Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 163] [p. 163] Salut d'amour Ek ry in die veld in die môre, Ek drink uit die kelk van die nag 'n Heildronk geskep deur Aurore Uit die bruisende bron van die dag. Hoe glinster dit al in die ronde Met per'lende trane van dou ... Gedroom het, in nagt'like stonde, Die blomme, my Liefste, van jou! Hoe fluister dit al deur die blare So bly op die heldere noen ... Die wind het gespeel met jou hare, Jou lippe, my Liefste, gesoen! Keer weer, o bevoorregte winde, En bring, as die weste verkleur, 'n Groet van die veld my beminde - My boodskap met blomme se geur. Vorige Volgende