| |
| |
| |
Hoofstuk XVIII.
'n Grikwa Oorlog - Platjie weer terug.
Reeds was Koos Fonk oorkant Grootrivier druk met smousery besig, toe opeens 'n gewapende patrollie van Grikwas op hom afkom. Hy was verskrik, en nog meer was sy volk, toe die patrollie namens hulle kaptein, Hans Voollander, die wa met alles daarby in beslag neem en dit na Hans vervoer. By Voollander aangekom, is die eers net parmantig met Koos; maar Koos is self 'n man, wat hom nie met 'n blaas ertjies op loop laat ja nie. Toe die opgewondenheid afgekoel het, begin Koos en Voollander verstandig te praat, by watter geleentheid Voollander duidelik maak dat hy met 'n ander Grikwa kapteintjie, Saul Klipberger, woorde gekry het, en die ding het nou so warm geworde dat hul daar en dan oorlog verklaar het. Maar g'n een was daarvoor klaar nie, sodat tyd gegee is om gereed te maak; maar net tot môre toe, dan sal daar 'n bloedige oorlog uitbreek, soos die wêreld nog nie gesien het nie. Daarom kommandeer Voollander alles wat Koos op sy wa het, behalwe sy vee, manskappe en die wa.
| |
| |
Koos was nie gister se kind nie, maar lank in die land, en weet hul te vertel dat hy 'n Britse onderdaan is en verlang dus beskerming by sy regering. Maar as Voollander hand en mond wil belowe dat al die waarde van die goed op die daad van beslagneming uitbetaal sal worde, dan sal hy al sy roers en ammuniesie aan hom afstaan, mits Voollander al die ander negosiegoed ook dadelik oorneem; waarmee Voollander bereidwillig instem as hy die parmantige Saul Klipberger maar die nek kan inslaan en tot sy plig bring.
Al die goed wat Koos vir verkoop het, word uitgepak en met knippel teen hoë waarde oorgeneem en word met skape betaal.
Koos het 'n oorsig van alles in vlug geneem, en vind uit dat ieder kapteintjie maar ner oor 'n kommandotjie van nog geen 100 man beskik. Die kapteintjies woon ver van mekaar, dus bevind hy hom volkome veilig waar hy nou is, mits dat hy ook aan Saul Klipberger 'n boodskap stuur dat hy beskerming vir sy persone en sy vee verlang. Die versekering het Koos ook ontvang. Dus kan die kapteins maar opdons.
Die dag van oorlog is daar. Tussen die twee kapteintjies - net op hulle grense - is 'n baie smal maanhaarrantjie. Die twee generaals van die kapteins vorm ieder 'n laer aan hulle sy van die rantjie. ‘Want ons moet ons nie somaarso roekeloos aan die gepeper van
| |
| |
koeëls bloot stel nie,’ so sê ook hulle burgers. ‘Ons kan maar die gewere in die lug hou en oor die maanhaarrant skiet, en wie se kruit eerste op is, het verloor,’ was die ooreenkoms om buiten gevaar te bly.
Maar Hans Voollander het nou mos baie kruit en hy wil met 'n kanon skiet. Koos Fonk het op sy wa 'n stuk dampyp gehad, wat hy vir een of ander onwettige doel gebruik het. Hans vat die dampyp, steek agter in 'n kort paal, wat hy goed vasgekeil het. Om die pyp draai hy rou rieme, sweer ses van sy manskappe as kanonniers in, en stuur hul om bo-op die rantjie die kanon in klippe vas te pak, dis te sê na hul dit op die laer van Saul Klipberger gestel het. 'n Goeie skot kruit word op die kanon gelaai en as koeëls word 'n klip met lood daarom gegiet gebruik. Saul se mense het niks hiervan geweet nie en was perdgerus.
Die twee kapteins gaan op veilige plekke onder groen bome met hulle raadsmanne sitplek neem.
