| |
| |
| |
Hoofstuk XIV.
Wat die fees by Gansmond gekos het.
Nog staan die mense met Tys Bokkies te jil, toe kom Platjie en Samuël van hulle soektog na Koos se osse terug - hulle was moeg en dorstig.
‘Waar is die osse?’ bulder Koos uit, ‘julle het seker net by die eerste die beste bos gaan lê slaap in plaas om na die osse te soek! Kom vertel my nou op die daad, waar is die osse?’
In sy broek geknyp en met 'n hees stem antwoord Platjie: ‘Baas, ons het nie geslaap nie; maar al die tyd geloop. Ons het die spore van die osse gekry en dit vir 'n lange end gevolg, maar ons vind ook die spore van vier Boesmans, wat die osse aangejaag het. Ons het nog 'n end geloop, maar het gou terug gekom om dit vir baas te vertel.’
‘Nou, mooier wil ek dit wrintig nie hê nie! Osse weg - Boesmans het hul gesteel. Toe, vat die roers, gaan skiet die Boesmans en bring die osse vir my hier!’ roep Koos moedeloos uit. ‘'n Mens kan nie eers 'n
| |
| |
bietjie plesier hê nie, of hy kry daarop ergernis. Aai, julle maak die wêreld bitter vir my.’
Hierdie gerug het soos 'n vuur deur die gras versprei en almal - Boere sowel as Basters - voel jammer vir Koos; maar ou Tys Bokkies uit die staanspoor sê: ‘Ek gaan geen Boesmans soek nie, want ek het geen Boesmans verloor nie.’
Ag man bied hulle dienste aan om Koos Fonk gewapend te vergesel en te trag die osse uit die hande van die Boesmans te red. Koos huur nog vier Hotnots om die twee beesvel-skilde te dra. So 'n skild word van 'n hele beesvel gemaak. Aan weersye word twee paaltjies bevestig om dit stewigheid te gee en om die skilde daaraan te dra. Die pyl van 'n Boesman is nie in staat om deur 'n droë harde beesvel te dring nie - behalwe miskien pyle, wat 'n skerp beenpunt besit, maar sulke pyle is gewoonlik nie vergiftig nie.
Daar is geen tyd om te verloor nie - die ryperde word dadelik uit die veld gehaal. Gelukkig het hul geweet waar nog 'n derde skildvel te kry is en dadelik word daarvoor gestuur. In die skilde is langwerpige regop skietgate gesny, sodat die tromp van die roer daardeur kan gesteek word en sodat daar nog genoeg opening bo bly om korrel deur te vat. Verder word vir die nodige verpleging gesorg ingeval iemand deur 'n gifpyl mag getref worde.
| |
| |
Omtrent twaalfuur vertrek die 15 manskappe - die Boere en Basters ry te perd en die Hotnots slaan voet. Oom Willem word tot kommandant gekies, omdat hy dapper is en kan in die grootste gevaar sy hoof koel hou; hy het ook die manier om Boesmans te beveg grondig en uitstekend verstaan. Platjie en Samuël moet ook mee om die spore en koers te gaan aanwys. Hul vertrek op 'n drafstap, want hul was oortuig dat die Boesmans nie sal rus alvorens hul die oorkant van die rantjies gehaal het nie.
Oom Willem spoor hul tot spoed aan en sê: ‘Burgers, ons moet aandruk om vroeg vanaand terug te kan wees; want as ons nie al die Boesmans in hande kry nie, kan dit wel maklik gebeur dat die Boesmans, wat vry bly, ons in die donker agtervolg om gifpyle deur ons lyf te jaag. Ons moet almal vang.’
‘Wat praat oom Willem nog om die Boesmans te vang! Ons moet sonder pardon die gediertes somaar uit die staanspoor die blou boontjies oplê en hul voor die voet weg maai,’ sê neef Hans, wat meer kan praat as wat hy hart voor besit om dit te doen.
‘Ja, neef Hans, windmaak en klere uitwas is twee aparte dinge. Ons sal wag om te sien wat die tyd ons sal leer,’ merk oom Willem ewe kalm op.
Vooruit loop Samuël en Platjie om die spore te wys, dan volg die perderuiters, en dan die Hotnots, wat
| |
| |
die goed dra. Intussen word baie verhaaltjies van Boesman-kommandos vertel.
