| |
| |
| |
Hoofstuk IX.
Is dit bygeloof of is dit waar?
In daardie dae was Boesmansland nog nie in afsonderlike boerplase opgemeet nie - die verdeling in plase is eers later geskied. Dus het dit 'n ieder vrygestaan om met sy vee na hartelus rond te trek.
Voortgaande met handel kom Koos Fonk by Gwaggas aan, waar baie Basters met hulle vee by die waterputte staan. Die veld was hier regtig mooi: die bossies was met blomme oortrek, die boesmangras pronk nes 'n gesaaide in die wind en die brakslaai en porselein gras krul oor die grond. Dit kan mos nie anders nie, die vee moet vet wees. Daar hierdie landstreek ver van die wolmark was, het die mense net vir Afrikaner skape met die groot sterte ingegaan. By die waterputte staan ieder veeboer op 'n afsonderlike veewerf, wat 'n end van die ander werwe en die waterputte af geleë is.
Die trekboere het in tente, maar liefs by voorkeur, in matjies-huise gewoon. Lang latte word in 'n half
| |
| |
maan gebuie. 'n Ring word op die grond getrek en in die streep word gate gegrawe om die latte in te plant. Bo aan die kroon word die punte van al die halfmaan gebuigde latte saamgebinde, sodat dit die vorm van 'n miershoop aanneem. Bo oor die raamwerk word dan matte (van matjiesgoed gemaak) getrek en met toutjies aan die raamwerk bevestig. Die lang matte lyk soos die Japanese matte wat gewoonlik voor verandas gehang word.
In warme weer is so 'n matjies-huis koel, want die sagte lug het 'n ongehinderde toegang deur die matjiesgoed, terwyl weer aan die ander kant, as dit klam of reënweer is, die matjiesgoed swel en die matte waterdig word. Dus is dit uitstekende huise vir warm dae; maar bewaar jou in koue nagte, dan moet die velkomberse nie weg bly nie, want die water binne in emmers in die huise verys bo op.
Koos Fonk is net vrindelik met almal; hy moet bladstoot en almal hand gee, anders maak hy met handel geen hond haar af nie; want die Basters wil graag vereerd wees om met die blankes gelyk te staan.
By hierdie plek - en ook by andere - het Koos Fonk sy handlangers om die nuus privaat aan te dra. Koos wag op ou Karel Bleskop, wat nog by die vee in die veld is. Wag net 'n bietjie, teen sononder sal hy kom en Koos hou die ou dop.
| |
| |
Ou Bleskop is 'n Koranna veewagter en is net 'n skrander ou rot. In die aand is hy wel op 'n manier los, maar moet steeds 'n wakende oog oor sy kudde hou, want 'n kaapse skaap is maar skrikkerig - vernamelik in die donker.
Teen die aand kom ou Bleskop aangestap. Ou Bles (soos hul hom kortweg noem) was bly om Koos te ontmoet; maar Koos nog meer. Dadelik word ou Bles agter die wa geroep en oomblikkelik is die twee in 'n fluister gesprek, alles natuurlik onder vier oë en in diepe vertroue. Toe hul uitgesels het, sê Koos: ‘Kom hier en drink eers 'n sopie en hier is tabak. Maar kyk, my outa, maak nou net soos ek jou gesê het en kom my weer sien,’ waarop ou Bles antwoord: ‘Nee seur, jy kan op my reken - die hele wêreld is reg!’
Wel, wat het Koos en ou Bles dan so danig in vertroue te gesels? Dit sal nooit aan die ore van iemand ter wêreld kom nie - Koos noem dit besigheidsgeheime.
Ou Bles is vanaand op verlof om na die smouswa te kom; sy ou meid, wat net so vertroubaar by vee is as haar man, sal intussen die vee op die veewerf bewaak. Hy het dus tyd om by Platjie en Samuël by die vuur te sit.
Ou Karel Bleskop was 'n ou Koranna van die egte soort en was eintlik 'n ekspert in bygelofies, wat hy so grondig kan bepleit asof dit alles die onvervalsde
| |
| |
waarheid is. In ieder geval hy glo dit en laat dit in geen geval uit sy kop uit praat nie. Die verhale omtrent die groot waterslang en die volgende bygelowe is nie alleen aan die Korannas, maar ook aan die Hotnots en Boesmans eie - die Boesman word verklaar die moses vir die waterslang te wees.
