Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 91] [p. 91] 3 Erns in luim Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand Daar is net een Kaapstad so pragtig gelee, Daar waar Tafelberg staan met een voet in die see; Waar skepe soos seevoëls krioel oor die baai En die seebries so fris uit die noordweste waai! Maar as ou Van Donk teen die berghange rook En die ou ‘Kaapse dokter’ op Duiwelskop spook, Dan sê ek: Kollega, 'k gaan weer na my land, Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand. Die noointjies lyk liefies in Adderleystraat, En jy sien hul daar drentel van vroeg af tot laat; Hul's vrind'lik 'n vreemdeling hier by die see So 'n insae in die verborg'ne te gee! Ek wonder my steeds wat ons Doom'nee sou sê, As die meisies by ons so min klere moes hê! Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand. Die Boland is lieflik, die Boland is mooi, En die beste van al is die Bolandse nooi! Die aankom, die inkom, die wegstap van haar Is 'n middel teen seer oë, seker en waar! As hulle net goed in die Hoëveld aard, (Vir goud, donderweer en geelperskes vermaard) Graag sou ek 'n Bolandse noointjie verplant Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand. Ek't Saterdag op die Parade gestaan En die bont mensemassa daar gadegeslaan: Van melk tot swart koffie was daar elke kleur, En van knoffel tot suurkool was daar elke geur! [pagina 92] [p. 92] Ek wonder terwyl ek die spul so bekyk, Hoe dit hier met Aprilmaand se Nagmaal moet lyk! Ag nee wat, ek gaan weer terug na my land Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand. Vorige Volgende