Platjie hoor al die staaltjies met gespanne aandag aan en sy moed verlaat hom, sodat hy in ou Samuël se ore fluister: ‘Oom, hoor wat vertel hul alles daar, ek word nou regtig bang; my hart het al tot in my veldskoene gesak.’ Daarop stel hy hom mank aan en hoe verder hy loop, hoe manker hou hy hom.
Koos vra: ‘Platjie, wat makeer jou?’
‘Baas, 'n doring het my gesteek, en ek kan hom nie uitkry nie,’ antwoord hy ewe beteuterd.
‘Wel Platjie, as jy nie verder kan loop nie, moet jy maar hier tot middernag wag - dalkies vang jy nog die Boesmans wat terug vlug.’ Koos klim van sy perd af en sê: ‘Platjie, kom hier, laat ek sien waar die doring sit.’
Platjie trek sy veldskoen uit en wys kamma die plek aan. Koos stryk sy skerp knipmes onder sy veldskoensool en begin aan Platjie se voetvel te skil. Platjie gril en spring gesond op en stap so reg as kom kan.
‘A,’ sê Koos, ‘dis neusie verby met jou. Jy het gedink om perd te ry, nè? Maar dit sal jou en Samuël in vervolg leer om beter agter julle werk te kyk eer jul fees gaan vier.’
Steeds gaan hul op 'n drafstap voort en kom so by 'n os uit, wat die Boesmans met 'n gifpyl doodgeskiet
| |
| |
het. Toe Koos dit sien, sê hy: ‘Daar het jy dit - die eerste part van die feesrekening van gistraand.’ Hy bekyk die os en sê: ‘Dis die os, wat die pote van seer was. Die arme ding het glo nie verder gekan nie. So het hul hom die lewe nie verder gegun nie. Die ding sal nog verder uitdraai op 'n droefheid op note.’
Oom Willem merk op: ‘Omdat die os se pote seer gewees het, kon hy gewis nie gou genoeg na die Boesmans hulle sin draf nie. Liewers om hom lewendig vir sy baas agter te laat staan, het die ellendelinge die arme dier dood geskiet, want hul gun 'n ander mens mos niks nie.’
Aan die os het hul nie veel gedoen nie, as net om die tong, lewer en van die binnegoed te braai; want hul was miskien haastig en het hul nie veel tyd gegun om hulle honger te stil nie.
‘Al moet ons die volk 'n bietjie aandruk. waardeur ons hul 'n bietjie sal moor, dan is ons vroeg by die Boesmans om hul vas te keer en dan die osse af te neem; so nie, dan kan dit gebeur dat die lamme pakkasie ons nog sal agtervolg en seer maak,’ sê oom Willem.
Waarop Koos sê: ‘Ek het vir die volk en vir ons 'n bietjie versterkdruppels saamgebring en dit sal hul aanspoor om 'n bietjie vermoeienis te kan verduur.’
Weer sê neef Hans: ‘Og wat, laat ons hul somaar vaskeer en op die plek doodskiet, dan kan ons mos op
| |
| |
ons tyd vroeg terug keer.’ Maar grootpraat, lyf wegsteek en toesien dat sy maters self vir hul uit die gevaar red, is mos altyd die ou neef se voorland gewees.
Omtrent twee-uur kom die kommandotjie by 'n koppie aan, alwaar daar 'n kolk met water is. Die dagis warm en soel, die muggies en blinde vlieë is lastig.
‘Hier moet ons afsaal, die perde laat rol en water drink,’ sê oom Willem. Koos deel nou uit iets te drinke om die mense en volk te verkwik. Daarop stap die helfte van die manskappe die koppie uit, terwyl die ander op order van oom Willem by die saals en perde bly.
Neef Hans, wat nie van die dapperste is nie, was een wat by die perde gebly het. Hy begin Platjie te pla deur te sê: ‘Platjie, bewe jou broekspypies nog nie? jong, hoe lyk die wêreld vandag vir jou; dink jy om ooit weer die Boland te sien? Vandag sal jy jou lyf smal moet hou, anders dril die Boesmans se gifpyle deur jou tabernakel. Ei, en dan kan die ou nasie so fyn as 'n bobejaan met hulle klein ogies sien om netjies korrel te vat.’
