| |
| |
| |
Hoofstuk XV.
Buk-en-kruip-in, of Kopstamp-en-eina-sê.
Omtrent brekfistyd was die twee geleende osse daar. Die Boesmans het twee van Koos se osse die vorige dag doodgskiet, nou kom hy twee in sy span kort, en hy het nie genoeg kontant om twee ander osse te koop nie, aangesien hy al sy negosiegoed vir skape en bokke verhandel het. Hy sal egter na twee weke die twee osse terug lewer, of die geld daarvoor stuur.
Na hy van sy vrinde op Gansmond afskeid geneem het, waai ou Samuël die sweep oor, en klap ewe parmantig kwa-ba! kwa-ba! met die voorslag, en daar rittel die wiele van Koos Fonk se wa vort. Langs Hartebeestrivier af sit Koos sy smousery voort tot hy eindelik by 'n seker bekende plek kom, waar meestal Grikwas met hulle vee staan.
Onder die groen bome span hy uit. Toe hy die laaste os uitgespan en die agterjuk voor die disselboom staan gemaak het, kom twee Grikwas aan. Die een met name Tomas Verhef weet goed wie Koos Fonk is, en Koos wederkerig weet ewe goed wie Tomas Verhef is. Ver
| |
| |
vandaan roep Tomas uit: ‘Môre, meneer Fonk! A, hier is my ou vrind weer in ons midde terug!’
‘Môres, môres,’ sê Koos toe hy blad stoot en altwee die hande hartelik druk.
‘Dis ons lerart, Kleopas Kipie, hierdie - hy kom vir ons preek en hou gereëld orals dienste,’ sê Tomas.
‘A so, Eerwaarde,’ sê Koos, ‘bly om jou kennis te maak. Kom sit, sit, hier is veldstoeltjies.’
Die twee neem sitplaas terwyl Koos nog hieraan en daaraan rond vat. Maar al die tyd bly sy oë op die Eerwaarde, wat net 'n wonderlike figuur slaan. Hy het twee groot bont lappe gehad op die knieë van sy swart broek. Ook was die ellemboë van sy groen manel eweso versier. Die swart keil was as 'n blom van die veld, na ryp worde, van sy skoonheid ontroof, terwyl die bont geruit onderbaadjie tot hoog onder sy keel toegeknoop was met knope van allerlei grootte en kleur, net so in die volle smaak van die Grikwas.
Tomas Verhef was 'n geslepe onderduimse vent. Hy wil graag hoë woorde gebruik, maar breek te dikwels sy hoogvliënde wieke, en val perdoems! op die grond. En al help 'n mens hom met sy verkeerde uitspraak reg, dan nog spartel hy rond met sy afgekapte vlerke.
Koos Fonk kom sit en weet hoe met Tomas rond te spring; want om in Tomas se goeie boekies te kom,
| |
| |
prys hom maar. Hy is met 'n blanke vrou, Rosa Kulm getroud. Die arme meisie se ouers het uit anderland vir 'n landreis deur Suidafrika rondgetrek. Ongelukkig sterf haar ouers in die onbeskaafde deel en so is sy deur die Grikwas opgeneem; hul het haar na hulle beste vermoë opgevoed en later is sy met Tomas getroud. Daarom het sy vrinde hom Tomas Verhef genoem, omdat hy hom bo sy stand verhef het.
‘Het jy 'n groot gemeente?’ vra Koos aan Kleopas Kipie.
Nog voor Kleopas antwoord kan gee, val Tomas in die rede: ‘Nee, ons lerart is maar 'n reisende pistool.’
‘Jy meen 'n reisende pastoor,’ verbeter Koos hom
‘Ag kyk, hoe verspreek ek my!’ sê Tomas, toe hy sy hand voor sy mond plaas. ‘Ja, ja, hy besoek so orals verdwaalde skape, want ofskoon hy ywerig in die wyngaard arbeid, verdra hy darem nie dat andere te veel aan die druiwestok melk nie. Nee, hy belet tenenemale dat iemand so allerkrintig sterk sy koffie of tee drink.’
‘Maar ag, wat is tog die naam weer van die Eerwaarde?’ vra Koos Fonk, wat maar altyd besigheid in die kop het.
