Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 145] [p. 145] Rose van herinnering en ander gedigte [pagina 147] [p. 147] Deel 1 Die rose van herinnering Wees jy, my lied, Vir my 'n goue kelk Waarin met bloesems onverwelk Die donkerrooie roos van my verdriet Nog een te kort, te skone uur Van smartelik' geluk - Die tyd ontruk - Sal duur. Wees jy 'n kostelike vaas waarin Nog liefd'rik word bewaar Elk arm' verwelkte blaar Deur my weleer geliefkoos en bemin; Dat wie ook al hierna verby mag gaan, Beswymend sal ontwaar Die soete allegaar En weet: Hier - eenmaal - het 'n roos gestaan. Wees jy, my lied, die urn van edelsteen Waarin die kosb're as, Wat eenmaal skoonheid was, Deur my nog steeds bewaak word en beween Totdat die bittersoet geheuenis Van diepe liefde en leed Vergaan is en vergeet, En wie die roos bemin het ... nie meer is. [pagina 148] [p. 148] Wees jy, my lied, 'n snaar so fyn, Van louter goud, klinkklaar en rein, Waarop my dank Vir elke wonderdag Van lewe, liefde en lag - Die sending en die seëning: Die rose van herinnering - Sal tril en sterwe met jou laaste klank! Vorige Volgende