| |
| |
| |
Hoofstuk XX.
Platjie se droom en sy laaste dae.
Toe Platjie met Koos Fonk uit die Onderveld gekom het, het hy net baie veel van homself gedink, maar nou eers dat hy op Genadendal terug is, trap hy sy skaduwee plat. Veel, en baie veel het hy te vertel gehad. Die Sendeling het hom uitgevra en uitgepomp soveel as Platjie kon vertel. Hy vertel van die Hotnots, Korannas en Boesmans, wat nog in hulle eie land woon, van die tekeninge en wat Dr. Kleiner hom alles daarvan vertel het. Hy was in die wolke verhef.
Die Sendeling versoek hom toe om een aand in die ruime skoolvertrek aan die sendelingvolk te vertel wat hy gesien en gehoor het, waaroor Platjie nog hoër trap. Hy het hom in die begin van sy aanspraak 'n bietjie verleë gemaak, maar die Sendeling had so 'n goeie slag om Platjie te laat tuis voel, deur nou en dan die woord te vat om Platjie 'n bietjie lug te laat skep. Die Sendeling vertel dat dit nog nie 'n uitgemaakte saak is waar die land van Skeba, of Ofir lê nie, maar uit sommige aanwysings is die waarskynlikheid groter dat die land- | |
| |
streek in Afrika is. Daar staan geskrywe dat die koningin van die Suide, van die end van die aarde gekom het om die wysheid van Salomo aan te hoor. Afrika lê mos suid van Palestina, waar die woorde gebesig is, en verder wat die end van die aarde betref, lê van die onderpunt van Afrika af nie meer land nie, maar wel die groot waters van die oseaan. Dan let op, die landstreek is met skepe bereik, en die optogte van die karavaan is van die plek na Egipte oor land geskied. Arabië lê ook suid na aan Palestina, maar die ekspediesies het drie jaar geneem.
‘Maar die aftekeninge in die beroemde tempel van Amen-Ra (Ammon) in Deir-el-Bahrie in Bo-Egipte werp veel lig op die saak,’ so vervolg die Sendeling. ‘Die optog is teen die muur binne in die tempel afgeskilder, en daarin sien ons ook die diere, wat saam met die ekspediesie en optogte gekom het. Die voëls en ape is Afrikaanse diere. Wat julle moet verstaan, is dat Egipte lank voor Salomo handel met die land Punt gedrywe het. So was daar 'n ekspediesie omtrent 3000 jaar voor Kristus onder die regering van die Faraokind Pepi II na Punt; toe het hul 'n klein mannetjie saam gebring om met sy dans die jonge kind-koning te vermaak. So bly was die jonge Farao oor die weldaad, dat die brief, wat hy laat skrywe het om die voorman van die ekspediesie te bedank, vandag nog uitgebeitel teen sy graftombe te lese is. So was daar nog meer
| |
| |
ekspediesies na Punt, om vandaar wierook, mirre en speserye te haal, wat vir die balsem van lyke baie gesog was. Van die koningin van Skeba, wat later na Salomo gegaan het, bestaan geen tekeninge nie - ten minste dit is nog nie ontdek nie; want sy was ook in Egipte om daar 'n besoek te bring.’
Hierop staan die Sendeling stil en vra daarop: ‘Nou, wie was die koningin van die Suide? Watter nasie was sy? Watter nasies het in Afrika toe gewoon? Wie het die Sambesie Goudvelde bewerk, waarvan nou nog soveel myne en werke te sien is?’
'n Genoeglike aand word deurgebring en die volk en meide het net spyt gehad toe Platjie sy vertellings van sy reis gesluit het.
Daarop was die byeenkoms klaar en Platjie word genooi om te kom bysit by 'n groot skottel soutvleis en stormjaers. Dit het hom so lekker gesmaak, - want daar was suiker in die stormjaers - dat hy hom bepaald kruppel geëet het. Nie lank daarna het hy kooi toe gegaan. Hy het hom dan op hierdie sy en dan weer op die ander een gerol, maar sy maag was oorlaai, en die maag sukkel met die maagbomme. Eindelik gooi hy hom op die naat van sy rug en hy snork dat die deure en vensters bewe. Nie lank nie, of daar pak die nagmerrie hom. Hy worstel en wurg, maar al wat nie los nie, is daardie nagmerrie.
| |
| |
Hy droom dat hy in die velde om Genadendal rondslenter en dat hy eindelik by die beroemde Wonderklip uitkom. Hy is verskrik in sy slaap, om daar so baie grafte te sien. Hy wil nou voel na die doepa sakkie, wat Abdol hom met soveel baat by Oorlogskloof gegee het, maar die nagmerrie hou sy hande vas. Tussen die grafte sien hy een uitsteek met 'n hoë grafsteen met al die wonderlike Egiptiese tekeninge, wat die dokter hom in die boeke gewys het. Tussen die grafte dans 'n ou towerheks met haar towerstok in die hand. Rondom haar fladder blou, wit en rooi vlamme, en toe sy by die wonderlik grote grafsteen kom, stop sy skielik en waai haar stok rond oor haar kop in die lug. Sy wys daarop met die stok op die graf, en wink daarmee. Uit rys 'n gedaante van iemand, wat net so lyk as die afbeelding van die Koningin van Punt. Meteens keer die ou heks haar om en kyk na Platjie wat toe versteend langs 'n grafsteen staan. Sy leg haar hand op haar mond en wink aan Platjie om te luister. Daar was 'n doodse stilte, terwyl die vlamme voor die heks met 'n gekleurde liggloed brand.