Toe die mikstuur van Koos begin trek en die stuk swaar tabak ou Bles begin opwek, kan jy die ou net hoor gesels oor sy land en die wonderlike dinge wat hy daar teëgekom het. Platjie se ouers het hom geleer om altyd vir 'n ouere skepsel as hy is, tante of oom te sê; maar dan was dit ook maar altyd van die oom-jy en oom-jou soort van praat. Hier volg nou 'n diskoers wat ons so dikwels onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel.
‘Oom Bles, waar lê daardie land van jou, waar jy nou van gesels?’ vra Platjie.
‘Da, da, daar oorkant Grootrivier. Ons het darem partykeer van daardie rivier se water kom drink en met sy hout vuur gemaak,’ antwoord ou Bles. ‘Die kapteintjie van ons stadjie was Filies Leeu Kreebos. Ja, hy was rê-rê man! Hy bang vir niks nie - nee! Met die roer of met die pyl, hy skiet ewe goed. Soos hy die groot jag gaan maak en die volk keer die wild in 'n kring vas, dan staan hy tussen die wild en hy skiet. Raak hy nie die wild nie, dan raak hy die man daar
| |
| |
naas aan; maar mis skiet is wat hy nie ken nie. Dit was vir die volk nog niks nie, maar wat vir ons die swaarste was as ons see-koeie skiet, dan slaan hy vir ons met die winddroog sambokke - hy wag nie eers tot die sambokke rê-rê droog is nie. Hy was so sterk as 'n lou (leeu) en so rappad as 'n boejan. Wat voor hom kom, moet uit sy pad staan of sy rugstring klap netnou op die grond. Sy vuis was so groot as 'n beespoot, en vang hy die wolf, of die lou, of die jakhals, dan prop hy daardie allemensige vuis binne in hulle bekke en laat hul so dood spartel. Sy tonteldoos en vuurslag hang langers sy sambok aan sy sy. Sy baard was die kwas van 'n beesstert en as hy windop stap, dan waai die baard van Filies Lou Kreebos oor sy breë skouers, en die wolke rook slaan uit sy daggahoring. Ja, hy was pure man, hy wat Filies Lou Kreebos is. Ja, swaar in die baard!’
‘En wat het my ou se tata dan geambag?’ vra ou Samuël met belangstelling.
‘My tata? My tata se naam was Piet Wolfryer. Aai, hy was ook nie aldag se kind nie. As 'n wolf onder my tata se hande val, dan moet hy weet, vandag ry my tata vir hom met die koperdraad voorslag voor aan sy karwats. En hy sal die wolf van vanoggend tot vanaand toe ry, dat die wolf se tong by sy keel uit hang. Ja, dit was nie om te hiernatoe of te daarnatoe nie, die wolf
| |
| |
moet maar net in die pas trippel. Jy sien my ou beste, my tata wat Piet Wolfryer is, was die boodskapdraer van die kaptein Filies Lou Kreebos. Hy stuur my tata na hierdie, na daardie en na al die plekke toe. Soos die een wolf is moeg, my tata ry weer die ander wolf, so hy het baie wolwe gery. Hy was man van kapasiteit - hy staan vir niks tru nie!’
Waarop Platjie aanmerk: ‘Dit is nou nie altemitters dat oom se tata man honderd was nie. Maar as oom se kaptein dan so kwaai was, kon die volk hom dan nie oopgespalk het om hom in die gouheid 'n vyf-en-twintig agter sy blaaie af te tel nie?’
