Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Op die vingers ken (As 'n man al vier jaar oud is, moet hy iets kan opsê as Oupa kom kuier.) Daar is Duim en Duim se Maat (Klein Potlekker!) en Lange Raat, Lange Raat en Filafooi (Vir die trouring van my nooi), Kleinste voëltjie is Tinktinkie, Kleinste vingertjie is Pinkie. Hoeveel is dit? Laat my sien ... Vyf en nog vyf ... dit maak - 123456789 - Tien! Duimeling het 'n os gekog, Vingerling het 'm tuis gebrog, Langeling het 'm afgeslag, (Wie kom eet by ons vandag?) Ringeling het wors gemaak, Tingerling eet dat dit kraak! Vorige Volgende