Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdDie uitlegDie vrou se skepping uit 'n ribbeen
Is skynbaar moeilik te verklaar,
Tog lewer gryse skrifgeleerdesGa naar voetnoot1
Juis hieroor wyse kommentaar:
| |
[pagina 262]
| |
Was Eva deel van Adams skedel,
Sy tweede hoofstuk so te sê,
Sou vrouens soms die mans kapittel
En hulle eie sin wil hê.
Was sy geskape uit sy oë,
Begeerlik vol van yd'le waan,
Sou sy dan ure voor haar spieëlkas
Of voor die winkelvensters staan.
Na baie staaltjies sou sy luister,
Was sy geskape uit sy oor:
Wat dié een sê; wat daardie fluister;
En het jy dit of dat gehoor?
Was sy geskape uit sy lippe,
'n Praatgraag was dan wel die vrou,
Versot op tee- en koffiekletse
En allerlei buurpraatjies hou.
Was sy geskape uit sy hande
En lief vir opskik en gemak,
Te handig had sy dan haar vingers
Gedurig in haar man se sak.
Gestel sy was deel van sy voete,
Dan sou sy rondloop vroeg en laat,
Uithuisig wees en lief vir drentel,
Vir op-en-neer-loop langs die straat.
Was sy geskape uit sy skadu,
Sou vrouens mans wil kopieer,
Wil deelneem aan publieke sake,
Wil rook en drink en wat dies meer.
Derhalwe neem die wyse Skepper
'n Ribbebeen, verborge - klein -
Dat sy moet skaam wees en beskeie,
Inhuisig-stil en vroulik-fyn!
| |
[pagina 263]
| |
P.S.
Ek lees die versies vir my gade -
'n Dame wat haar nooit misgis.
Sy meen die skrywer was 'n monnik,
'n Kluisenaar of optimis!
|
|