Met 'n senuweeagtige gelaatstrek kyk Platjie eers ander pad, waarop hy 'n sware sug slaak. ‘Vandag gaan ek my lyf bêre, want ek is liewers bang Platjie as oorlede Platjie. Onder die kooi ingekruip, is ek nog baas; maar onder die kooi uit, is 'n ander oor my baas.’
‘Jy is heeltemal reg, Platjie,’ fluister Hans sag- | |
| |
gies aan Platjie en hy hou op met sy gekorswil.
Die manskappe bo-op die koppie sit die wêreld met 'n verkykertjie te spioneer: ver teen 'n rantjie sien hul 'n rook uitslaan, en hul kan osse aan die voet van die rant beken. Dadelik kom hul terug, saal op en ry vort. Omtrent drieuur was hul by die plek; op veilige afstand klim hul van die perde af en bind die teuels aanmekaar. Oom Willem gee orders aan Samuël en Platjie om met die base die perde te bewaak, en skilder hul die dood voor die oë as hul één perd durf laat weghol. Verder het hul die plek goed verken. Hul ken die rantjie en weet van al die gate, wat in die kranse is; maar die gate is nou toe verskans. Oom Willem order dat die drie skilde - een voor en een aan ieder sy - dig om die mense moet gehou worde. Deur die skietgate kyk oom Willem met 'n paar man rond, om te sien van watter kant die pyle teë die son trek.
‘Let op die groot spelonk, en laat ander weer na die sye kyk,’ is oom Willem se orders.
Stadig beweeg die paar man in die beweegbare fortjie na die rantjie en toe oom Willem reken dat hul onder pylskot is, gee hy order om te stop. Hy laat die mense twee hoede op stokke bo oor die skilde uitsteek, kastag asof dit twee man is, wat loer. Dit word so behendig deur aanwysing van oom Willem uitgevoer, dat die Boesmans vir geen oomblik twyfel nie dat dit werkelik
| |
| |
twee persone is wat oor die skilde loer. Hier kom die eerste pyl en volg een na die ander as voëlskote. Na 'n rukkie sê oom Willem: ‘Nou weet ek voorseker, dat drie Boesmans in die groot grot verskans lê. Pas op vir die vierde man, let op hom. Tekens word gegee om sy skote uit te lok, en nie te lank nie of hier kom die eerste pyl van die linkerkant van 'n klein grot af.
‘Toe, laat ons nou met ons skilde retireer en ons buiten pylskot afstand plaas,’ is die besadigde orders van oom Willem.
Op veilige afstand roep oom Willem al sy manskappe bymekaar en gee orders: ‘Kyk, burgers, die son sak en ons moet haastig speel. Ek is seker dat hier nie meer Boesmans is as die vier nie, wat die osse aangejaag het en waarvan ons die spore gevolg het. Ek sal my rede daarvoor aan julle verklaar. Daar staan nog al die nege osse; die vleis wat hul hier weer gebraai het, is wat hul saam gebring het van die os, wat hul daar agter doodgeskiet het. Hiernaby is g'n water nie; dus sal hul die osse, wat hul kan aanjaag nie hier kom slag nie; maar wel daar agter tussen die dik bosse, waar hulle meide en kinders is en waar daar g'n trek mense naby is nie. Daar is mos water in oorvloed.
‘Ons kan hierdie vier Boesmans makkelik vang, of doodskiet - want hul het ons die eerste aangeval - sonder dat ons nodig het om baie kruit en skiet- | |
| |
goed op te mors. Kyk, Daantjie, Hendrik en Berend, op julle kan ek reken; gaan met twee skilde en die vier Hotnots om julle te help. Loop om die punt van daardie rantjie. Jul sal altyd onder pylskot uit wees, maar handel versigtig. Maak dan 'n goeie klomp brandhout by die agterkant van die krans bymekaar. Loop agter die twee skilde aan en stort die brandhout oor die krans voor die spelonk neer, wat die drie Boesmans in sit. Die Boesmans kan jul nie uit daardie grot skiet nie, want die bopunt van die krans skiet ver vooruit. Intussen pas op vir pyle uit die sygrot waarin die een Boesman sit. Julle sien self hy is 'n goeie skut, want sy pyle tref ieder skoot die uitgesteekte hoede. So lang jul besig is om hout voor die spelonk af te stort, sal ons 'n gereëlde bombardement op die twee gate rig om hul daarin te bedwing. Voor die groot spelonk brand reeds hulle eie vuur; die brandhout sal dan vanself vuur vat. Ons sal ons egter so nou aan die wet hou as in ons vermoë, en sal deur die volk in Boesmantaal laat uitroep dat die Boesmans moet uitkom en oorgee. Ek sal met die ander manskappe hier intussen bly staan om van hier op die gate te skiet. Toe, loop en maak net soos ek jul order. Laat daar g'n fout kom nie.’
