| |
| |
| |
Hoofstuk X.
Die Inwoners van Boesmanland.
Jakker en rinkink was Platjie se plesier in plaas om na sy werk om te kyk. Koos Fonk was genoop om Platjie daaroor aan te spreek en voor stok te kry. Hy sê: ‘Platjie, jong, kyk, jy moet nou begin om in die spoor te trap. Jou boekie by my is op één bladsy na vol, dan moet ons afreken, en dan sal dit nie goed met jou afloop nie. Jong, jy moet stadig - stadig jong!’
Platjie word met die saak verleë, krap sy kop en sê: ‘Baas, skeur tog asseblief daardie boekie stukkend en begin maar liewers 'n nuwe een.’
Koos lag en rig hom weer na Samuël en sê: ‘En jy, Samuël, jy moet jou begin te roer - jy is vers te ver te stadig. As jy jou nie haastig maak nie, dan sal jy eers oor drie jaar die eerste Krismis inhaal.’
Al wat ou Samuël in te bring het, is: ‘Baas, my bene voel seer en ek kan nie vinnig stap nie.’
Verder had Koos geen klagtes nie. Sy handel stryk,
| |
| |
sy planne werk goed en sy mikstuur trek soos 'n stoomtrein. Die handelsmense besoek sy smouswa goed - vernamelik die blanke trekboere en die Basters - die Hotnots, Korannas en Boesmans bly egter ook nie weg nie.
Wat die blanke Boere betref, baie van hul besit plase, maar die meeste wat destyds daar met hulle vee rondgetrek het, was nie grondeienare nie. Dit was ook nie nodig nie, want die hele Boesmanland en die grootste gedeelte van Namakwaland was vry, ope gronde, waarvoor toe in die tyd niemand nodig had om huur te betaal nie. Wat die ontwikkeling van die mense betref het, is dit treurig om te erken dat aan hul deur Kerk en Staat die hand van die vereiste hulp nie is toegereik geworde nie. Hul is verwaarloos. En tog na al, het hul geweet om hul as 'n selfstandige volk in 'n onbeskaafde omgewing te handhaaf. In spraak verskil hul 'n bietjie met hul meer bevoorregte landgenote, en dis soms prettig hulle uitdrukkings te hoor - vernamelik in die rigting van Namakwaland. Dit kan ook nie anders nie, want dit neem sommige 20 myl om 'n Hollandse kerk of dorp te bereik. Daar was amper geen posverkeer nie. Die Roomse Kerk het egter daar sendelingstasies in Namakwaland gehad en het getrag om 'n invloed op sommige uit te oefen.
Die Basters is 'n gekleurde ras, wat 'n verbastering
| |
| |
tussen blanke en inboorlinge en slawevolk is. Hul voer daar ook meestal die famieliename van blankes. In ieder geval trag hul die gewoontes, op hulle eie manier, van die blanke bevolking na te volg. Hul dra Europese klere; maar hou daarvan om die klere met bont goed baie te lap. Hul trek graag saam in famielies. So was daar toe Koos daar was, 'n ou weduwee-moeder met oor die 3000 aanteelskape en bokke van haar eie, behalwe haar beeste en perde. Haar veewerwe was die naaste aan die waterputte; dan was daar nog haar getroude seuns en dogters met hulle vee - daar mag nog een of twee trekke gewees het wat nie aan die famielie behoor het nie. Hulle veewagters is Hotnots, Korannas en Boesmans, wat vir die Basters ‘baas’ noem. Verder ontbreek nie by die Baster sy tentwa, trekgoed, saals, roers en ammuniesie nie. Hul is ruim sulke goeie skuts as die blankes en gaan ook op groot jagte uit. Hulle brood win hul self deur 'n stuk grond in laagtes skoon te maak. Die grond is geil en vrugbaar, en is met droog weer vol barsies; die koring word daar oor die skoon gekapte stuk grond gesprinkel, met takke deur trekdiere toegesleep, en daar moet die graan wag tot die laagte oorstroom word. Sulke slik of dryfgronde behou lang hulle vogtigheid. Die gesaaide groei en met nog een oorstroming word dit ryp en lewer 'n ruime oes op.
