaghond, wat net so treurig uitsien as sy baas.
Uit die Noorde van Transvaal is Dr. Kleiner oor die Witberge in die Vrystaat terug na die Kaapkolonie, om Colesberg en Victoria Wes ook besoeke te bring. Nou het hy omtrent al die Hotnot, Koranna en Boesman streke deurreis. Hy het baie informasie ingewin, maar hy vind sy tyd beperk, aangesien dit om kennis te maak, bepaald nodig is om 'n tydlank onder die inboorlinge deur te bring, want inboorlinge is agterdogtig en weier meestal om die gewenste informasie vrywillig te verskaf.
Omtrent die gif, wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, word hom meegedeel dat die vernaamste bestanddeel daarvan is, die gif van mambas, pofadders en swart rinkhals slange - hoe giftiger soort slang, hoe beter. Die vergif word vermeng met die van 'n baie giftige spinnekop en 'n gifbol. Al die soorte gif
| |
| |
is baie dodelik in die bloed, maar heeltemal nie skadelik in die gesonde maag nie.
Wat betref die verf waarmee hul skilder, word aan die dokter meegedeel dat die rooi of wit klei, of roet, met 'n seker soort gom, melk van melkbos, vet, bloed en dergelyke stowwe vermeng word. Of hy wel die regte informasie ontvang het, sal hy later self gaan beproef. So vind ons dat lym, of gom, in melk met baie room daarin gekook - in plaas van water te gebruik - goed teen vogtigheid bestand is - 'n lap daarmee vasgeplak reën nie af nie.
Wat die godsdiens van hierdie inboorlinge betref, blyk dat daar wel 'n verering van geeste bestaan, maar hulle begrippe omtrent 'n Godheid is baie vaag. Eén ding is seker: hul is al te bang vir spoke!
Behalwe die skilderkuns, beoefen hul nog musiek, waarby die boog en die ramkie - 'n driesnarige instrument - die vernaamste musiek-instrumente uitmaak. Die ramkie bestaan uit 'n lang smal plank, net soos 'n gitaar. Die romp daarvan word van 'n halwe kalbas, of 'n blikemmertjie met dun vel oorgetrek, gemaak. Die drie skaapderm snare word nes in die gitaar met 'n stel skroewe aangedraai. Ook word deur die Hotnots en Korannas viole gemaak; die romp is ovaal langwerpig en bestaan uit 'n plat lat, ovaal rond gebuie en met 'n skaappens of lammetjie vel, waarvan
| |
| |
die hare verwyder word, oorgetrek. Die strykstok is 'n boog met perdestert bevestig. As arpuis word die gom van die arpuisboom gebruik.
Die Hotnot en Koranna maak pondokkies van takke en paaltjies, waaroor ten oorvloede nog ou wildvelle geplaas word; maar die Boesman maak geen hut nie - hy is soos 'n skilpad - vanaand agter hierdie bossie, môreaand agter daardie bossie. Hy is wel 'n spelonkbewoner.
Na sy reis is Dr. Kleiner terug gekeer na Europa en Platjie het na Genadendal terug gegaan.
|
|