| |
| |
| |
Hoofstuk XII.
Mierkatte - Die fees by Gansmond.
Langs Hartebeestrivier af sit Koos Fonk sy reis voort. Die veld was hier byna mooier as op ander plekke, die rivier het orals water, dus was hier baie trekboere en Basters, sodat Koos net flink kon verkoop en handel. Verder langs die rivier af, ontmoet hy enige springbokjagters, want die veld krioel van bokke, wat van die droër streke om te wei soontoe getrek het. Naby die wa wei 'n klompie bokke. Koos stap ook met sy geweer soontoe. Hy skiet een bok en die ander vlug windop, reguit rivier toe. Toe hul op 'n steil krans vasloop, bly hul bo op daardie krans staan. Een van die jagters, wat te perd was, vat korrel op die voorbok, skiet hom, en dit val die krans af; die ander bokke, wat gewoond is om die voorbok te volg, spring die hoë krans agterna af en geen een van die klompie bokke het daar die dood ontvlug nie. Waar die voorbok heen vlug, daar volg die ander hom blindelings en trou. Dit was 'n hartroerende gesig om die bokke daar op 'n hoop te sien dood lê - bene af, nekke af en sommige leg nog rond
| |
| |
te spartel. Die gewondes word gepak en gou keel afgesny. Dadelik word vir 'n wa gestuur, en intussen is hul begin afslag. Al wat gebruik word, is die boudjies, voorblaaie en die dik vleis om biltong van te maak - natuurlik word die velle ook meegeneem. Dit was vir die jagters meteens 'n goeie vangs, want daar bestaan 'n goeie aanvraag vir droë springbokboudjies, voorblaaie en biltong. Daar was springbokke oor die ganse veld so ver die oog kan reik. So trag die jagters ook om die bokke te verdrywe, wat anders die veld so verniel en afvreet, dat hulle kuddes gebrek sou moet ly.
Twee springboklammertjies is lewendig en ongedeerd onder die dooies en gewondes gevinde. Dit het hul aan Platjie gegee om aan boerbokke groot te maak.
Een van die gewone skouspelle van Boesmanland is om troppe mierkatjies in die veld te sien wei, of na hulle houtegate sien hol. In die droë kalkknoppe grawe hul hulle woongate. As hul dit verlaat, gaan hul eers voor die gate 'n rukkie in die son regop sit, nes 'n apie, beskou die wêreld rondom hulle en as alles veilig skyn te wees, gaan die vreesagtige diertjie op sy weitog uit. Sy oog bespied nie alleen sy omgewing nie, maar ook wat bo in die lug aangaan; baie keer word hy nog verras deur die neerskiet uit die lug van 'n lammervanger-voël, wat hom dan gryp en met hom wegvlieg om hom op 'n veilige plek te gaan verslinde.
| |
| |
Ook is die Boesman die vernuftigste vyand van die ertmannetjies. Gewaar die Boesman 'n trop mierkatte wei, dan bekruip hy die gate en stop almal toe, behalwe één. Nadat hy dit gedaan het, gee hy effentjies pad om die mierkatte, wat lankal gesien het wat plaas gehad het, 'n kans te gee om na hulle gate vir veiligheid te vlug. In hulle oorhaas om almal by een en dieselfde gat in te storm, verdring hul mekaar om by die enige oop gelate poort in te vlug. Daar pak hul op 'n bondel, en vang en dood die Boesman hul. Sonder die mierkat (of ertmannetjie) af te slag, stop hy dit met huid en haar onder die warm as, om daar murggaar te bak. Daarna haal hy die lekkerny onder die as uit, trek die vel af, haal die ingewande uit, en eet wat daaraan te eet val smakelik op.