‘Sy naam is Kleopas Kipie - 'n Kristeliet in wie g'n gedrogte is nie. Sy geboorteplek is Kno.... Kno....
| |
| |
K'nonfontein - daar dig... dig... digteby waar Dawid die wortel gegrawe het. Hy is nie so hoog sprekend nie, want hy het nooit die kans gestaan om in 'n Semikwarie te katkeseer nie. Hy praat vry uit sy voorbors, en draai 'n preek uit die kerkalmanak los, soos 'n geleerde lerart dit nie uit die Groot Boek sal nadoen nie. Hy is 'n vreetagtige persoon en mishandel sy gemynte net goed.’ Dit was die introduksie wat Tomas van Kleopas gee.
Met sy twee hande oorkruis geleun oor sy staf, antwoord Kleopas ewe bedaard: ‘Ja, meester Fonk, ek trag alles in my vermoë 'om die regte pad te koers; maar die pad is smal, klipperig en vol struikelblokke - 'n mens gly soos seep en kom op sy knieë en ellemboë te lande, of val plat in die stof. Ek moet bely dat ek nie met twee vlerkies agter my blaaie die wêreld ingestap het nie, maar was dorstig van die begin gebore - dorstig om goed te doen, en dorstig om my ewemens te help.’ Koos vat die wenk.
‘En weet jy, lerart, waarom jy sonder vlerke gebore is?’ sê Tomas. ‘Dis net om nie te hoog te vlie nie, maar om liewers in die stol nes 'n wurm die mens te onderkruip - dit is nou my gevoeltes.’
Koos weet dat Tomas hom verkeerd uitgedruk het, klop Tomas op die skouer: ‘Nou praat jy padlangs. As 'n wurm jou onderkruip, dan laat hy jou darem
| |
| |
nie op die naat van jou rug val nie - daarvoor moet jy oppas.’
Net by hierdie geleentheid kom Platjie agter die wa om en sê: ‘Dag, oom, dag, ander oom.’
Tomas kyk Platjie met gerekte oë aan, kou-kou op sy pruimpie: ‘Twaai! En wie is jou oom, jou vergalgste Hotnotjie!’
Platjie skrik en sê: ‘Ekskuus dan, baas, vir die mistrap. Dag baas, dag ander baas!’
‘O - dis reg. Jou parmantige Hotnotjie, jy is nog veels te klein vir jou pantoffels om so vergeestelik en voorpostig te wees. Jy moenie jou somaar verspreek nie. O, julle kleingoed weet nie meer om 'n ou mens te prospekteer nie.’
Koos sê: ‘Jy meen respekteer nie.’
‘Ag ja, ag ja. Kyk hoe verspreek ek my, maar die Hotnotjie het my die paaifoelie ingemaak dat ek somaar oor my tong struikel.’
‘Aai, nou kan ek hoor dat ek nie die enigste is wat my verspreek nie,’ sê Platjie op so 'n toon of hy lekker kry.
Tomas rek sy oë, kou-kou sy pruimpie en kyk Platjie kwaai aan, waarop hy sê: ‘Kom, meneer Fonk en lerart, laat ons liewers huistoe loop, eer ek die ketter se nek vir hom omdraai.’ Hy staan op om te stap en vertel aan Kleopas hoe vererg hy gevoel. Dit kan nie anders nie, Koos leer Platjie so.
| |
| |
Die hartbeeshuis van Tomas is maar tydelik gewees. Die deur was omtrent vyf voet hoog, ofskoon Tomas en sy vrou baie langer was. So het Koos die plek die naam van Buk-en-kruip-in gegee. As Tomas iemand innooi, sê hy altyd met 'n laggie: ‘Buk esel, of jy stamp jou kop. My plek se naam is: Kop-stamp-en-eina-sê.’
Rosa, die vrou van Tomas Verhef is baie goedhartig - sy sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met 'n baksteen skrop. Maar o, sy is so fyntjies, of soos Platjie dit noem: ‘Sy is fiyêrig - so danig aanstellerig’ en kan haar soms soos 'n kind gedra.
Toe die drie mans na die hartbeeshuis aangestap kom, staan sy in die deur en toe hul 'n endjie nog verwyderd is, roep sy oor die onderdeur uit: ‘Ag, waar kom dit vandaantjies? En hoe gaantjies dit, meneer Fonk?’