Die tyd om te begin word aangekondig denr 'n rooie vlag bo-op die rantjie te laat val. Van weersye word nou hewig in die lug geskiet sodat die koeëls met 'n boog in die laer van die vyand moet val. Toe die geveg op sy hewigste is, haak Hans se volk bo-op die rantjie met die kanon los; die houtpaal vlie agteruit, die pyp bars, maar werp tog die kanonkoeël onder in die laer van Saul. Toe Saul se generaal die kanonkoeël sien
| |
| |
ronddraai, roep hy uit: ‘Kyk hierdie ding lê mos hier te broei, netnou sal hy bars, laat ons oeit staan rantjies toe!’ Al Saul se mense vlug en laat hulle laer in die steek om daar ver onder die ander rantjie, binne in sy grond, te gaan posiesie vat. Dis hiervandaan dat die gesegde ‘staan oeit rantjies toe’ gekom het.
Met die bars van die kanon, het die klippe, waarmee dit vasgepak was, uitmekaar gespat en het al ses van Hans se volk op die plek doodgeslaan.
Hans Voollander het ieder van sy manskappe vóór die geveg 'n stywe dop van Koos Fonk se mikstuur ingejaag om hul moed te gee en dapper te laat veg; maar hy en sy raadsmanne bly onder die boom sit brandewyn drink, terwyl sy boodskappers heen en weer tussen hom en die veldkornette gaan.
‘Damon, kyk hier,’ sê die kapteintjie, Hans Voollander, ‘hoe is my kanon dan so stil? loop kyk; dalkies het hul die hele laer van Saul Klipberger koeskas geskiet.’ Waarop Damon sê: ‘Goed, kaptein, ek sal na die rantjie met my perd ry; maar kyk, hoe dapper veg kaptein se volk - hulle skiet nog goed met die koeëls oor die rantjie.’
Damon druk sy perd met die spore aan en daar sny die perd met 'n geproes weg. Maar Damon kom ook nie weer terug om tyding aan sy kaptein te bring nie. Aron Brypaal kom egter aangejaag: ‘Kaptein, veldkornet Syster vra om versterking.’
| |
| |
Hans sê: ‘Waar wil ek dit kry! Gee horn die bottel en sê dis al versterking wat ek kan stuur.’
Eindelik kom ou Gert Ogies en vertel dat Damon van sy perd afgeval het en toe sy nek gebreek het.
Waarop Hans Voollander aanmerk: ‘Ai, dis jammer, dis jammer! Nou het ons een van ons meer beterste manne verloor deur sy nek breekry en om te val. Ai! Ai! maar kom, laat ons sy gesondheid drink, anders kom hy dalkies snags by ons spook.’
Na die kaptein sy drinkhoorn neergeplak het, roep hy: ‘Jantjie, loop sê aan die veldkornets dat hul die volk moet aandruk om nog harder met die sannas breekskote te skiet; sê ek kan hier duidelik hoor, hoe ons koeëls anderkant die rantjie op die tabernakels van Saul se pakkasie klap. Toe Jantjie, jaag net gou; maar pas op, hou jou nek vas, dat jy dit ook dalkies nie breek nie.’
Hans kan hom maar nie versin nie hoekom sy kanon so stil is; hy praat aljimmers daaroor, totdat hy sy ou Boesman roep en sê: ‘Toe, my ou jong, kruip hier teen die rantjie uit, loop kyk wat die kanon maak en kom vir my dadelik boodskap.’
Die ou Boesman draf, berg sy lyf agter die groot klippe soos hy opkruip, en kom terug.
‘Kaptein,’ sê hy, ‘die k'nonniers het die k'non te skerp met die kroet gebran', nou jy sien die k'non het
| |
| |
gekwaad, gebars en die k'nonniers met die klippers doodgemoeker. Almal hul lê daar dood.’
‘Arrie, dis slegte tyding!’ roep Hans en sy raadsmanne uit. En met één asem vra hul: ‘Waar is Saul se kommando?’
‘Saul se kommando het die wêreld gskoer en lê nou daar oerkant teen Tys se rantjies. Maar darem in sy laer is niks manskappe meer nie.’
‘A, dis goeie tyding; ons het hul uit hulle posiesies verdrywe. Ons het die oorlog gewen,’ sê Hans toe hy opspring.
