Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 266]
| |
Nou moet hy my nog net verklaar
Hoedat hy die geheim bewaar!
| |
2 Circulus vitiosusDie mens sal sig verrinneweer,
Sy lewe om geld ontwil verkort
En later duisende spandeer
Om net maar weer gesond te word.
*
Dit is 'n dwase sirkelloop,
Wat jy verkwis het, duur te koop!
| |
3 Die skool van die lewePiet dag daar was twee kante aan elke saak
En wis ook van geen beter-weter.
Intussentyd het Piet getroud geraak -
En nou weet hy wat Piet is ... beter.
*
‘Die standpunt,’ sê hy, ‘van gesond verstand is:
Die man is reg wat aan die vrou se kant is!’
| |
4 Baas of Klaas?Hoe heerlik is 'n groot besit!
Geen mens betwyfel dit nie.
Op een voorwaarde slegs dat dit
Nie straks die baas besit nie.
*
Die vrek het lewenslank die las
Sy geld vir ander op te pas.
| |
[pagina 267]
| |
5 LeuningstoelkritiekPas op, as hy sy ore spits,
O wêreld, vol van sondighede,
Dan het hy 'n Gedankenblitz;
Dan skryf hy puur spitsvondighede.
*
Die fynste stof kan hy bespeur
Behalwe ... voor sy eie deur!
| |
6 Facilis descensusHy leen vereers tweehonderd pond -
Tweeduisend word die rente -,
Verloor sy eie stukkie grond -
Sem woon in Jafets tente;
'n Vrye burger van die land,
Kneg op sy vaders-erwe,
Of in die maalstroom van die Rand
Geslinger ten verderwe.
| |
7 Buite hoopEk sou dit liewers nie probeer nie;
Die feit bly dood'lik en voldonge:
Jy sal ou Ja-maar nie bekeer nie
Al het jy ook nog honderd tonge,
'n Koperkeel en diamante-longe.
*
Teen dwaasheid - laat jou die gedagte troos -
Is selfs die Hoër Magte magteloos!
|
|