‘Goeiendag ou niggie,’ roep Koos uit. ‘Met my gaan dit so fris as met 'n vis in die water - net ek voel nog nie nat nie,’ sê Koos toe hy nader stap en sy hand uitreik. ‘En hoe gaan dit hier by Buk-en-kruip-in met al die goeie mense?’
‘Jy vra hoe gaan dit? Nee. by ons staan alles doodstil. Ons beurtjies vorentoe - na beter. Ek kom verder in die buurte nêrens rond nie, want my man sê altyd vir my: jy kan met Jan Tuisbly se karretjie gaan kuier. Is dit nou reg van hom om so te sêtjies?’
| |
| |
‘Volstrek nie is dit reg van hom nie, want 'n vrou se vlerke en hande moet 'n mens nooit afkap nie; sy weet wat die beste is om te koop - nie waar nie?’ Dit sê Koos om die kooplus van die vrou op te wek. Hy vervolg verder: ‘Die vrou moet die geldbeurs dra.’
‘O nee,’ antwoord Tomas. ‘Ek wil bobejaan nie die oppasser van my vyeboom maak nie.’
Hulle stap binne en gaan op veldstoeltjies en rusbanke sit. Koos werp 'n vlugge blik rond en sê: ‘Arrie, julle lewe net lekker hierso.’
‘Dit sal jy maar dink. As dit mooi gereën het, en die veld dan volop kos en water lewer, gaan alles huppeltjies aan. Maar as die reën weer wegbly, die veld verdor en skape vrek, skree die kraaie “naar, naar, want dis maer, maer”. Ei, dan wil ek somaar wegloop en die plek verlaat.’
‘Na watter Kanaän wil jy dan wegdros?’ vra Koos.
‘A, na jou pragtige Boland, wat jy so baie tot in die wolke prys,’ val Tomas in die rede. ‘Daar waar beestelikhede en traansakkies julle altyd geld in die sak in bring.’
‘Ou man, sê tog besighede en transaksies,’ verbeter Rosa haar man.
‘Wil jy dan meer beterder weet as ek?’ brom Tomas.
Hierop kom 'n meisie ingestap. Sy is 'n bruin-geelbekkie, soos hul so ene sou noem. Sy het 'n deftige hou- | |
| |
ding, is eenvoudig, maar netjies en skoontjies gekleed. Waarop Rosa aanmerk: ‘Dis my dogter, Emma. Het sy nie gerekkies nie? - begryp, sy is nog maar 20 jaar oudjies.’
Koos, wat maar aan besigheid dink, om in die ouers hulle goeie blaadjies te kom, roep uit: ‘Dag, jong nooi. Jou pa moet 'n yster drumpel insit, anders trap die jongkêrels die hout aan flenters oor jou.’
Rosa glimlag, en vertel: ‘Nee, sy wil mos nie met 'n Ondervelder trou nie, sy wil net 'n Bolander hê. Daar is mos baie van ons klas mense daar, nie waar nie? Sy sê sy wil graag naby die seewater wees, want sy het gehoor dat 'n mens al die diere wat op die land is ook daar in die see kry. Is dit regtig so, meneer Fonk?’
‘Nee, dis nie so nie,’ sê Platjie, wat al die tyd voor die deur staan om aan sy baas te sê dat daar mense by die wa is, wat op hom wag. ‘Nee, in die see is nie molle nie, daar's ook nie muise nie, want as die see in hulle gate loop, vrek hul.’
Woedend rek Tomas sy oë nes 'n kwaai bobejaan, kou-kou die pruimpie: ‘Twaai, wat weet jy van die seewater af? Wat weet 'n aap van tonteldoos en vuurslag af?’
‘Aai, oom Tomas - ag ekskuus, baas Tomas, ek is 'n bolandse Hotnot en eet aldag see se kos....’
By hierdie tyd het Tomas die onderdeur oop gepluk
| |
| |
en met uitspring, soe! eina! stamp hy sy kop teen die latei dat die sterre voor sy oë oor mekaar vrommel. Hy bly staan en Koos roep vir Platjie wat vlug, agterna: ‘Wat soek jy hier?’ Waarop Platjie terug roep: ‘Baas Willem se volk is hier om die osse te kom haal.’ Daarop sê Koos: ‘Sê hul om te wag. Ek kom aanstons.’
