Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 264] [p. 264] Lauriger Horatius ‘Horatius Flaccus VIII V.K.’ Geruime tyd, dus, dat jy dood is; Tog wil jou leser dikwels vra Of jy nie maar sy tydgenoot is. Natuurlik, ons is ver vooruit Met jazz - per draadloos! - in ons villas; Ons vliegtuie snork, ons treine fluit; Ons glo ons grootjies was gorillas! Die mens bly blykbaar waar hy was, Al maak die wetenskap progresse: Nie minder swaar die lewenslas, Nie makliker die lewenslesse. Ons ook ken nog vir Lydia En Sybaris vlak op haar hiele. Die skinderbek Canidia Ry nog maar almal in die lewe. Die suikerbekkie Lalage - Wie het haar nie al self gesoen nie? Dis snaaks, ná 'n duisend jaar of twee Kan ons dit nog niks beter doen nie! Mooi Pyrrha laat haar ook nog sien, Die blanke skoonheid, slank en statig, Al is die hare kort, miskien Die kleur en golwing ook ... kunsmatig! Maecenas en Terentia Kom nog ou vriende 'n besoek bring; Sy fiemies kan Digentia Nog altyd lelik in die hoek bring. [pagina 265] [p. 265] Weet ons nie hoe Gargilius Ná 'n Bosveld-skiettog sit en wind maak? Crispinus laat geen mens met rus - Die baasverveler kan geen vrind maak. Horatius, geen dag is daar Dat ons jou tipes nie begroet nie - Net jy bly ongeëwenaar: Vir jou het ons nog nie ontmoet nie! Vorige Volgende