Dit is àl te belangryk om die maniere van die diertjies gade te slaan; hoe hul eers ewe versigtig uit die gate hulle koppies steek om te loer of daar niks gevaarliks naby is nie; hoe hul soos apies sit rondkyk en selfs die koppie skeef draai om te bespied of ook alles bo in die lug veilig is; dan ewe skrikrig en vreesagtig die klein kommandotjie vortstap om uintjies, goggatjies, skerpioene te grawe; hoe gou hulle hul op die agterpootjies ophef as daar onraad nader; hoe hul, stert in die lug, reguit terug gate toe vlug; hoe hul weer voor die gate eers op hulle agterpootjies verbou- | |
| |
ereerd gaan staan om hul nogmaals te oortuig of daar wel of nie gevaar is nie. Is daar wel onraad, dan woerts! aren! binne in die gate.
Saam met die grys mierkatjies, woon nog 'n ander groot swartbont soort, wat bekend staan as die waaierstert-mierkat, weëns hulle pragtige jakhalssterte. Hierdie soort, ofskoon hul saam met die mierkatte in die selfde gate woon, is eintlik geen mierkatte nie, maar 'n ontembare grond-eekhoorntjie. Aai, soe! die man kan hom met sy tande dapper teësit as hy in jou hande val.
Hierdie diertjies was vir Platjie tog te mooi en heeldag hou hy by ou Danster en Samuël aan om tog vir hom enetjie te vang. Ou Danster het daarin geslaag om een kleintjie van die grys soort in hande te kry, waarvoor Platjie hom om die hoekie 'n sopie gegee het; want deur Platjie die wa oppas, kan hy die goed almal bereik - tensy dit juis toegesluit is. Die mierkatjie het gou mak geword en soek toe self sy eie kos om die wa, maar kom so af en toe 'n stukkie rou vleis by Platjie bedel.
Die volk het verder daarin geslaag om 'n waaierstert ook te vang, maar dit het Platjie so aan die vingers gebyt, dat jy so nou en dan hoor: ‘Waaierstert se kind, soe! Waarom byt jy my so?’ Hy het die hokkie van hout, waarin hy opgesluit was, gou tot spaanders gevreet en hy was daarop skoon veld weg, waaroor Platjie nie al te veel getreur het nie.
| |
| |
Wel, met die verder trek het Koos Fonk eindelik te Gansmond aangekom. Hier was toe baie Boere bymekaar en maar enige Basters. Die kooplus was steeds goed en die besigheid nie slegter nie, want Koos verstaan mos die kuns om vir min negosiegoed baie vee in te handel. Hy besluit hier enige dae oor te staan en dan somaar by die geleentheid sy 36-ste verjaarsdag te vier. Hy vra die vrouens om die maal te berei, hy sal alles, wat daarvir nodig is, verskaf. Hul willig in, Koos is bly en sê daarop: ‘Nou, laat ons dit maar lekker hê, ek werk hard genoeg om die arbeid van my hande te geniet.’
Die pluimvee, speenvarkies em lanmers was reeds ingehandel, en wag net die dag van Koos se verjaarsdag af, om die hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die snakkende monde, in te gaan. Die oggend van die verjaarsdag het die volk die hoenders, eende, kalkoene en ganse genek. Koos self het die twee speenvarkies gelem, en dit was net moord en brand soos die arme diere om genade smeek. Maar vir hulle was daar geen ontferming nie. In 'n omsientjiestyd was al die goed so skoon as poedelnakende babetjies. Koos stuur die goed, tesame met die meel, eiers en ander materiale na die verskillende vrouens weg om gebraai te worde en om koek van te bak.
Koos maak orals die mense wys dat hy nog jongkêrel is - net om in die goeie grasie van die jong meisies
| |
| |
en hulle moeders te kom. Hy bespreek oom Willem se groot hartbeeshuis om 'n dans in te gee, want hy wil aan die jong mense ook 'n plesiertjie gee, terwyl hy self onder hulle die Katjie van die Baan wil speel. Sodra hy geleentheid daartoe kan vinde, spring hy rond, om gou in persoon te verneem of daar niks kort kom nie; want as daar mag fout kom, wil hy dit nie van sy kant veroorsaak nie. Die maaltyd sal in die aand plaas vinde om nie sy handel daardeur in die dag te benadeel nie.
