Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Deur die drif - met die ossewa (Met selfvertroue, soos 'n mens van die ruggraat van die land verwag) Kiewiet Tarentaal, maak gou - Bring die osse, vat die tou. Jukke, stroppe - alles reg Dit word laat en ons moet weg. Kyk tog, hoe my bontspan stap As ek met my langsweep klap Trek! my osse, beur my span Swartland, Band-om, Jentelman! Skepsels, so 'n sand is kwaai En die wa is swaar gelaai. Komaan! Vriesland, Holland, Seeland, Vasval! Witzenberg en Eland - Noustrop trek - hier gaan dit smoor - Hot-op-ses en Haar-naas-voor. Kwaaiman, Rooiberg - buk en beur So-nou! Ons is amper deur Hotom Kiewiet - deur die sand - Ho-Kai! Ons is anderkant. (Manuskrip in NALN-versameling; ongepubliseer.) Vorige Volgende