| |
| |
| |
Hoofstuk XVII.
Ruiter vertel.
Omtrent sononder kom Tomas Verhef en sy maters terug. Hul had veel omtrent hulle avontuurlike ekspediesie mee te deel. Onder meer vertel hul dat die Boesmans elf van Tomas se skape afgekeer en geslag het. Die Boesmans het by die vee in die veld gekom, met die veewagter 'n praatjie aangeknoop, daarop hom gepak, teen 'n boom staan gemaak, sy hande agter sy rug aan die boom vasgebinde, en toe die skape geneem. Die veewagter se ou meid het later na haar man gaan soek en vind hom aan die boom vasgeknoop. Die berig is die oggend Tomas ter ore gekom, waarop hy en sy maters die Boesmans agterna gesit en die diewe gevinde het; met groot gevaar het hul die hele famielie Boesmans voor die voet doodgeskiet.
Met terugkeer van Tomas en sy vrinde word hul op weg meegedeel, dat twee poliesie die buurte patrol, waaroor hul glad nie op hulle gemak gevoel het nie, want daar is andere wat ook van die doodskiet en begrawe van die Boesmans afweet - boëndien die po- | |
| |
liesie is fyn om so iets na te spoor. Die wagwoord is nou net: waak en vlug.
Toe Koos Fonk van die rondpatrol van die poliesie hoor, sit en trap hy ook op dorings, want hy het mos smokkelgoed op sy wa. Hy beur ook maar nou om oor Grootrivier te trek, alwaar hy in die neutraal gebied met vryhandel ongestoord kan voortgaan. Tomas maak met sy vrinde gereed om ieder oomblik die hasepad te kan kies.
Die volgende oggend vroeg is daar weer uit andere bronne gerugte, dat die poliesie naby die doodskietplek van die begrawe Boesmans gesien is. Dit was genoeg nuus om die wyk te kies en gou-gou is Koos Fonk, Tomas en die ander Grikwas nou oor Grootrivier, wat nie ver van Buk-en-kruip-in geleë is nie. Met die jagpad het hul gevlug, by die rivier is hul met 'n ou vlot van droë pale oor, en nou slaak hul wel 'n sug van verligting, dog voel nog maar heeltemal nie op hulle gemak nie.
Die dag tevore het Koos Fonk skikkinge getref om sy slagvee onder die toesig van 'n oubaas daar op Buk- en-kruip-in agter te laat. Ou Danster word as wagter onder strikte orders, onder die wakende oog van die oubaas met die vee geplaas. Koos het 'n ander veewagter nodig gehad by die vee wat hy steeds inhandel. Hy huur 'n ou Boesman-Hotnot met die naam van Ruiter.
| |
| |
Wel, ou Ruiter was darem nie so sieg as baie hom wil afskilder nie - hy was haastig en het die kuns verstaan om 'n jakhalsdraf te vat as hy vir 'n werk gestuur word. Hy het egter meer daarin geglo om water inwendig as uitwendig te gebruik. Nou, of dit waar is, is moeilik om te verklaar, maar Koos vertel, toe hy ou Ruiter seep gegee het om hom te was, het die ou lank geskrop aan sy lyf eer hy op sy hemp gekom het, wat aan sy lyf vasgeplak was.
Wel, ou Ruiter het daar aanskoueliker uitgesien na sy skrobbering (soos Tomas dit noem) as toe hy nog in sy gewaad as seun van die veld gepromenaad het. Koos het die ou vir drank, kos en klere gehuur, en hy sien daar nou net kapitaal uit in sy duiwelsterk pak klere. Koos het hom een van sy ou verslyte nagmusse gegee, waar 'n Hotnot net veel van hou.
Toe hul hul in vry gebied die dag bevind, word die aand as gewoonlik 'n groot bosveldvuur gemaak. Koos en sy handelsvrinde sit by één vuur, Platjie, Samuël en Ruiter by 'n ander ene.
Toe hul Tomas en die Grikwas so lekker oor Boesmans hoor gesels, begin ou Ruiter se tong ook by die ander vuur los te draai. Platjie was die uitvraer en ou Samuël die valse getuie, wat ook so nou en dan 'n woord inlas.