Ons het gesê dat die saad gesprinkel word. Ja, want
| |
| |
dik saai, is nie nodig nie: die graan stoel daar so dat oor die 100 sak graan van één sak gewin word. Graanmeule is daar onbekend, so word twee plat klippe geneem en presies so gekap en bereid as die van 'n graanmeul. Die stene word op 'n groot oopgespreide vel geplaas en twee vroue sit plat en draai die boonste steen met hulle hande - nes hul in die Ooste gedoen het, wat aanleiding gegee het tot die gesegde: ‘Twee vroue sal tesame maal, die een sal aangeneem worde en die ander sal verwerp worde.’ Yster koringmeule, wat met die hand gedraai word, is daar ook veel in gebruik.
Veel brak water word in daardie streke aangetref. Die mense is so gewoon aan die brak-water-koffie geworde, dat as hul by vars water kom, dan gooi hul 'n knippie sout in die koffiewater om daaraan 'n braksmaak mee te deel - hul beweer koffie met vars water gemaak, is laf en vereis dus meer gemaalde koffie as gewoonlik.
Hottentots en Korannas, wat 'n selfstandige lewe gelei het, was meer in die rigting van Grootrivier te vinde, maar in hierdie streke is hier en daar enige famielies aangetref. Groot veeboere was hul eintlik nie; hul het meestal van die jag gelewe. Hulle hutte het daar beroerd uitgesien en die kindertjies, wat daar rondom gespeel het, was maar armsalige voorbeelde van die mensdom. Hul had dun arms en bene, met volwasse buikies, wat nie op gereëlde voeding kan beslag lê nie -
| |
| |
is daar niks om te eet nie, weet hul om hul daarna deur inbinding van die buik, te skik; is daar oorvloed, dan word alle beperking geminag en die maag ontvang dan wat dit in tyd van gebrek skade gelei het - die een dag amper dood van honger, die ander dag weer tot in die keel gevul.
Hierdie streek tussen die Grootrivier, Klein Namakwaland, Hantam en Fraserburg heet Boesmanland, omdat dit meestal in vroeër tye deur Boesmans is bewoon geworde; maar die Boesman was feitelik oor heel Afrika in verloop van eeue versprei gewees. Hy is 'n mannetjie wat ons aan die primitiewe mens herinner, want sy taal is so oud as die mensdom self is; sy lewenswyse is nie verder gevorder as van ander nasies, toe hul in die steentydperk van beskawing gelewe het nie. Sy gestalte het nog dieselfde liggaamsbou as die dansende dwerg wat vir die kind Farao vir honderde jare geleë gedans het, of as die van die Koningin van Skeba, toe sy aan Hatasu, die Koningin Farao van Egipte, te Tel-el-Bahri naby Thebe 'n besoek gebring het, en waar die optog van die Koningin van Skeba vandag nog in die bouvallige tempel van Ammon-Ra teen die muur afgeteken te sien is. Oorblyfsels van Boesmanwerktuie leg oor die hele vaste land van Afrika verstrooi.
Die Boesman is 'n swerweling, wat hom nie deur die koorde van bestendigheid aan 'n plek laat binde nie.
| |
| |
Om hierdie rede het hy geen bepaalde opperhoof nie, maar dool om in geselskap van famielie of vrinde; gevolgelik het hy geen regering of wette nie. Net soos van Ismaël geseg word, net so is 'n ieders hand teë hom, en sy hand is teë 'n ieder syne. Hy is 'n bewoner van spelonke, of maak soos skilpad, om vanaand agter hierdie, en môreaand agter daardie bos te slaap.
As jagter volg hy die wild en vind dus geen tyd om hutte te bou nie. Deur hul aan geen wette gebonde is nie, het hul nooit kans gekry om tot 'n militêre volk te ontwikkel nie. Wel vind 'n mens hul soms in klein geveggies gewikkel - maar altyd in geringe getalle - byna nooit meer as 'n dosyn manne nie.
