| |
| |
| |
Hoofstuk VI
Die Betowerde Bos.
‘Fonk is jou naam en vonke laat jy onder die hoetysters van jou perde uitvlie,’ sê die baas van Oorlogskloof toe Koos 'n kaapse draai met sy vier perde voor die woonhuis maak.
‘Ja oompie, dit kan nie anders, as die baas en sy goed van die bestes is nie,’ antwoord Koos, wat graag geprys wil wees.
‘Kom af en span uit,’ sê die oompie. Met die afklim vra Koos: ‘En hoe gaan dit met die skapies hier?’
‘Nee neef Koos, jy moenie darem vir jou onbeskof wil hou nie, om eers na jou handelsgoed te wil vra, sonder om te hoor hoe dit met ons mense hier gaan,’ was die bestraffing van die oom, toe hy begin uitspan.
‘Oom, wat ek by skapies bedoel, is al die goeie mense van Oorlogskloof,’ werp Koos teë.
‘Nee Koos, ek hoor jy lieg somaar - ek kan dit aan jou ekskuses hoor,’ merk die oom aan. Na hulle nog
| |
| |
gekorswil het, kniehalter hul die perde en gaan in die huis sit. Koos vertel toe dat hy vir kontant skape en bokke in die Bokveld ingekoop het, en vra veld om vir 'n tydjie as weiveld te huur; wat hom verkrygbaar gestel word met die woorde: ‘By my kan 'n mens alles - van 'n koevoet tot 'n naald - met geld en goeie woorde verkry.’
‘Oom, my bokke is regtig mooi - hulle kloue kraak nes blinkleer stewels, as hul so rondstap,’ sê Koos.
‘Wag, jong, dan moet jy eers myne sien - hulle lyk soos koedoes, met hulle groot horings en swaar lywe, spog die baas weer. Daarop slaan die baas sy pyp uit en sê: ‘Ja Koos, jy is 'n ou windpomp, kom spog nou oor jou lekker tabak en laat ek daarvan stop.’
Hierop volg 'n gesellige gesprek. Intussen kom Koos se vee op die werf en die baas wys toe die weiveld aan, en toe hy die veewagter sien, sê hy: ‘A, Toel Oerson, pas jy baas Koos se skape op! Nee, jy is 'n flukse jong, aan jou kan baas Koos maar sy skape toevertrou.’
Wel, hul het tyding dat Gert Buurman met die twee ossewaens Clanwilliam reeds verby is, dus is hul hom nou aldag te wagte. Hy sal een negosiewa neem om mee te gaan smous, en Koos die ander. Daar vóór, langs Hartebeestrivier, sal hul weer mekaar ontmoet; dan pak hul die oorgeblyde negosiegoed op een wa, waarmee Koos oor Grootrivier sal gaan om onder die Basters
| |
| |
te smous (of liewers gesê, te smokkel). Gert neem dan almal die ingehandelde vee onder sy sorg, kom dan daarmee terug na Oorlogskloof, verkoop die wa en gaan dan met al die vee - ook wat by Toel Oerson gebly het - saam na die Boland. Die plan kan dáárvoor weer gereël worde.
Toel Oerson was werkelik 'n degelike en vertroubare skepsel. Sy moeder was 'n Boesmanmeid, maar sy vader 'n Hotnotjong. Hy was bedaard en gematig in al sy doen en late, wat miskien toe te skrywe was aan indrukke in sy kinderjare ontvang. In hom het 'n mens gemis die lewendige opgewekheid van die Hotnot of Boesman. Hy was darem vernuftig en skrander in die vervaardiging van handwerk, soos bereiding van velle, kieries en houtbakke; ook kon hy kunstig skilder en osse en wilde diere van klei namaak. Selfs godsdiens het op hom indruk gemaak.
Eén aand sit hy en Platjie by die vuur oor dit en dat te gesels, waarop Platjie aan Toel vra, waar sy geboorteland lê. Op besadigde toon, maar heel boeiend sit hy die volgende verhaal uit sy lewensgeskiedenis vertel. Die verhaal lyk baie romanties, maar is eg Hottentots in al sy besonderhede.