Die hele dag is hy druk besig om goed te verkoop en na die inhandelvee te kyk. Maar om 4 uur sit daar eers 'n groot bank mense om die wa en in die skaduwee van die bome - hulle het vir besigheid en om Koos geluk te wens gekom. Die goed lê op bokseile op die grond en wel onder die skaduwee van groot kareebome. Eenkant sit die Blankes, aan die ander kant die Basters. Die Hotnots en Boesmans wag om 'n kans te kry en sit daar onder die lommerryke doringbome 'n vreeslike bombarie op te skop - want hul het ook mos gekom om Seur Koos geluk te wens. Koos, om die rumoer te onderdruk, word aljimmers genoodsaak om 'n paar Engelse woorde in die rigting oor te gooi, waarop net vir 'n rukkie die kop ingetrek word.
Die fees was feitelik reeds aan die gang, want koffie en tee, egte brandewyn en soetwyn (wat vir die verjaarsdag bestem was) doen die ronde - die volk kry
| |
| |
ieder net 'n goeie slukkie Spesiale Mikstuur en dis al. Verder draf die nooientjies rond met die borde vol pannekoek, kosiestertjies, kolwyntjies, soesies, handtertjies, soetkoekies en bankrolle. Later het Koos vir die volk 'n pot stormjaers, of maagbomme deur ou Samuël laat maak.
Koos lyk splinternuut, en voel tot oor sy boordjie in sy noppies, sodat ou Samuël nie kan nalaat om die opmerking te maak nie: ‘Ei dan, gee pad voor. My baas se naam is Kosie Wonderbos, waar hy loop daar bars die grond. Kyk dan, hoe vlerksleperig hou hy vandag sy lyf!’
‘Dis waar,’ sê Platjie, ‘die baas het hom in vrindelikheid vanmôre gestewel en gespoor, en hy het sy hare met glimlaggies gekam; maar die skelmstukke sit vuiste dik agter sy ore.’
Koos roep die kinders en sê: ‘Dè, hier is vir julle doemela klontjies, peperment en tameletjies!’
Gretig storm die jong geslag hom en in 'n omsientjiestyd is hulle hande en gesigte besmeer met stroop. Die oues weer die kinders weg en sê: ‘Loop eet julle bossuiker en dadels daardiekant; want kyk hoe takel jul ons klere vuil!’
Die volk en meide, daar onder die bone, roep weer: ‘Toe dan, seur Koos, au dan vir ons weer: ons gelukwense is mos net so goed as al die ander mense syne!’
| |
| |
Waarop Koos aan ieder weer 'n klein pruimpie tabak gee, en weer 'n skrik-makertjie. Daarop begin die lawaai nog erger, sodat Koos verplig is om weer 'n paar dempers in die rigting te gooi om hul die stilswye te laat bewaar.
Die son sak en sink eindelik agter die gesigseinder om eers die sterretjies en dan die maan in geleentheid te stel om hulle gulle lig te werp oor die hoof van Koos op sy geboortedag. Reeds vroeg in die middag het Koos twee jong seuns bespreek om die aand sy wa te bewaak.
Net toe dit skemer word, begin die maaltyd. Om die Basters nie te verstoot nie, het Koos van die mans gevra om die aand musiek te kom maak, en van die meide om by die tafel te kom help om te bedien. Vir die Hotnots het hy 'n paar ou ooie gekoop om te slag en het hul 'n paar bottels spesiaal aangemaak met net 'n bietjie meer rissies en peper daarby.
Hy het oom Willem en sy vrou, die huisvader en moeder, versoek om bo aan die tafel die voorsitterstoele in te neem, terwyl dit sy verkiesing was om onder aan die tafel, langers die mooiste jongnooi te gaan sit; verder was die gaste mooi om die tafel verdeel.