‘Oom Ruiter,’ begin Platjie, ‘wat moet 'n mens
| |
| |
eintlik maak as hy skielik in die veld teen wilde Boesmans dam?’
Ou Ruiter skop die sand met sy voet gelyk, gaan op sy hurke sit, vou sy hande saam en plaas sy ellemboë op sy knieë om nou lekker die woorde te saai. Hy antwoord: ‘Wel, jy moet hare op jou tande, vere onder jou voete en yster beslag om jou hart hê. Bang moet jy tuis laat, Dapper moet met jou saam stap, en Ajiet moet jou steeds in die oë kyk.’
‘Oom Ruiter, wat is Ajiet?’ vra Platjie.
‘Ajiet is: maak plan. Kyk, 'n Boesman is mos maar klein - dit wil hy nie aldag weet nie, maar hy wil voorgee dat hy net so groot is as jy. Nou, as hy jou vra: “waar het jy my reeds sien aankom?” dan moet jy sê: “Daardie kant, daar vèr al, toe jy nog op daardie bult aangekom het.”
Dan dink hy dat jy net baie van hom dink; maar as jy somaar antwoord: “Ek het jou nou hierso voor my die eerste gewaar,” weet dan dat dit met jou lood sal gaan, want gou-gou soek hy skoor.’
‘Maar oom Ruiter, as dit nou baie droog word, die veldkos kwyn weg, die wild verlaat die streek, wat maak die Boesmans dan met hulle ou volk, wat van ouderdom te swak is om so ver mee te loop?’ vra Platjie met groot nuusgierigheid.
‘Kyk my jonkie,’ hervat Ruiter, ‘so lank dit volop
| |
| |
is, en daar baie wild en veldkos is, versorg die Boesmans sy oues met die diepste respek, en verpleeg hul op alle maniere. Maar as die droogte kom, en gebrek steek sy kierie orals rond om al wat eetbaar is weg te maai, dan moet die Boesman plan maak om die groen velde op 'n ander plek te gaan opsoek. Sy ouers sal tog mos op die ou staanplek gevrek het. Saam kan hy hul nie dra nie - anders hoe jag hy? Dan vat hy doringtakke, maak teen 'n wal of groot klip 'n doring kraaltjie, plaas sy ou swakkes daarin, vat al die kos wat hy by hom het, laat dit vir die oues en bring water ook nog aan en laat dit alles vir hulle daar. Dan pak hy die kraaltjie so dig toe dat g'n ongedierte by die oues kan kom nie. As kos en water op is, moet die oues van honger en dors sterwe.’
‘Het oom Ruiter dit self met jou oë gesien?’ vra Platjie en twyfel.
Ruiter vat sy ken, laat sy kop sak en sê met 'n hoofgeskud: ‘Nee, ekke nie, maar my ma het my so vertel. Jy moet verstaan hul doen dit net aan wat al oud en kinds is en aan wat nie meer kan loop nie.’
‘Nou, oom Ruiter, waarom moet die ou nasie dan so danig met gifpyle werk; kan hul dan nie wild sonder gif skiet nie?’ vra die leergierige Platjie.
‘Jonkie, dis nie te sê dat hul altyd gif gebruik nie. Nee, hul maak ook vanggate, wippe en ander verstrik- | |
| |
kings. En dis ook nie te sê dat al die pyle gif aan hul het nie. Nee, baie pyle het nie gif nie. Maar nou sal ek jou sê waarom hul gif gebruik. Jy sien dat hulle pyle maar klein en lig is, en gemaak van 'n sterk skag van fluitjiesriet, 'n voet 'n half lank. Vooraan sit 'n harpoen van hoepelyster, been of vuurklip gemaak. Agter die harpoen, teen die riet word die gif in 'n bruinswart laag gepleister - omtrent 2 of 3 vinger langs die riet af. As die harpoen die wond maak - al is dit maar 'n skrapie - is die gif by om dit te vergiftig; die uiteinde is die dood. As nou die Boesman 'n gemsbok of ander bok, met die ligte pyl tref, voel so 'n bok of dier nie oombliklik die skot nie, hy ontvlug en word nog mettertyd boënop gesond. Maar as daar gif in die wond kom, moet 'n dier, of 'n mens, vrek. Maar nou volg hy die spoor en vind eindelik die geskiete ding dood lê. Hy sny die stuk vleis om die pyl uit, en die ander part van die bok kan hy eet, want die gif is terug getrek na die pyl, en dan nog, die gif is dodelik as dit in 'n wond of in die bloed kom, maar in die maag maak hy niks nie.