Dit was amper etenstyd, Tomas en Kleopas stap uit om hande en gesig te gaan was. Toe hul weg is, vra Rosa: ‘Wat dink jy van ons lerart, meneer Fonk? Hy is vandag 'n man met 'n swart vel, maar binne in hom sit 'n spierwitte hart. Hy is nie een van die gestudeerdetjies nie, maar hy is 'n man van grote begaafheid.’
Emma begin tafel te dek en Tomas kom alleen weer terug en vervolg die gesprek van sy vrou: ‘Ja, die Boek sê die een mens het een komplement, die ander vyf komplemente en die derde het tien komplemente ontvang. Maar ek is oortuig dat ons lerart (Tomas tel op sy vingers) al sestien komplemente ontvang het.’
‘Ag, ou man, sê tog talente en nie komplemente nie,’ was die teregwysing van Rosa.
‘Wag, daar verspreek ek my weer. Wel, hy woeker net kwaai met al sy vermuf om ons te beskaam.’
Koos wil oom Willem se volk nie langer ophou nie; daar hy nog 'n brief moes skrywe, kon hy vir die ete nie wag nie. Rosa egter het kos later agterna gestuur.
Toe geroep word om te eet, storm die ongepoetste
| |
| |
kinders van Rosa binne. Sommige smyt hoede en kappies op die grond neer, andere hou dit op en hul storm die tafel met ete. Party van hul staan, terwyl weer andere hul op banke aan tafel neerplak. Kleopas Kipie sit ewe sedig aan die regter hand van Tomas.
‘Sal jul julle hoede afhaal, of is daar dalkies voëltjies onder, wat kan wegvlie?’ brul Tomas.
‘'n Mens sal sê, julle is onder 'n kalkoen uitgebroei en dat ek die kalkoenwyfie is, so ongemanierd as jul vir julle gedra,’ sê Rosa, wat haar kinders geen tug laat verstaan het nie.
Tomas klop op die tafel en sê: ‘Stilte! Eerwaarde, sê vir ons tog eers 'n goeie woordjie.’
Die onhebbelike klomp sit net op die laaste woord van Kleopas te wag en hul roep uit: ‘Pa, pa, wat het die Eerwaarde daar afgebrom? - Ek wil die tong hê - ek wil die oog hê - ek die voorpootjie hê, want ek eet g'n agterpootjies nie...’
‘Waggies, waggies kinders - nie so haastig nie - ons kan nie almal se sin gelyk gee nie,’ sê Rosa.
Maar Tomas brul: ‘Wag, of ek smyt die hele boel van julle tot dwars in die middel van ander week. Moenie soos uitgevrete wolwe wees, wat oor 'n dooie perd kompliteer nie.’
‘Ag, my liewe ou man, wie praat nou aan tafel van dooie perde; plak die monde van die kinders liewers toe,’ sê Rosa.
| |
| |
Toe roep die kinders: ‘Plak my mond toe met die tong - myne met die oog - myne met die voorpootjie en die Eerwaarde syne met die skaapgorrel.’
Toe hul net klaar is om van tafel op te staan, kom daar berig dat 'n giftige slang vir Platjie gebyt het. Ou Adam Danster is gou by gewees met sy slangmedisyne en hy dokter net hard en fluks.
Tomas dink hieroor nie so danig erg nie en sê: ‘Hul maak dit weer erger as dit is: pap word altyd warmder gekook as dit geëet word.’
Toe Platjie beter onder die hand van ou Adam Danster word, gee hul Platjie nog meer brandewyn in. Toe hy daarvan smoordronk word, sê 'n ou Boesman wat daarby staan: ‘Ei, Platjie, waarom het ek vandag nie jou lyf nie!’ Hy staan nog 'n rukkie te kyk, skud kop, stap so 'n endjie weg en vervolg: ‘Ei, waarom het die slang nie liewers vir my ook gebyt nie.’
Toe Platjie so dronk is, word hy gevoelloos vir die brandende pyn. Verder gee hul hom so veel melk as hy kan drink. Na hy uitgeslaap het, is daar aanvankelik beterskap gewees.
Hierdie gerugte het baie mense na die wa getrek. Koos handel en smous dat hy hom hees praat. Maar die volgende dag sal Kleopas Kipie 'n diens daar hou en dan verwag hy nog 'n groter opkoms van Basters, Grikwas, Hotnots en Boesmans.
|
|