Die koningin-gedaante hef haar regterhand op met so 'n majesteit, dat dit Platjie respek afdwing. Sy wys op die berge om Genadendal, terwyl sy haar statig ronddraai om na Noord, Oos, Suid en Wes te kyk. Sy wys na die valleie en klowe, en na die vlaktes waarop
| |
| |
die koei loei en die skaap blêr. Sy wys na die tuine, boorde, huise en landerye. Al die tyd staan die heks haar hoof bevestigend vir Platjie te knik. Sy skrikgevoel begin te bedaar, en hy word self nuusgierig om te hoor wat sal volg. Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne aandag.
Die koningin begin: ‘Sien jul daardie berge - ver en naby? Sien jul die klowe met hulle trippelende en murmelende kristal strome? Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die skoenlapper en die by met nektar versadig? Sien jul die hemelpurper, waarteen wolkies van vlas deur die son met goud geverf word?’
Sy bly 'n rukkie stil, leg haar hand weemoedig op haar boesem, met 'n sug.
Weer lig sy haar neergeboë hoof op en nogmaals sweef haar oë daar ver teen die lug en berge. Met smartgevoel hervat sy haar aanspraak: ‘Ja, ja! Daar vèr op die berge, hier naby in die klowe; op daardie velde en op hierdie vlaktes, leg die spore van my vroeëre onderdane. Waar is die spore, wat hul afgedruk het? Waar is die voetmerke van my bendes? - Deur die winde toegedek wat vir honderde jare reeds hier die gemengde geure van die treurende blomme met hulle voer; ja, weggevaag deur die reëns, wat reeds vir eeue hulle trane oor hierdie geweste uitstort. Alle glorie kom tot 'n end en alle rykdom word verdeel en verkrummel.
| |
| |
Eenmaal was dit my gebied, tussen die seë en noordelik Afrika. Dit was my gebied waaroor my sware septer van goud en edelgesteentes geswaai het. In die land van Havila was goud en edelgesteente - die groot rivier Pison het daardeur sonop gestroom. Die goud van daardie land was goed en daarom het volke uit die noorde gekom om goud daar te kom grawe. Die goud van Ofir....’
Hier bly sy stil en kyk na die towerheks, wat met haar towerstok na die nederigste graf wys. Uit die graf rys die gedaante van 'n kaffer en die heks sê: ‘Kom, sê Ofir.’ Maar die kaffer kan nie 'n r uitspreek nie, so gebruik hy daarvoor die letter l en antwoord: ‘Ofela - Sofala.’
Die heks knik haar hoof asof sy alles daarvan weet en wink die koningin om weer aan te gaan. ‘Sofala van vandag lê in Oosafrika,’ so begin sy, ‘naby die see waar skepe die kuste daarvan kan bereik. Beskaafde nasies het gekom en gegaan. Hul het ter wille van die rykdom van my land my volk onderdruk en in slawerny gebring. Barbare, die bendes van kafferstamme, het uit die Noorde deurgedring en het ons gruwelik vermoor en het die beskaafdes ook uitgeroei en verdrywe - en agter hulle 'n verwoeste land gelaat.’
Die koningin bars uit in bitter geween en sink terug in haar graf. Die gedaante van die kaffer verdwyn en
| |
| |
daar is Platjie en die towerheks alleen gelaat. In 'n warrelwind van vlamme gaan die heks regop in die lug en verdwyn daar tussen die maan en sterre. Nou staan Platjie alleen by die groot grafsteen en toe hy kyk, staan die heks weer by hom. Hy word weer opnuut met vrees bevang.
Sy hef haar towerstok op na die Noorde. Toe kom daar 'n floue lig aan die noordelike gesigseinder. Die landstreke van Middelafrika rys geleidelik op totdat hul gemaklik in die gesigsveld val. Met haar linkerhand bo haar oë, om dit teen die lig te skadu, staar die heks na die Noorde. Sy staar en staan sprakeloos te kyk. Sy wys met die stok in haar regterhand en Platjie kyk.
Daar vèr, al langs die Nyl af, sien hul 'n karavaan noord op trek. Vooraan beweeg daar in diepe erns, maar ferm, 'n gewapende mag as voorhoede. In die middel gaan die koningin van Punt. Sy word op die flanke beskerm en deur 'n sterke agterhoede gevolg. Platjie kyk en span sy siensvermoë tot die uiterste in.
Statig beweeg die karavaan voorwaarts, kronkel om hierdie groot woud, om daardie koppie; dan gaan hul weer in 'n vallei op tussen twee rante - steeds voort, voort, voort! Hy slaan hul gade waar hul kamp, hoe die koningin haar laat bedien, hoe hul weer laer opbreek en weer voorwaarts beweeg.