‘Ja kaptein, nou ek sien nog die groot wit vlag en die wit os aankom,’ sê die ou Boesman en laat dadelik volg: ‘Toe dan, kaptein, ou (gee) vir my.’
‘Seker,’ roep Hans uit, ‘jy het dit eerlik verdien, my ou Boesman, dè! dit gee ek vir jou met 'n gulle hart!’ Daarop stuur hy weer twee ander boodskappers die rantjie uit, en al twee bring dieselfde berig: dat Saul gevlug het, want hy het sy ammuniesie alles gedaan geskiet en nou het hy die slag verloor. Orders word deur Hans Voollander gegee om die geskiet te staak, en dat sy volk moet terug kom om getrakteer te word. Hans laat ook dadelik 'n wit vlag opsteek en 'n wit os aanbring. Die gejuig oor die dapper oorwinning is net groot.
Kort daarna kom Saul en Hans met hulle raads- | |
| |
manne bymekaar. Met trane in die oë val hul mekaar om die hals en huil bitterlik. Saul weet toe nog niks van die sewe man van Hans wat verongeluk het nie. Ook het Hans niks geweet nie van sewe man wat aan Saul se kant, met wegjaag oor slote en klippe hulle nekke gebreek het. Dit het by die vredesbespreking eers uitgekom.
Na hiernatoe en daarnatoe gebeur te hê, kom die raadsmanne ooreen dat Hans aan Saul, en Saul aan Hans ieder honderd skape sal gee, sodat die een kaptein nie kan sê dat hy gewen het nie, en dat die een met die ander se vee kan spog. Daarop word die feestelikhede voortgeset deur die gesondheid van die dappere oorledene vir hulle heldedade te drink. Die verongeluktes word daarna begrawe; oor hulle grafte word geskiet; daarop het die kommando's opgebreek en die oorlog was op 'n end. Baie sulke gekkestreke is van tyd tot tyd deur die twee kapteintjies aangerig.
In ieder geval Koos Fonk was deur die oorlog baie gebaat; want daardeur het hy sy goed met groot wins in een slag van die hand gesit. En nou kan hy terug om sy vee op Buk-en-kruip-in saam te neem en die wa op Oorlogskloof af te lewer, waar hy die vee daarvoor ook sal ontvang. Daarop gaan hy Boland toe. Terwyl Samuël die vee sal aanja, sal Koos en Platjie met die kar en vier perde, wat op Oorlogskloof agtergelaat is, die vee volg.
| |
| |
Nou kom die Katang-slag om Platjie terug aan sy ouers te lewer. Maar Gert Buurman, die vrind van Koos Fonk, het die weg reeds gebaan deur lang geleë die nuus aan Platjie se baas en ouers te bring. Aan die oubaas het Gert 'n slaghamel present gegee en aan Platjie se ouers ieder 'n geskenk.
Toe hul die Boland inkom, het Platjie sy hoed vol volstruisvere gesteek - iets wat in daardie dae nie so algemeen bekend was nie. Vooruit ja Platjie sy ses aanteelbokkies en hy was net 'n grootman - byna te groot vir sy stewels en klere, en toe kan 'n mens hom hoor spog en grootpraat van die Onderveld; want dit was in daardie tyd iets buitengewoons om so ver in die Onderveld gereis te hê. Koos gee weer aan die oubaas 'n slaghamel en aan Platjie se ouers, Iedries en Sina, ieder 'n mooi present, sodat die huur van Platjie omtrent £5 gekos het. Daar was eers stroebeling, maar Koos het geweet om hom blink te maak deur te vertel dat hy Platjie siek in die donker langs die pad gevinde het. Daarop was alles weer reg, want Platjie was nie 'n week met Koos weg nie, of hul het die tyding deur Gert op die plaas ontvang, dus was die ongerusheid weggeneem.
Platjie was nou so fluks dat die oubaas hom agter die varkens weggeneem het om hom by die perde as stalkneg te gebruik. Daar was 'n groot verandering ten goede oor hom gekom, wat tot algemene tevreden- | |
| |
held gestrek het; want hy sou nie die kattekwaad by die oubaas gaan uitrig het nie, wat Koos hom geleer en toegelaat het.
