Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdDie vlag op Mont-aux-Sources
| |
[pagina 238]
| |
Laat dan donkere wolke die bergkruin omhul,
Laat dan donder en stortreën die lugruimte vul,
Want al dawer die berge, al loei die orkaan,
Ná die storm en sy woede sal die vaandel nog staan!
Dan, omhoog met ons vlag! Tot die bergtop gehys!Ga naar voetnoot1
Laat die opgaande son hom begroet as hy rys,
Al sy kleure vertoon en daar glansryk op skyn
Tot die blank en oranje uit die blou lug verdwyn!
|
|