Hy vertel: - ‘My ouers het daar vèr anderkant Grootrivier agter wild rondgetrek. By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring, en dan
| |
| |
gaan hy weer vir plesier vir maande en maande op die jag. Dit was miskien om my moeder, wat 'n Boesmanmeid was, te bevredig. Ek was toe nog hulle enigste kind en om ek nog maar klein was, kon my moeder my maklik op die rug ronddra.
‘Op 'n warm dag, naby 'n riviertjie, sit my ouers onder 'n boom. Ek val aan slaap en hul leg my in die skaduwee van 'n bos en gaan toe water in die riviertjie drink. Toe hul nog daar is, kom daar 'n klomp jag-kaffers en hul vermoor my ouers, sonder om van my onder die bos iets af te weet. Toe ek wakker word, soek ek na my ouers en toe ek hul nie sien nie, begin ek bitterlik te huil. Gelukkig is die kaffers toe al weg, anders sou hul my ook seker kom vermoor het. By my lê nog my vader se geweer en kruithoring. Dit het my daar gehou, anders sou ek miskien begin ronddwaal het. Op my bitter gehuil en gekerm, kom 'n ou Hotnot towerdokter af. Hy vind my daar. Hy neem my op die arm en stap met my rond om te kyk waar my ouers is. Die eerste gedagte, wat hy kry, is om my ouers by die water te gaan soek. Daar by die kuil water vind hy my ouers vermoor. Toe ek dit sien, is ek nie van die lyk van my moeder af te skeur nie. O, die ou-dokter het moeite om my te troos en stil te kry; want ek het nog te klein gewees om 'n besef van dood te hê. Hy bring my nou somaar oor na sy pondok en het toe met 'n ander Hotnot
| |
| |
my ouers loop begrawe. Hy kom die nag laat tuis. Die ou dokter en sy vrou was bly om my as hulle eie kind aan te neem; want hulle het van hulle eie g'n kinders gehad nie.’
‘So weet jy nie eers die name van jou tata en memme nie?’ vra Platjie met medelyde.
‘Nee,’ antwoord Toel, ‘ek weet nie nou meer hoe hulle gelyk het nie. Wèl, die ou towerdokter het sy dolosse gegooi, en weer gegooi en sê toe daarop aan sy ou vrou: “Die kaffers het hierdie kind se ouers vermoor. Hy sal by ons opgroei, vir ons baie plesier gee; want hy sal gehoorsaam wees.” Wèl, ek het later alles in my vermoë gedoen, toe ek tot verstand gekom het, om uit dankbaarheid vir hulle plesier aan te doen. Die ou dokter was baie goedhartig, maar, sy vrou was 'n ou geitjie.’
Hier val Platjie in die rede: ‘So, dan was sy baie kwaai! Het sy jou mishandel?’
Toel antwoord: ‘Ek sê mos vir jou, sy was 'n ou heks en het my op allerhande maniere laat swaar kry. Doen wat ek wil, maar net verniet, alles was in haar oë verkeerd. Sy het nie die minste ontsag vir die ou towerdokter gehad nie; want sy weet hy sal haar nie tower nie. Sy het my die naam van Niksnuts gegee, ofskoon ek reeds vroeg in my gebrekkige taal kon sê, dat my naam Toel Oerson was. Die ou dokter het vir
| |
| |
my baie jammer gekry; want ek hoor hom eendag aan haar sê: ‘waarom het jy die kind maar nie liewers laat dood gaan as om hom nou so te kasty?’.
‘O, dan is die duiwel los en die ou dokter en ek moet veld se kant toe weglê. Hy het die geweer en die kruithoring, wat byna vol kruit was, vir my met die ander goed van my ouers mooi op 'n droë plek weggebêre, totdat ek eendag self dit kan hanteer en gebruik.’
Platjie vra belangstellend: ‘Lewe die ou dokter en sy ou tierwyfie van 'n vrou nog?’