'n Paar jaar het verstryk, en die ses bokkies van Platjie het saam met die vee van die oubaas geloop. Die bokkies teel net fluks aan, daar die meeste tweeling lammertjies had en soos dit gewoonlik in die wêreld gaan, as voorspoed iemand bevrind en volg, dan begin hy horings op te tel. Dit was nie soseer die geval met Platjie nie, as met Iedries en Sina wat gedink het dat hul ook nou magtig ryk is. Hul praat gedurig van trek om beter te gaan soek - en vergeet hoe goed die oubaas en ounooi vir hul al die jare was.
Die trekpraatjie en dreiemente het vir 'n tyd aangehou, totdat hul dit regtig in hulle kop kry om die plaas te verlaat.
Sina dwing om na haar land terug te trek; maar Iedries was te gewend aan sy druiwesap en vra: ‘Jy peuter en lol nou een streep deur om na ons land terug te trek, maar jy moenie vergeet die wynstok het nog nie sy voet daar kom sit nie; en sê my nou: hoe gaan jy dag vir dag jou lyf reg maak? Jy weet twak is daar baie skaars, dáár sal jy nie aldag jou mondsnuif agter jou onderlip kan inplak nie. En hoe dan as die lus kom? Weer hiernatoe spaner?’
| |
| |
Ou Sina dink en dink; eindelik sê sy: ‘Dan drink ek maar heuningbier en groei my eie twak van saad wat ek saam vat.’
‘Ja, Sina, jy wil alles probeer regpraat; maar jy dink nie verder as jou plat neus vooruit steek nie. Kom sê nou, dis droogte en daar is nie heuning nie; sê nou dit reën nie; hoe wil jy dan twak groei? - dan moet ons twee, drie jaar so bly tot dit eendag reën en dan nog wag.’
‘Nee, dan vrek ek,’ sê Sina. ‘Laat ons dan maar liewers Stellenbosch se wêreld intrek en daar 'n plekkie kry om met ons vee te boer. Want kyk, van die ses bokke het ons die eerste jaar ses lammers gehad, die twede jaar met tweelinge tien, dit maak altesame 22. Die derde jaar het ons reeds drie lammers van die eerste lammeroes gehad. Die vierde jaar, wat ons nou in is, het die bokkies van die twede oes ook al lammers gekry. So het ons vandag 50 bokke, want die kapaters het ons ook vir aanteel ooitjies uitgeruil. Kyk, as ons so aangaan, waar sal ons oor 'n paar jaar nie staan nie?’ Waarop Iedries en Platjie altwee antwoord: ‘Ja, dis waar.’
Die gesprek was in die winter. Hul trek na die distrik van Stellenbosch om daar 'n plek te soek, maar geen baas wou hul op sy plaas hê nie, omdat daar brandsiekte onder die bokke uitgebreek het, met die omruil
| |
| |
van bokke vir ooitjies. Die mense order hul hoog in die berge te gaan kamp; want hulle vee wei onder aan die voet van die berg.
Die bokke word so erg dat die vel om hulle nekke bars. Daar kom nat en koue weer. Die berge se toppe vat sneeu en die bokke vrek skerp.
Toe sy ouers met die bokke in die berg lê het Platjie by die boere gaan werk soek vir 15 shillings maandeliks. Saterdagaande bring hy sy ouers 'n besoek. Vleis van die gevrekte bokke was daar genoeg. En toe hy een Saterdagaand weer daar kom, lê sy ouers al twee aan Hotnotsere siek; want deur die slegte vleis te bewerk, het hul bloedvergifting gekry. Die ou paar bokkies, wat van ellende staan en blêr, het onder die tier geval en is dood gebyt.
Nou was dit 'n treurigheid. Platjie bring sy ouers uit die berg om gedokter te worde. Onhandige persone, wat vir hul knap wil hou, het nat warm pappe op die Hotnotsere geplaas - juis wat nie moes gedaan gewees het nie, daar sulke sere geen nattigheid verdra nie, maar wel droog uitgedrukte uie pappe; so is al twee Iedries en Sina aan bloedvergifting beswyk.
|
|