‘My ou beste,’ hervat Bles, ‘dis net so goed asof jy die son met 'n lepel uit die lug wil uitgrawe, of 'n kwagga aan sy agterpoot wil gaan vang om hom vas te hou. Nee, daardie ding moet hul uit hulle lyf laat. Hy kan met towergoed werk soos 'n boejan met waboom blare. Hy, wat Filies Lou Kreebos is, sal vir jou gou-gou koud lei; want jy moet weet daardie tamaai groot waterslang is almelewe sy maat. Daardie slang kan baie doen, hy is altyd hier onder die grond en jy gewaar hom nie. Op sy kop het hy 'n groot, blink steen, wat soos spieëlglas in die sonlig blink. As hy daarr.... oorkant teen die rantjie wei, dan blits die lig van die steen hier in jou oë. Hy is baie lief vir die steen, want raak daardie steen weg, dan treur hy hom dood. As hy gaan
| |
| |
water drink, of in die rivier swem, dan is hy te bang dat die steen in die water sal val; daarom gaan hy dit eers wegsteek, maar vóór hy dit doen, kyk hy goed rond of iemand hom sien. Gewaar hy niks nie, dan verberg hy die steen en gaan water toe, maar hou die plek waar die steen verberg lê, altyd dop. Dit sit nie in elkeen se broek om daardie steen te gaan steel nie - gewaar die slang hom, dan is hy 'n kind des doods, of hy vat die een se spoor. Dis tog te mooi om ver van 'n koppie af die slang in die water te aanskou: die water maak agter hom sulke wit kabbelings en hy klowe die water soos 'n skip. Gooi hy hom dwars teen die stroom, dan dam hy die rivier tot daarr... bo op. Die slang kan vir hom baie lank en dik maak, maar dan kan hy hom weer so klein maak dat hy in jou sak kan kruip. Ja, Filies Lou Kreebos speel met die slang, wat vir hom op sy jagtogte orals water maak. Of anders stuur hy die slang om al die fonteine en stroompies te laat opdroog.’
Platjie, wat maar spoke nie uit sy gedagte kan verban nie, vra: ‘Maar oom, was julle kaptein dan nie vir spoke bang nie?’
‘My beste, wie is dan nie vir 'n spook bang nie? Wie kan met hom baklei maak? Nee my beste, teen Iblies het Filies Lou Kreebos nie sy man kon staan nie. Ek het hom nooit 'n spook hoor prys nie. Maar jy moet
| |
| |
darem verstaan as jy 'n spook se maniere ken, kom jy nog met hom reg. Wat ek van 'n spook nie kan reg kry nie is, hy is nooit 'n bietjie plesierig soos ons volk is nie - nee, hy is altyd stuurs en nukkerig. En waarom moet hy altyd so onbeskof voor jou kom staan gaap, dat jy agter in sy vuurkeel kan sien? As jy hom langs die pad ontmoet, en hy wil jou nie verlaat nie, trek dan 'n bossie uit en laat dit op die grond staan met die wortels boëntoe. Daar sal hy bly staan om hom te verwonder hoe 'n bossie met sy wortels boëntoe kan groei. Maar bewaar jou as die wind die bossie omwaai, woerts! hier is hy weer by jou. En as daar g'n bossies is nie, dan moet jul maar saam stap - hardloop sal jou net sover help, dat jy eerder by die huis kom - al die tyd draf hy langs jou. Somtyds hou hy hom vrindelik en wil jou hand gee; maar sorg dan dat jy jou doek in jou hand vat, en waar sy vingers raak, is die doek gebrand of geskroei.’
‘Maar ek sal hom so nooit as nooit blad gee nie,’ sê Platjie met afkeer.
‘O my beste, dan kan jy 'n oorwaks te wagte wees waarvan die vingermerke langs jou wange sal bly - as jy dalkies nie met 'n skewe gesig of nek daarvan afkom nie. Nee, die beste om die vrede te bewaar, is om maar te doen wat die spook wil hê - anders los hy jou tog nie.’
| |
| |
Meteens vat ou Bles na sy voet en druk aan 'n plekkie, en toe vervolg hy: ‘My bestes, ek was amper een van die nagte van die gras af. Ek skrik wakker uit my slaap met 'n brand aan my voet, asof ek op 'n kool vuur getrap het. Ek en my ou meid spring op om te kyk, en toe ons lig gemaak het, vind ons 'n groot krapioen (skerpioen). Ons het hom gou vankant gemaak, en toe het ons die plek gedokter met die meestergoed, wat ons vir gifgoed altyd klaar hou. Nou, julle weet as 'n krapioen vir jou byt met sy bek saam, dan jy sal nie weer die son sien ondergaan nie; maar as hy jou met die angel van sy stert steek, dan kan jy nog deurkom. Ja, dis waar die!’