Sy natuur is sterk en hy kan baie ontberinge en die swaarste liggaamseise verduur. Sy gesig is skerp en amper so goed as 'n verkyker van enige belang: 'n heuningby sien hy gemaklik deur die lug vlie. Honger en dors is alles wat hy ken en wat hy kan verduur. Op lange afstande kan hy aanhou om te draf. Dit alles maak hom by uitnemendheid geskik as jagter. Was die vrinde-kringetjie die dag besonders gelukkig met jag, dan word die wild op 'n plek tesame gebring om gebraai te worde. In die binnering brand die vuur, leg die wild en word die vleis gebraai. Binne die twede ring word gedans en die buitering bepaal die buitewêreld as uitspanplek. Die braaiery gaan steeds voort solang as daar
| |
| |
vleis is. Het die een hom knippeldik geëet, dan moet hy eenvoudig weer kom dans om die kos te laat sak. As 'n snyer nou hulle maat om hulle lyf meet, dan sal hy groot verskil bemerk, as vóór die maaltyd begin het. Gebeur dit, dat hul die volgende dae minder gelukkig is, en die honger begin hul te kwel, dan bind hul eenvoudig 'n riem om hulle buik en naarmate die honger sterker prikkel, word die riem stywer en stywer getrek, om die holligheid van die maag minder kans te gee om na kos te roep. Hul is naderhand so smal om die maag as 'n wipstertmier.
Hy jag met gifpyle. Sodra hy 'n stuk wild met die gifpyl tref, agtervolg hy die wild tot waar dit dood val. Hy wag 'n rukkie en sny dan die stuk vleis om die pyl uit en gooi dit weg as ongeskik om te eet. Hy meen deur die pyl in die gedode wild vir 'n rukkie te laat staan, dat die gif weer terug na die pyl trek, waardeur die ander vleis skadeloos word.
Met al hulle barbaarse streke, bestee hul veel konsiderasie aan hulle oues van dae, aan hulle vrouens en kinders. As dit nie die geval gewees het nie, sou hul as 'n nasie lankal uitgeroei gewees het; want soos ons reeds opgemerk het, is hul seker een van die oudste volke van die aarde.
Reeds vroeg was hy as skilder bekend. Sy skilderstukke is meestal teen die wande van klipspelonke te
| |
| |
vinde. Die verfstof is rooi, wit, swart en donkerbruin. In Boesmanland het ons op verskillende plekke graveerwerk, deur Boesmans uitgevoer, gesien, soos byvoorbeeld langs Vischrivier, by Middel-Hoek-van-Spruit. Die inkrappings op die groot, swart, blink klippe, wat op die ope veld lê, word met 'n harde vuursteen uitgevoer op ewe bekwame wyse as die skilderstukke teen die kranse. Die Boesman skyn 'n beter begrip gehad te hê om iets op sy ware afstand af te teken as baie van die ouere volke.
Wat die Boesmantaal betref, is die taalgeleerdes nog nie daarin geslaag om daarvan 'n skrif te maak nie, of dit met enig ander taal in verband te bring nie. So moet die Boesmantaal as 'n geskenk van God aan die Boesman beskou worde. In die taal word soveel verskillende klanke gehoor, dat die ses-en-twintig letters van ons a, b, c, daarvoor nie voldoende is om al die verskillende klanke na te boots nie. Wel het die Boesmantaal sy invloed hier en daar op die Hotnot-, Korannaen Kaffertaai laat gelde om die drie verskillende klikklanke daar in te voer.
Sy liggaamsbou is tingerig, maar deur 'n sterke senuweegestel tesame geweef. Hy kan 'n groter afstand met 'n leë maag en 'n dorstige tong afdraf, as miskien enig dier dit kan doen. Sy gelaatskleur is geelagtig; sy swarte hare is kort en skraal en in bondeltjies gekroes.
| |
| |
Sy skedel, of kopbeen is dik en die nate daarvan is so nou inmekaar gegroei, dat 'n naat moeilik te bespeur is. Sy hande en voete is klein en net; sy neus is plat en sy ore klein.
