Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Nimmer of nou Wank'lende skepies op went'lende bare, Maar 'n standvastige hand aan die roer - So het die Almag deur duisend gevare Voortyds ons voorsate hierheen gevoer. Kennelik sien ons Sy hand deur die jare Nog in die wiss'lende lot van die Boer: Wag'lend sy wa in 'n see van barbare, Vas sy vertroue op God en sy roer. Sal ons die Voortrekker-stempel bestendig - Heer van sy hoewe en baas van sy plaas - Of deur verslapping ontaard en lamlendig [pagina 234] [p. 234] Op ons geboortegrond kneg word en Klaas? Had ons die Eendrag - die Mag - van ons leuse; Had ons die Wil om te handhaaf, te hou ... Hier lê die kruispad, en kort is die keuse, Maklik die dwaalweg, maar ... lank die berou! Vrye wind, vryheidswind, wind van die velde, Velde gedrenk met ons edelste bloed, Dreun met die drang, met die durf van ons helde, Wek in die slapendes ywer en gloed. Rig weer die duistere blik na die sterre; Bring ons die magwoord, die wagwoord getrou; Fluister dit, bulder dit heinde en verre; Spreek met 'n donderstem: Nimmer of nou! Nimmer of nou! - tot die burger wat twyfel Wat is sy dure, sy heilige plig; Nimmer of nou! - tot die stryder wat weifel Met die oorwinning reeds byna in sig; Jubel en juig met al luider beklemming: ‘Volg die Oranje, die Blanje, die Blou! Nou is die dag, nou die uur van bestemming. Werda? Suid-Afrika: Nimmer of nou!’ Vorige Volgende