Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 142] [p. 142] Studentelied Melodie: ‘Weber's Letzte Gedanke’ (Duits) Daar's geen plek op aarde Soos die wydvermaarde Stad van wyle Simon van der Stel; Sulke eikebome Sulke waterstrome Vind jy die op aarde elders wel? Word jy staatsminister Of Scholae Magister Of 'n teoloog met swart manel, Ieder-osofie En elke -ologie Studeer ons in die stad van Van der Stel. Ook van liefde omgewe Is studentelewe; Ons en Bloemhof leef in harmonie - Waar rooi rosies groei En blanke lelies bloei En ag, ook menig' kruidjie-roer-my-nie. Waarvoor is daar rose, As vir kusse, kose? Die wat nie wil, ag, dis huig'lary, Want opreg en eerlik Is hul ook maar deerlik Die eed'le diens van Amor toegewy! Maar die grote strewe Van ons jonge lewe 's Uit te munt in kaats- en voetbalspel; Was die grote Japie Ook nie eens 'n knapie, In die stad van Vader Van der Stel? [pagina 143] [p. 143] Maar die professore En eksaminatore Stel 'n egte sportman so teleur; As mens kan 'n ‘traai’ maak Moet hul geen lawaai maak, Al kom hy nooit een eksamen deur. Vader skryf: ‘Die tennis Bring bedroef min kennis En die voetbal help per slot geen duit.’ Hy moet nie vergeet nie, Dat hy bloedmin weet nie En die wêreld gaan gestaag vooruit. ‘Weg met die eksamen!’ Daarop sê ek: ‘Amen!’ Steun net op natuurlike talent, 'k Wil geen vreug verkort nie En niks anders word nie As 'n troue Stellenbosch-student. Vorige Volgende