Weer verhef die towerheks haar stok en daar vèr in
| |
| |
Suidelik Egipte rys die landstreek bo die gesigseinder. Hy sien 'n skitterende stad met groot tempels en geboue. Die heks knik met haar hoof en fluister: ‘Dis Thebe, die stad van die Farao's van Bo-Egipte.’ Uit die stad tree te voorskyn 'n pragtige stoet van mense - nog mooier as die van die koningin van Punt. Op 'n pragtige plein naby die stad ontmoet die skitterende stoet die karavaan van die Suide. Baie seremonies word as eerbewyse uitgevoer. Die geskenke van die koningin word vertoon, waaroor die vrou-Farao seer verruk en bly is - een ding word meer as die ander bewonder, wat bereken is om die koningin van Punt in haar skik te laat voel en die versekering te laat omdra dat haar geskenke op prys gestel word. Die karavaan word toe in die stad in gelei om die prag en praal daar binne te beskou. Sy is stom toe sy rondkyk en die groot tempels sien, die groot beelde, die lang naalde, die swaar sfinkse. Later sien Platjie in sy droom die uittog na die tempel op 'n buiteplein waar 'n groot lushof is, wat die tempel omring.
Parrr!... pirrr!... boeks! slaan die towerheks op die groot grafsteen, sodat die vuur nes in 'n smidswinkel rondspat. Platjie skree benoud; toe los die nagmerrie hom eers en Platjie skrik wakker - papnat van die sweet.
Daarop sweer hy, dat hy nooit weer so baie biltong,
| |
| |
soutvleis en stormjaers voor hy gaan slaap, sal eet nie, want die nagmerrie se skool is van die aard waar 'n Hotnot net min van hou. Hy het kers opgesteek en vir 'n hele rukkie gaan sit pyprook.
‘Ei, dit was 'n benoude tyd,’ sê hy met 'n kopskud.
'n Droom kan 'n mens baie stontel - soms meer as die droom werd is. Platjie was nou reg-reg bang om weer te gaan slaap; maar toe sy ooglitte te swaar van die vaak word, het hy weer gaan lê: maar hierdie slag met die doepa sakkie om sy nek wat Abdol hom gegee het. Dit het niks gehelp nie totdat die swaar gepak op sy maag weg was.
Maar wonderlik, die droom het altyd op sy gemoed 'n indruk nagelaat. Platjie kan net so stil wees as hy wil, sê net ‘Die koningin van Skeba,’ dan kan jy net hoor hoe hy losdraai.
Jare lank het Platjie op Genadendal gebly, waar hy die Kristelike leer aangeneem en bely het. Met sy doop het hy die naam van Jakob ontvang, maar die naam van ‘Platjie’ het hy nooit ontgroei nie. Op Genadendal is hy getroud, het toe vader van 'n menigte kinders geword, en hy het nog solang gelewe om sy kinders groot te sien.
Maar soos dit met 'n Hotnot gaan, op één plek kan hy sy lewe nie slyt nie. Van Genadendal het hy vir
| |
| |
jare by die koringboere in Koeberg (dist. Kaapstad) met oestyd gewerk, totdat hy eindelik besluit om by die koringboere te kom woon. Hy was later te oud om op die koringlande te werk, so het hy vee opgepas. Sy seuns egter was fluks en hul het vir hulle ouers deur rukke en plukke goed gesorg.
Outa Platjie was op sy oudag heel vermaaklik vir die kinders, deur hul die stories van Wolf en Jakhals en van die koningin van Skeba te vertel. Hy het sy vrolike humeur tot aan sy graf behou.
Sy verkiesing was om sy laaste dae op 'n Sendelingstasie te slyt.
Wat ook al tot nadeel van Platjie mag gesê word, dit kan getuig worde dat hy gek na sy sopie was, sonder 'n volslae dronklap te wees. Hy het soms andermans goed geannekseer, sonder egter 'n deurtrapte dief te wees. Hy het soms die josie ingeraak, sonder dat hy die horing van iemand in toorn lek of breek met sy knopkierie geslaan het. Hy het sy foute gehad - wie het dit nie? Met 'n geruste gewete het hy sy hoof op sy laaste siekbed kan neerlê. Met 'n glimlag sweef sy laaste herinneringe oor die speelgronde van sy jeug, oor die liefde van sy ouers, oor die vlaktes van Boesmanland, waar hy genoeglike dae onder Koos Fonk deurgebring het, oor die ruime wêreld wat hy met Dr. Kleiner deurreis het, aan die leersame en lui- | |
| |
mige gesprekke met die geleerde dokter. Ja, ook dink hy aan soete Genadendal.
Daarop leg hy sy hoof neer en sluit vir altoos sy oë wat net soveel te vertel had as sy lippe. Die dood druk sy koue seël op daardie lippe, wat met glimlaggies so veel tot vermaak van oud en jong mee te deel had.
Die hart, wat sy lief en leed geken het, hou op te klop; want die mens moet na sy ewige huis.
Jakob Platjie! Ons sal jou nooit vergeet nie!
Rus in vrede!
|
|