Toe die mense gehelp is, sê Koos: ‘Vrinde, julle sal my groot plesier aandoen as julle baie eet, om die juffroue wat die kos gemaak het, die eer aan te doen hul te laat gevoel, dat hul die ete smaaklik berei het. Vul en ledig julle glasies goed om die bolandse wyn- | |
| |
boere te laat verstaan dat hul die kuns van drankmaak ken. En my sal jul plesier, want ek het dit met 'n gulle hart gegee om met my fees te vier en om jul saam met my te laat verheug.’
Die gaste het goed na hierdie woorde geluister en hulle goed geweer. Die Hotnots daarbuite word weer so luidrugtig dat Koos nogmaals bomme onder hul moes skiet. Waarop hul uitroep: ‘Ons baas, hoor tog! 'n Hotnot kan onmoontlik fees vier sonder lawaai te maak nie. Ons sal liewers 'n bietjie verder gaan sit.’
Toe Koos weer sy sitplek onder aan die tafel langers sy mooi nooi gaan inneem, sê hy: ‘Ja, ons wil 'n witmens se kop op 'n Hotnot se skouers gaan plak, maar ons sal dit nooit reg kry nie. Laat hul maar ook hulle plesier op hulle eie manier neem - hul word tog die hele dag die sambok aangepresenteer.’
Almal is vrolik, lag en gesels. Dis vir Koos waarlik 'n genot om in so 'n plesierige geselskap aan te sit. Amper by die end staan oom Willem ewe eenvoudig op, tik op die tafel, en roep uit: ‘Kom vrinde, vul julle glasies om die gesondheid van ons vrind, meneer Koos Fonk, te drink. Ons ken hom almal as 'n eersteklas man, wat met almal ewe vrindelik is,- hetsy ons ryk of arm is. Hy is so knap dat sy knapheid van onder en bo uitsteek. Sy maters is dood en wat nog lewe lê klaar om te sterwe. Maar wat my verwonder,
| |
| |
is dat hy hom nog nie 'n liewe vroutjie aangeskaf het nie. Hy moet net gaan soek en hy sal haar vinde, want sy is reeds gebore.’ (Koos klap die mooi nooi langers hom op die skouer, met die woorde: ‘Hoor jy?’ Sy bloos, haar ma glimlag). ‘Ons wens hom vele, lange, genoeglike, voorspoedige jare toe en ook 'n goeie huisvroutjie.’
Oom Willem bly staan, haal 'n papiertjie uit sy sak en lees dit voor in die eenvoudige sin, waarin dit geskrywe is:
'n Liggaam vol van kragte,
'n Huis gelaai met vreugde.’
Toe oom Willem gaan sit het, staan Koos Fonk op, en in flinke bewoording bedank hy oom Willem en die gaste. (Hy verberg steeds aan die mense dat hy 'n getroude man en vader van kinders is).
Hy sê: ‘As oom Willem kan rym, dan wil ek ook op rym vertel hoe 'n soort vrou ek wil hê:
Nie al te goed, nie al te kwaai,
Nie al te oud, nie al te fraai,
Nie al te kort, nie al te lank,
Nie al te blas, nie al te blank,
| |
| |
Nie al te wild, nie al te mak,
Nie al te skraal, nie al te sak.
Vra iemand my: wat is jou sin? -
Wat my bemin, wat ek bemin.’
Onder handgeklap gaan Koos sit, en spoedig daarna was die maaltyd afgeloop. Dadelik word die goed uit die kamers verwyder. Die musikante gaan op hulle trone sit, en toe die musiek losdraai, gooi dit een dans na die ander oor die vloer, sodat die stof later by vensters en deure uitvlie. So af en toe roep hul uit: ‘Laat deurdraf, kindertjies, tot dag toe!’
Die Basters word ook elders goed getrakteer. Die Hotnots buite onder die bome trippel, skoffel en stamp na die geting-tang van die ramkie.
Oor middernag is die pret op 'n stokkie en almal gaan bed soek. Toe Koos by die wa kom, vind hy die seuns nog daar; maar die volk het nooit die trekosse aan die jukke voor sy wa vas gemaak nie.
‘Weer 'n splinternuwe peutery,’ sê Koos toehy gaan slaap.
|
|