Sommige pyle het skerp, spits been punte om dwars deur te skiet - as 'n reël bevat sulke pyle nie gif nie. Die boog word gewoonlik van 'n karee lat gemaak, wat netjies gesny en gebrand word. Die boog hout word met vet onderhou om nie te laat bars nie. Die snaar word vervaardig uit senings. 'n Ligte Boesman sal 'n
| |
| |
boog span sodat sy skouerblaaie agter teen mekaar klop; terwyl iemand, wat nie gewoon is om boog te span nie, sal swaar kry om dit halfpad so ver te trek. Hy is 'n gebore en 'n vernuftige jagter. Soms hang hy wildvelle om hom, sodat hy na die dier kan lyk. 'n Volstruis kan hy baie natuurlik namaak; deur 'n lang stok in die nek te steek, laat hy die nek na goedvinde sak en lig. Hy sorg net dat hy bokant die wind weg bly, sodat die wild nie sy ruik kan kry nie. Het hy nie wildvelle om hom daarmee te vermom nie, dan bind hy bossies om sy lyf en maak 'n bossie na wat deur die wind heen en weer rond gewaai word.’
‘Wag, dis goed dat oom Ruiter my dit vertel. Nou sal ek die rondwaai bossie in die veld goed beskou,’ sê Platjie toe hy rondkyk of hy nie bossies sien omkantel nie.
Ou Ruiter vervolg: ‘Die pyle dra hy in 'n pylkoker, wat word gemaak van die kokerboom. Hy hol die twee voet lang stuk stam gemaklik uit, want dis voos binne in. Dan trek hy 'n stuk vel oor die onderste opening, sodat die pyle as hul in die koker agter sy linker blad hang, nie kan uitval nie. Die kokerboom groei hier orals op die rantjies volop.
As jy 'n Boesman in die veld ontmoet, wees net vrindelik met hom, gee hom wat hy vra, en as hy vir jou 'n werkie doen, prys en gee hom iets en maak nes
| |
| |
jy baie van hom dink. Netnou is jul maters en hy sal vir jou water in die droë streke wys. Hy sal 'n jaar werk om 'n windhond te verdien. Die windhond moet vir hom wild vang en hy behandel die hond net so goed as sy eie kinders.’
Hier word die gesprek onderbreek deur die aankoms van Tomas Verhef en sy vrinde, wat Koos verlaat het, net na hul die rivier deurgetrek het. Hul vlug nog maar een streep rond, - soos muise voor 'n grasvuur uit.
Tomas vra vir Koos wat die twee poliesie by die wa kom maak het, daar hul die poliesie by die wa flussies gesien het. Koos het tamelik veel te vertel gehad, waarop die vlugtelinge nog meer bang word, sodat jy 'n eier in hulle mage kon kook. Na Koos vir hom uitgekorswil het, vertel hy: ‘Nee, ek jok maar, die twee mans, wat flussies hier gewees het, en wat ons al die tyd as vlugtelinge aangedui het, is ook net sulke weglêers vir die wet as ons. Hul vertel ook dat hul 'n geruggie gehoor het, dat poliesie hier rondpatrol, maar die mense het vir hulle twee as poliesie beskou.’
Hierdie versekering het gerusheid gebring. Kort daarna kry Tomas berig van Rosa dat alles veilig is en hul maar perdgerus huis toe terug kan kom. Tomas en sy vrinde wil probeer om 'n paar leeus en tiers te skiet alvorens hul na huis vertrek.
Toe Ruiter van leeu en tier skiet hoor praat, was die
| |
| |
ou op sy troon. Hy pak 'n klip, wat daar naby lê, en gaan daarop sit.
Platjie, wat nader kom sit, vra: ‘As oom Ruiter so baie op groot jagte uit was, het oom seker baie leeus en tiers laat stof proe.’