Hul is by uitnemendheid bye-jagters, om byneste op te spoor. Teë die son word die oog met die hand beskerm om die vlug van die by teen die oggend- of agtermiddagson te bespeur. Hy volg die by tot by sy nes, of hy kyk op klippe na die uitwerpsels van bye, wat so groot is as groot speldeknoppe en wat peervormig is - die stomp punt van die uitwerpsel wys die rigting van- die bynes aan.
Om uintjies en veldkos mee uit te grawe, gebruik die Boesman 'n kierie van harde hout, daar hy die kuns van ysterbewerking nog nie verstaan nie. Maar 'n kierie is lig om daarmee gou 'n gat in die harde grond te maak. So neem hy 'n klip van ses duim breedte en vier duim dik. Die klip maak hy platrond soos 'n appel. Reg in die middel maak hy 'n ronde gat van omtrent 'n duim deursnee. Dan druk hy die bo-punt van sy graafstok deur die gat, en nou lyk die graafstok net soos 'n groot knopkierie. Natuurlik, die gewig van die klip gee krag aan die stamp met die kierie, om sodoende die gat te grawe. Maar die wonderlikste is: Waarmee maak die Boesman die gat deur die klip en watter instrumente gebruik hy om die harde klip mee rond te maak?
| |
| |
Uit gebrek aan 'n regeringsvorm, het die Boesman nooit 'n bondgenootskap, of samewerking met enig ander nasie gevorm nie. Dus gaan hy sy eie koers.
Hy het hoegenaamd nie die begrip dat vee uitsluitend aan één persoon kan behoor nie, en redeneer dat as die wild in die veld aan wie wil skiet, behoor, so moet ook die vee die eiendom wees van die wat dit wil vang en doodmaak. Van die sienswyse uitgaande, is hy 'n vermaarde veedief en al wie hom by veediefstal betrap, slaan hom onverhoord dood - dit wil sê, om 'n hoekie; en al wie hy in die hande kry, wat by horn verdag staan, behoef ook nie om genade te smeek nie, want die Boesman (so word gesê) smeek nooit om genade nie. Word dit egter uitgevinde, dat iemand 'n Boesman doodgemaak het, dan word so een deur die poliesie in hegtenis geneem en hy moet sy kans in die geregshof staan.
Wat betref die ontwikkeling en die vatbaarheid van die Boesmanverstand, het sommige, wat die taak onderneem het, verklaar dat 'n Boesman heeltemal onvatbaar is om te leer lees en skrywe. Wel, geleerde Boesmans is dan ook so skaars as wors in 'n hondestal.
Ou Samuël se opienie van 'n Boesman is, dat hy geen siel het nie. Waarop Platjie vra: ‘Oom sê nou so; hoekom kan 'n Boesman dan spook?’
Maar iemand anders doen die drie vrae: ‘Het 'n Boesman 'n taal?’ Antwoord: ‘Ja.’ ‘Maak 'n Boes- | |
| |
man vuur?’ Antwoord: ‘Ja.’ En ‘Hou 'n Boesman honde aan?’ Antwoord: ‘Ja.’ Waarop die persoon die aanmerking maak: ‘Nou, noem my 'n dier op, wat 'n bepaalde taal het, wat vuur kan maak en wat honde aanhou.’ En laat daarop volg: ‘Die naaste diere aan 'n mens is die mens-ape en hulle het geen taal nie, kan nie vuur maak nie en hou geen honed aan nie.’
'n Mooie pret om te sien is om 'n paar Boesmans iets te gee en laat hul hiervoor jou wys hoe hul wild bekruip. Dan kan jy sien wat 'n geoefende jagter is - hy seil so plat op die grond as 'n slang en lig nou en dan sy kop op om na die wild te loer - 'n klipsalmander sal dit nie beter doen nie.
|
|