‘Maar 'n skerpioen het nie tande om 'n mens te byt nie.’ gee Koos Fonk uit die wa antwoord.
‘Kyk, baas, hoekom praat baas so? Hoekom byt hy sy kos?’ merk ou Bles op, wat hom nie wil laat oortuie nie.
‘En nou vandag was dit byna weer klaar met Kees met my,’ hervat ou Bles. ‘Ek sien die bynes in die erdvarkgat. Ek maak rook in die bynes en toe hoor ek dreun. Ek weet somaar dis die duiwelsby die. Ek pluk gou 'n tak en sit klaar vir hom. Nie te lank nie of hier kom hy. Ek haak af en slaan hom plat. Maar intussen glip 'n ander hier by my verby en hy vlie so 'n end weg om sy angel los te draai om my te kom steek. Die kuns is om hom te sien kom, want hy vlie met draaie
| |
| |
en swaaie. Hier hoor ek hom kom, maar hy was nog te bedwelmd van die rook, hy val voor die nes neer waar ek hom breek geslaan het.’
Weer gee Koos Fonk antwoord uit die wa, en sê: ‘Maar my outa, wie het jou vertel dat 'n duiwelsby, of bymot, 'n angel besit? Wat jy daar opgedraai onder sy keel sien, is sy slurpie - net soos 'n skoenlapper een het. Met die hol slurpie suig hy sy voedsel op.’
Ou Bles stry en wil maar een streep deur hê dat dit 'n angel en nie 'n slurp is nie.
Koos Fonk wil sy ou speurder goed trakteer, so bied hy ou Bles nog 'n sopie van die mikstuur aan, en oor 'n rukkie gesels toe ou Bles eers dat die woorde so bolmakiesie oormekaar val. Hy kom weer op die diskoers van slange en vertel: ‘Ja, my bestes, nou een van die dae was ek amper Bokveld toe (dood). Jul weet mos dat 'n slang 'n mens so lelik kan oppas as jy hom seer gemaak het. Hier naby gooi ek 'n spoe-slang met die klip raak; hy vlug in 'n gat; nou weet ek, ek moet hom kom uitgrawe, anders kom hy my seker oppas. Ek gaan die graaf haal en begin te spit. In plaas ek die ding beter maak, het ek hom erger gemaak; ek het die slang middeldeur gespit, sodat 'n stukkie van sy bolyf aan sy kop bly sit. Die voorpunt kruip weg en ek het my ou malle verstand afgesoek, maar moes die job opgee. Ei, en nou hou ek die plek dop, ek kom nie daar naby nie.
| |
| |
Ek het die ding amper glad vergeet as één more, toe ek opstaan, voel ek iets swaar in my veldskoen. Ek slaan dit uit en tot my verskrikking sal ek sien, dat die klein stukkie lyf van 'n span lank, gesond geworde het en daarna het die slang my spoor gevat en in my veldskoen kom lê om my op te pas.’
Meer dergelyke bygelowe tref 'n mens onder die Hotnots, Korannas en Boesmans aan, maar wat bygeloof betref, raak die Kaffers hulle almal baas.
Ou Karel Bleskop was 'n sonderlinge persoon. Hy was 'n gebore skaapwagter. Sy skape het sy stem so goed geken as die van hulle eie moeders. Veel had hy nie nodig om sy kierie te gebruik nie, sy stem was voldoende om hul om te keer of hul in enige rigting te wende. So 'n wagter was geld werd, en tog, wat was hulle betaling: so te sê niks nie. As wild volop is, moet hul meestal van wildvleis lewe, maar twee slagskape en twee emmers meel was hulle loon in voedsel. Dan 15 shillings, en verder kry hul soolleer en tabak, met belofte van klere; want die wagters loop meestal in flentanjes. Hul huis is 'n pondok van bossies en velle gemaak. Ook bestaan hulle beddegoed uit velle, wat in sommige gevalle nogal kunstig aanmekaar samegewerk is. Maar wat vir 'n lewe het hul op hulle oudag, wanneer hul nie meer enig mens tot diens kan wees nie - 'n dag van ellende!
|
|