‘As ek een geskiet het, dan het ek honderde van die gras af gemaak. Eendag gaan ek met ander Grikwas saam jag. Langs 'n spruit kom ons by 'n groot kol riet uit en toe ons voor ons kyk, staan daar langs die riet 'n groot bontpoot mannetjie. Hy beskou ons asof hy vir homself afvra: “Wie is nou die vetste onder die klomp, wat ek kan vang?” Ons vlug veilige plek toe. Almal se perde hol goed met hulle ruiters weg, maar my ou ryperd, Kolbooi, steek vas. Ek lê handsambok op, maar wie sê! Ek druk my hakke agter sy blaaie, maar toe spring Kolbooi eers rê-rê. Deur sy kop tussen sy voorpote te begrawe, en om met sy agterpote die son daarbo te wil raak skop, het hy dit reggekry om my voor die leeu op die oop veld te plant. Die leeu kry somaar in sy hart lekker, want hy gee 'n brul laggie. Toe kom hy na Kolbooi toe om te probeer of hy dalkies nie beter kon perd ry as ek nie. Toe my ou Kolbooi die leeu vir die eerste keer gewaar, klim die leeu van agteraf in die saal. Ou Kolbooi het 'n snork gegee en so effe weggevlie, sodat die baljaardery nie bo my plaas vind nie. A nee, die ou knol spook toe eers rê-rê; hy
| |
| |
duik weg dat sy neusgate op die grond die stof wegblaas. Toe mik hy nie meer met sy agterpote na die son nie, maar nog hoër na die blou lug toe. Die leeu hik ook en klou vas al wat sy tata en memme hom geleer het. Maar Kolbooi segevier en skiet die leeu dat hy so met 'n boog deur die lug trek en voor ou Kolbooi op sy neus te lande kom. Toe eers hol die perd weg, die leeu snuit sy neus kom kyk wat van my geworde het en toe hy sien dat ek so stil lê, kom hy ruik of ek asem haal. Glo my, toe hou ek my so dood as 'n mossie. Daarop maak hy sitplek van my en doen niks as om rond op my te skuiwe totdat hy my liederlik vol klei getakel het. Maar al die tyd hou hy sy oë gevestig op die ander Grikwas, wat dapper maneuwers maak om sy aandag van my af te trek. Eindelik begin my mense na die leeu te vuur. Die eerste het ge-oor; die twede een het ge-onder en raps my boënop met die koeël in die been. Maar die derde een, Ontong, het goed sy korrel voor die leeu se bors gesuie; toe die kruit in die leeu se bakkies blits, dop hy sy oë om, hy dood en ek verlos. Nee, ek het maar so gedink. Ontong, wat die derde skut was, het vergeet om die koeël op sy roer te laai, so het hy met los kruit geskiet. Die leeu kies hom. Al die perde hol met hulle ruiters weg toe hul die leeu se ruik kry. Ontong is nou op die grond en kan nêrens heen vlug nie, as net boom in; hy het deur die doringtakke so gou as 'n gebotterde
| |
| |
sonstraal geklouter. Daar bo sit hy in die takke, daar onder op die grond sit die leeu kop in die lug om Ontong te beskou en te seën.’
‘En waar was julle toe?’ vra Samuël.
‘Ou beste, ons was skoonveld weg,’ antwoord Ruiter met 'n dwars handveeg voor sy mond.
‘En wat het van Ontong daar bo in die boom geworde?’ vra Platjie.
‘Ek glo, as ek my nie vergis nie, dat hy vandag nog daar in die doringboom sit,’ antwoord Ruiter.
‘Skaam jul nie vir julle nie?’ vra Samuël.
‘Ou swaer, jy vra my nou so diep in, maar as jy Ontong gewees het, sal jy so gepraat het, en as jy Ruiter en sy maters gewees het, sal jy net dieselfde gedoen het. Het jy dan lus dat die leeu vir die twede maal van jou 'n rusbank kom maak?’ vra Ruiter.
Samuël dink diep en sit stil, lig sy kop en sê: ‘In gevaar dril my broekpype; buiten gevaar storm ek 'n olifant op tienduisend tree.’ Maar Platjie sê: ‘As ek Ontong gewees het, sit ek nou nog klein gebedjies opsê.’
|
|