‘Ek weet tog nie; want ek is lankal van hulle af weg,’ hervat Toel. ‘Luister en ek sal jou vertel hoe ek dit nie weet nie. Eendag, in alle beskeidenheid, toe ons eenkant alleen was, sê ek vir die ou dokter dat alle middele deur my probeer word om hom en sy vrou te plesier, maar ek is daar nog nie in geslaag om haar enigsins voldoening te gee nie. Ek sê toe dat ek hom dankbaar bly dat hy my lewe gered het, dat hy altyd so veel liefde en hulp vir my gehad het en dat hy geneë is my verder die beste toe te wens. Ek vra hom dus verlof om weg te trek. Is hy daar op teë, dan sal ek maar my lot geduldig verder end toe moet dra. Trane kom in sy oë en hy sê dat hy alles as die grondige waarheid moet erken. Ek moet wag, hy sal sy dolosse gooi en dan vir my sê wat my te doen staan.’
| |
| |
Weer merk Platjie vol deelneming aan: ‘Dit noem ek nou 'n man!’
Waarop Toel weer aan die woord kom: ‘Die volgende dag roep hy my opsy en sê: “Ek dink jy moet maar stil wegtrap; want my ou vrou is deur 'n ander getower en dit sal 'n tyd neem voor ek die goed kan kry om haar reg te tower; ek vrees sy kan op jou aanval en baie seer maak. Ek sal jou vader se geweer, kruithoring en ander goed daar voor langs die pad vir jou gaan neersit, dan kan jy vannag wegspring.” En hy voeg daarby: ‘Maar Toel, ek sal jou baie mis. Jy weet, hier kom baie mense om gedokter te word, maar jy is my regterhand en die voorwerp van my ongeveinsde vrindskap.’ En trane rol oor sy wange en toe hy sy oë afgedroog het, sê hy: ‘Dè! vat hierdie kierie vir jou present as gedagtenis van my. Pas op, verloor die kierie nie; want met hierdie towerkierie in jou hand, het jy vir niks te vrees - tot die duiwel toe nie.’ Ek was daaroor net baie bly.
‘Toe die ou kwaai heks geslaap het, spring ek die nag weg, kry die goed langs die pad, en toe dit vir my dag word, stap ek die volgende oggend baie ver in die wêreld.’
‘Glo toe was jy net bly, of het jy ook net so sleg gevoel, as ek, toe ek van huis gegaan het?’
‘Jong, ek het net naar gevoel; maar volle moed
| |
| |
fluister my in die ore: Nou sal dit met jou beter gaan. - Die eerste dag het ek rus-rus gestap; maar ek het aangehou om koers na Grootrivier te vat. Teen die aand, met sononder, kom ek by 'n groot houtbos aan. In, of by die bos, moes ek slaapplek soek; want my twee gewillige bene soebat toe net om rus.
‘Die naam van die bos was: Die Betowerde Bos - van hierdie bos het ek toe nog nie gehoor nie en die naam daarvan het ek later verneem. Net toe ek by die rand van die houtbos kom, hoor ek 'n voël so pragtig fluit:
Tie, tie, tie tee....teti
Tie, tie, tie tee....teti
‘Die klank van die gefluit is helder en duidelik, die eggo word mooi opgevang. Man, ek het al baie voëls in my lewe hoor fluit en sing; maar soos daardie nog nooit nie: 'n snaar van die beste silwer of watter metaal ook sal nog nooit so 'n klank kan naboots nie. Die voël sing hierso naby. Ek staan op en stap nader, maar die pragtige musiek lei my dieper en dieper in die bos, totdat ek eindelik so ver is dat dit skielik donker word. Ek kom by 'n ope plek waar baie mensegeraamtes verstrooi lê, maar hulle het heeltemal in order gelyk.’
Hier las Platjie in: ‘Man, daarvandaan sal ek gespaner het dat dit so bars - al het ek my neus aan ieder
| |
| |
boomtak velaf gehardloop; maar, daar het ek nooit gebly nie.’
