Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 72] [p. 72] 2 Van volk en vaderland Vry! (Sonnet) Op swarte agtergrond van al wat ons moet ly Blink as 'n ster in duist're nag die een woord: VRY! U het, O Heer, ons volk met eie hand Gelei, opdat hul rein U woord bewaar, Van Noord tot Suid langs weë wonderbaar En onder vreemde sterre hier geplant. ‘Om vryheidswil, verlaat die Suiderstrand, Trek Noord en deins terug vir geen gevaar!’ 't Was U bevel. Van Kaap tot Ewenaar Lê nog ons bloedspoor deur die donker land! Om weer - die vadererf verwoes, verbrand - Na naamloos' leed die onderspit te delf In ongelyke stryd teen dwinglandy! Ai, my! Ons ken geen ander vaderland. Die drang na vryheid kom tog van U self; Maak, Heer, ons volk, U Benjamin, weer vry! Vorige Volgende