Daarop stap die drie man en vier Hotnots met die twee skilde weg en oom Willem laat aan die vier Boesmans uitroep om oor te gee.
| |
| |
Maar hul weier en roep uit: ‘Julle moet self kom om ons hier uit die gate uit te haal!’
Dit het nie lank geneem nie, of die brand en rook van die vuur knel die drie Boesmans binne in die groot spelonk; onderwyl word 'n gereëlde bombardement op die gate onderhou. Weer word uitgeroep tot oorgawe; maar net verniet en so is die drie Boesmans deur die koeëlskote omgekom en alles was daar stilveld.
Intussen het die sewe manskappe van die rantjie terug gekom. Nou word die aandag tot die een Boesman in die syspelonk aan die linkerkant bepaal. Daar was geen kans om hom uit te rook nie. Oom Willem vat 'n paar van sy vertroubaarste manskappe. Ingesluit tussen die skilde, nader hul tot na aan die grot. Die twee ou olifantroers spuug hande vol lopers in die skietgat van die skans; maar wat nie oorgee nie, is die Boesman. Hy het sy man tot die end bly staan en toe sy pyleskat uitgeput is, toe eers roep hy uit dat hy sal oorgee, mits sy lewe gespaar word - iets wat nie aldag van 'n Boesman kan verwag word nie. Maar hy is 'n bekende Boesman gewees, met die naam van Bamboes, en hy het op sy manier goed Hollands kan praat. Deur die boogsnaar was reeds die vleis van sy duim en voorvinger afgeskeur.
Toe sy versoek ingewillig word, en na hy gelas word ongewapend te voorskyn te kom, kruip hy uit die grot,
| |
| |
en word gebinde met arms agter die rug en 'n riem om die nek, en word voor die perd uitgedrywe.
Daarop word vir die terugtog gereed gemaak. Maar waar is neef Hans? Hy word, kop vorentoe, in 'n ertvarkgat gevinde, en vertel dat hy gedink het dat 'n Boesman daarin gevlug het. Hy het agterna gekruip en toe bly vas sit.
Platjie was ook baie weg; opgeroep, kom hy agter groot klippe uit en weet te vertel dat hy terug kom na hy agter 'n Boesman aan gehol het. Die kommandojtie kom moeg, maar in welstand die aand donker tuis met 8 uit die 10 osse van Koos; want één is ook deur die Boesmans voor die gate in die geveg doodgeskiet.
Bamboes word vasgemaak en opgesluit. Die vraag die ander dag was, wat met hom te doen. Want hy is 'n held.
‘Wag, ek het hier 'n steekse perd, wat die kuns van spring goed verstaan, laat ons die Boesman daarop plaas om die perd in te breek.’
Die perd word gehaal en binne in die kraal gelei. Die ou Boesman word bloots bo-op die perd geplaas. Die perd plant kop tussen die bene en probeer die wolke daarbo raak te skop. Dan staan hy weer soos 'n mens op sy agterbene regop. Hy rol en skuur teen die boomstamme; maar wat bly sit, is ou Bamboes.
| |
| |
‘Mattie! Maar kan so 'n perd nie spring nie!’ sê een.
‘Wag, Bamboes sal hom inbreek; keer net! dat die perd nie oor die kraalheining uitspring nie!’ roep oom Willem.
Toe die perd hom uitgespook het, gee Bamboes die perd volle teuels, wips! glip hy oor die heining, daar trek Kolbooi en Bamboes en is tot vandag toe nog baie weg.
|
|