Waarop Toel aanmerk: ‘Jong, nou praat jy so, maar dit het mos donker nag gewees, dat jy jou hand nie voor jou oë kan sien nie. Waar wil jy natoe hol - vas in die doringstruike en bobejaantoue? Nee man, ek moes daar maar ewe soet bly, maar voel glad nie op my gemak nie. Ek het gedink: wie sal my nou getower het? Is dit dalkies die ou heks van 'n ou meid? Ek begin dadelik 'n vuur te maak om die ergste af te weer. Toe die vuur groot en helder brand, lê die geraamtes spierwit in die vuurlig. Ek stap versigtig rond om te kyk en kry 'n geraamte met 'n knapsak om. Ek voel in die knapsak en kry daarin 'n vol bottel brandewyn. Ek proe daaraan, nee jong, dis die ware stof! Ek voel weer, en kry nog 'n ander bottel, net so suiwer. Ek vat hul saam na die vuur toe, drink 'n goeie paar slukke en is nou klaar vir kom wat wil kom. Ek het die agtermiddag twee patryse geskiet en begin hulle te braai; want ek het hul reeds dieselfde tyd geveer en skoon gemaak.
‘Toe ek klaar met eet is, neem ek weer 'n paar slukke en bang nou nie vir die hele wêreld nie; want ek vertrou ook op die towerkierie, wat die ou dokter my gegee het. Ek voel moeg en gaan op my sy lê en val vas aan die slaap terwyl die groot droë boomstamme in die vuur net tamaai vlam.’
| |
| |
‘Wat het van die voël en sy gefluit geworde?’ vra Platjie, toe hy van bangheid nader na Toel skuiwe.
‘Toe die voël my op die plek gebring het, waar al die geraamtes lê, is hy net doodstil en somaar weg,’ vervolg Toel. ‘Wèl, ek het vas aan die slaap geval en toe ek 'n goeie rukkie weggeduik het, hoor ek in my slaap so 'n gekraak en gekners. Ek druk op een ellemboog en lig my op, en sien al die geraamtes sit rook om die vuur met beenpype, en twaksakkies aan hulle ribbe vas. Nee, moenie praat nie, my hare plant hul regop op my kop en my hoed rys boëntoe. Ek druk die hoed vas; maar wie sê hy lig weer! Ek gryp na die bottel en bêre weer 'n paar slukke. Jong, toe kry ek eers koerasie. Ek maak somaar ekskuus dat ek nie vir hul iets te drinke kan gee nie; want my ou vrinde kon tog nie bra sluk nie.
‘Jy het reg,’ sê een van die geraamtes, ‘ons kan nie bra drink nie; maar wil jy dan nie saam rook nie?’, waarop ek antwoord: ‘Ja, àl te graag, ek sal uit my pyp van my eie twak rook, dan kan jul beurtelings uit my groot pyp rook,’ en ek vat my roer en steek die tromp in die mond van een; want jong, jy moet weet ek het nou groot koerasie gekry. Ek sê: ‘Trek maar, ek sal die pyp hier agter aan brand steek.’ Jong, en toe ons maat vandag vir jou daar voor aan suig, pak ek die sneller en daar blits die vlam in sy mond. ‘Twaai!’ spuug hy opsy, en sê: ‘Nee, mastag, jou twak is vir
| |
| |
my heeltemal te sterk’; en hy blaas vuur en kruitdamp by sy mond en neusgate uit. Maar man, en word die ander geraamtes nie opsternaat nie! Hul kners en kraak en storm my. Ek gryp na my towerkierie en woel onder hulle sodat die bene woer-woer deur die lug in die vuurlig rondvlie. In 'n omsientjiestyd het ek die wêreld om my spierwit met beentjies gesaai, en toe het ek rus gehad.
‘Onderwyl ek so onder die geraamtes takel, het twee daarvan opsy gestaan en toe ek hul wou bydraf, sê hulle dat hul die geraamtes van my ouers is, wat my op onsigbare wyse gevolg het. Met 'n groot stomp vuur in my hand, het hul my veilig uit die Betowerde Bos gelei en my gewaarsku nie weer die pragtige gesang en gefluit van die voël of Bosgees te volg nie.’
Hiert! vlie Toel en Platjie regop, en val op die naat van hulle rug, want Koos Fonk het hul geduldig afgeluister, en net toe Toel klaar is, gooi hy 'n handvol kruit in die vuur, wat die kole rondsaai en waarop die twee lelik vloek.
|
|